Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



11.11.15

Behandeling vir bloeding uit die oor

1. Plaas ’n persoon wat by sy/haar bewussyn is in ’n halfsittende posisie met die kop oorgebuig na die beseerde kant – sodat die bloed of vloeistof kan dreineer. Moet nooit die vloei uit die oor probeer keer nie, dit kan drukking in die middeloor laat opbou.
2. Bedek die oor met ’n steriele ongemedikeerde wondbedekking.
3. Toets die asemhalingstempo, pols en bewussynsvlak gereeld.
4. Behandel vir skok.
5. Indien die persoon bewusteloos is, maar normaal asemhaal, plaas in die herstelposisie.
6. Begin met kunsmatige asemhaling Indië die asemhaling of hartklop ophou.
7. Kry die persoon by ’n hospitaal.

10.11.15

Verminder die risiko van asma met 'n hond

’n Span Sweedse navorsers, onder leiding van Tove Fall, het bevind dat vroeë kontake met honde die risiko vir die ontwikkeling van asma met 15% verminder.

Die onderwerp is al in verskeie studies ondersoek, maar die een het deurslaggewende bewyse verskaf. Meer as ’n miljoen kinders se inligting is in die studie gebruik.

Die bevindings is gepubliseer in die joernaal JAMA.



(foto Mikael Wallerstedt)

(via Troetel)

9.11.15

Borskanker, minder mammogramme is nodig

Verlede maand is weereens deur verskeie groepe gewy aan bewusmakingsveldtogte teen borskanker. Die belangrikheid van vroeë diagnose word nog altyd beklemtoon. Maar skielik sê die Amerikaanse kankerverening minder mammogramme is nodig. Wat moet mens glo? Dr. Marisse Venter, rekonstruktiewe chirurg by die Netcare Milpark Breast Care Centre of Excellence bespreek die navrosing.

4.11.15

Bloed uit die oor

In Oorpyn is daar verwys na die verskillende tipes bloeding wat van binne die oor kan voorkom.

Simptome en tekens:
• Pyn in die oor.
• Doofheid.
• Matige vloei van bloed (indien van binne die skedel).
• Skedelbreuk of ander kopbeserings.
• Hoofpyn.
• 'n Dun straaltjie strooikleurige vloeistof uit die oor.
• Bewusteloosheid.

Die persoon moet sodra moontlik by die hospitaal kom.

2.11.15

Palliatiewe Sorg

Palliatiewe sorg is nie iets waaroor mens sommer wil gesels nie, maar dis ‘n mediese veld wat baie pasiënte en hul familielede op intieme wyse raak. Dr. Charmaine Blanchard beywer haar vir uitstekende palliatiewe sorg in Suid-Afrika.

29.10.15

Voete - skurwe voete, gebarste hakskene

Vir skurwe voete smeer jy ´n bevogtiger aan jou voete. Sit dan ´n dun lagie vaseline op jou voetsole. Trek dan sokkies aan wat jy warm gemaak het in ´n droeër. Gaan slaap met die sokkies aan. Die volgende dag behoort jou voete baie beter te wees.

Boereraat:

Rol 'n gholfbal onder jou voete op lang vlugte om swelling te voorkom.

♦♦♦

Vir gebarste hakskene, week jou voete vir 'n hele rukkie in warm water met 'n handvol growwe sout in. Doen dit net voor jy gaan slaap. Droog liggies af met 'n handdoek, smeer 'n dik laag vaseline oor jou voete, trek 'n plastieksakkie bo-oor en trek 'n paar sokkies bo-oor die sakkies. Klim in die bed en slaap.

28.10.15

Noodhulp: Die behandeling van kopvelwonde

1. Beheer die bloeding deur regstreekse druk uit te oefen op die wond. Plaas ’n wondbedekking wat groter as die wond is daarop en verbind dit stewig. As daar ’n fraktuur is of ’n voorwerp in die wond, moet nie druk toepas nie.
2. Indien die persoon by sy / haar bewussyn is, laat hulle lê met die kop en skouers effens opgelig.
3. Toets die asemhalingstempo, pols en bewussynsvlak elke 10 minute.
4. Indien die persoon bewusteloos is, plaas hulle in die herstelposisie met die beseerde kant na bo.
5. Indien die asemhaling en hartklop ophou begin onmiddellik met kunsmatige asemhaling.
6. Die persoon moet sodra moontlik by ’n hospitaal kom.