1. Beheer die bloeding deur regstreekse druk uit te oefen op die wond. Plaas ’n wondbedekking wat groter as die wond is daarop en verbind dit stewig. As daar ’n fraktuur is of ’n voorwerp in die wond, moet nie druk toepas nie.
2. Indien die persoon by sy / haar bewussyn is, laat hulle lê met die kop en skouers effens opgelig.
3. Toets die asemhalingstempo, pols en bewussynsvlak elke 10 minute.
4. Indien die persoon bewusteloos is, plaas hulle in die herstelposisie met die beseerde kant na bo.
5. Indien die asemhaling en hartklop ophou begin onmiddellik met kunsmatige asemhaling.
6. Die persoon moet sodra moontlik by ’n hospitaal kom.
Mediese inligting en boererate in Afrikaans - Ons bly op hoogte van die jongste navorsing oor 145 plante in wetenskaplike joernale ter ondersteuning van primêre gesondheidsorg.
28.10.15
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)

No comments :
Post a Comment