Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



30.11.15

Mercia besoek die tandarts

Mercia se beurt om die tandarts te besoek sodat dr Martinette Engelbrecht aanbevelings kan doen vir haar tande-oormaaksessie. Dr Engelbrecht deel suksesstories van vorige pasiente en gee vir Mercia ‘n realistiese en duidelike idee oor wat sy kan verwag.

25.11.15

Bloeiende tandvleis

’n Tandkas kan bloei nadat ’n tand getrek, as gevolg van die verlies van ’n tand weens ’n besering of as gevolg van ’n kakebeenfraktuur.

Met die uitstamp of –skeur van ’n tand sit jy normaalweg met ’n skeurwond in die mond.

Kyk altyd om die inaseming van bloed te verhoed en probeer enige bloeding beheer.

As die tand uitgestamp is, moet jy hulp kry van ’n tandarts.

24.11.15

Meisie besoek die tandarts

Meisie besoek die hoogaangeskrewe kosmetiese tandarts dr Jurgens Grové om te hoor watter tandheelkundige rekonstruksie hy aanbeveel.

18.11.15

Die behandeling van ’n bloedneus

1. Laat die persoon vooroor sit met die kop vêr vorentoe. Maak enige stywe klere om die nek en borskas los.
2. Sê aan die persoon om deur die mond asem te haal en die sagte deel van die neus toe te knyp.
3. Sê die persoon moet enige bloed in die mond uitspoeg.
4. Staak die drukking na 10 minute. Indien die bloeding nog nie opgehou het nie, sit dit voort vir nog 10 minute. Die persoon moet NOOIT sy of haar kop oplig nie.
5. Terwyl die kop vooroor is maak jy die neus en mond saggies skoon met ’n depper of wondbedekking wat in lou water gedoop is. Moet NIE die neus toestop nie.
6. As die bloeding ophou moet die persoon alle inspanning vermy. Die neus moet ook nie vir ten minste 4 uur lank gesnuit word nie – dit kan weer die wond versteur.
7. Indien die bloeding na 30 minute nog steeds aanhou of nog nie opgehou het nie, kry mediese behandeling.

16.11.15

Kankerbehandeling

Dr. Samuel Fourie, onkoloog van Pretoria, oor die interpretasie van al die kankernavorsing in die nuus.

13.11.15

Snye en skrape

Was klein snytjies met seep en water en bedek met ´n steriele gaasbedekking. Die meeste klein wonde sal na ´n minuut of wat ophou bloei met ligte lokale drukking. In die geval van dieper snye moet voorwerpe wat in die wond vassit nie mee gepeuter word nie. Druk ´n skoon lap of gaas op die wond of om die rand daarvan vir 10-15 minute. Vermeerder druk indien die bloeding voortduur. Hou die beseerde gedeelte hoër as die res van die liggaam om die bloed in die rigting van die hart te laat vloei.

Maak die persoon so gerieflik moontlik, maar moenie vir hom of haar iets te ete of drinke gee nie. Sodra die bloeding gestop het, verwyder die bedekking en enige vuilheid. Gebruik ´n seperige lappie en warm water om die wond versigtig met uitwaartse bewegings te reinig. Droog sagkens rondom die wond af en bedek met ´n skoon lap. Bedek dan met ´n pleister of verband.

Sorg dat die persoon mediese hulp kry indien die bloeding ernstig is, indien die bloed uitspuit, indien die bloeding nie afneem en ophou nie, indien die snye diep is met gapende rande en in geval van punktuurwonde of infeksie.