Voedselvergiftiging word veroorsaak deur voedsel wat deur bakterieë besoedel word en verkeerd bewaar of gekook word. Salmonella is ’n bakterie wat in die derms vermenigvuldig en 'n disenterie-agtige siekte veroorsaak. Dit is aansteeklik en word maklik oorgedra weens swak persoonlike en kombuis-higiëne.
Simptome en tekens
Die simptome en tekens verskyn normaalweg binne ’n paar uur nadat die besmette voedsel geëet is, maar dit kan ook eers ’n dag of twee later verskyn:
• Koors
• Diarree
• Naarheid
• Buikpyn
• Simptome en tekens van skok
Behandeling
1. Hou die persoon rustig.
2. Gee baie vloeistof.
3. Kry mediese hulp as dit lyk of die persoon se toestand versleg.
13.4.20
6.4.20
Gesonde dieet beteken ’n laer risiko vir kanker
’n Dieet wat gesonde eetgewoontes sowel as fisieke aktiwiteit aanmoedig en alkoholverbruik ontmoedig, hou verband met ’n verminderde algehele kankerrisiko, sowel as laer bors-, prostaat- en kolorektale kanker, volgens navorsers aan die Franse nasionale instituut vir gesondheid en mediese navorsing. Vogens die instituut is voeding en fisieke aktiwiteit veranderlike leefstyl-faktore wat die risiko vir kanker kan verminder.
Volgens beraming kan 35% van alle borskanker en 45% van kolonkanker verhoed word met ’n gesonde dieet.
Die studie is gepubliseer in die joernaal Cancer Research.

Etikette:
Borskanker
,
Kanker
,
Kolonkanker
30.3.20
Hepatitis B
Hepatitis B is ’n aansteeklike siekte wat veroorsaak word deur ’n virus wat die lewer aantas.
Baie mense het geen simptome tydens die aanvanklike infeksie nie, maar sommige kry skielike simptome soos braking, ’n geel vel, moegheid, donker urine en maagpyn. Die aanvanklike simptome duur gewoonlik ’n paar weke en dit is selde dodelik. Dit kan 30 tot 180 dae neem voor die simptome begin.
Sowat 90% van dié wat om en by die tyd van hul geboorte besmet raak, ontwikkel chroniese hepatitis B, terwyl minder as 10% van mense wat ná die ouderdom van vyf besmet raak, dit ontwikkel. Hoewel die meeste mense geen simptome het nie, kan sirrose en lewerkanker eindelik ontwikkel. Dié komplikasies lei tot die dood van 15% tot 25% van mense met die chroniese siekte.
Die virus word oorgedra deur blootstelling aan bloed of liggaamsvloeistowwe. Infeksie om en by die tyd van geboorte of weens kontak kleintyd met ander mense se bloed is die mees algemene manier waarop hepatitis B opgedoen word in gebiede waar die siekte algemeen voorkom. In gebiede waar die siekte skaars is, is dwelmgebruik en seks die algemeenste maniere van oordrag.
Die infeksie kan tussen 30 en 60 dae ná blootstelling gediagnoseer word, gewoonlik met ’n bloedtoets. Die virus is een van vyf hoofoorsake van hepatitis. Die ander is hepatitis A, C, D en E.
Hepatitis B kan met inenting voorkom word. Die Wêreldgesondheidsorganisasie beveel inenting binne die eerste dag ná geboorte aan indien moontlik. Dit werk sowat 95% van die tyd. Daar word ook aanbeveel dat alle bloed vir hepatitis B getoets word voor ’n bloedoortapping en kondome gebruik word tydens seks om infeksie te voorkom.
In mense wat chronies siek word, kan antivirale medikasie soos tenofovir of interferon nuttig wees. ’n Leweroorplanting is soms nodig in die geval van sirrose.

23.3.20
Voedselvergiftiging – Staphylococcus-vergiftiging
Voedselvergiftiging word veroorsaak deur voedsel wat deur bakterieë besoedel word en verkeerd bewaar of gekook word. Staphylococcus is ’n bakterie wat in voedsel vermenigvuldig en ’n gifstof (toksien) produseer.
Simptome en tekens
Die simptome en tekens verskyn normaalweg 2 tot 6 uur nadat die besmette voedsel geëet is:
• Die persoon voel naar en kan begin opgooi.
• Die persoon het maagpyn en kan ook hoofpyn hê.
• Diarree kan ontwikkel.
• Simptome en tekens van skok.
Behandeling
1. Hou die persoon rustig.
2. Gee baie vloeistof.
3. Kry mediese hulp as dit lyk of die persoon se toestand versleg.
Simptome en tekens
Die simptome en tekens verskyn normaalweg 2 tot 6 uur nadat die besmette voedsel geëet is:
• Die persoon voel naar en kan begin opgooi.
• Die persoon het maagpyn en kan ook hoofpyn hê.
• Diarree kan ontwikkel.
• Simptome en tekens van skok.
Behandeling
1. Hou die persoon rustig.
2. Gee baie vloeistof.
3. Kry mediese hulp as dit lyk of die persoon se toestand versleg.
16.3.20
Diëte met ’n hoë proteïen-inhoud verhoog die risiko van hartversaking by middeljarige mans
Die eet van groot hoeveelhede proteïen deur middeljarige mans gaan gepaard gegaan met ’n verhoogde risiko vir hartversaking volgens nuwe navorsing van die Universiteit van Oos-Finland.
Die navorsers het wel bevind dat die verband nie bestaan tussen die eet van proteïene van vis en eiers en hartversaking nie.
Ondanks die gewildheid van diëte met ’n hoë proteïeninhoud, is daar weinig navorsing oor hoe sulke diëte kan bydra tot hartsiektes.
Die studie is gepubliseer in die joernaal Circulation: Heart Failure.

9.3.20
Hepatitis A
Hepatitis A is ’n infeksie van die lewer deur die hepatitis A virus. Hierdie virus word gewoonlik oorgedra deur water wat met riool besoedel is. Hepatitis A infeksie is gewoonlik minder ernstig as hepatitis B en C infeksie.
Sommige lyers toon geen simptome nie, terwyl ander geelsug ontwikkel, braak, ’n swak eetlus het, baie moeg is, maagseer of diarree het.
Gewoonlik herstel mense volkome en spontaan binne 4 tot 8 weke sonder enige spesifieke behandeling, maar dit kan maande duur voordat jy weer 100% voel.
Volg ’n gesonde dieet met baie vars groente en vrugte. Moet nie te gou enige alkoholiese drank drink nie.

5.3.20
Verstuiting
Verstuiting is die besering van die tendons, spiere of ligamente rondom gewrigte sonder dat ontwrigting plaasvind.
Wanneer dit gebeur kan die volgende simptome waargeneem word :
Rooiheid
Pyn
Hitte
Swelling
As ’n gewrig ernstig verstuit word moet dit in 'n hospitaal gespalk word. Alle verstuitings by kinders moet deur ’n dokter ondersoek word ingeval van skade wat later groei kan beïnvloed.
Normaalweg behandel jy minder ernstige verstuiting deur ys daarop te sit. Draai die ys in ’n doek toe om te verhoed dat die vel brand. Hou sowat 20 minute op die plek. Draai nou styf vas met ’n rekverband. Dit moet styf genoeg wees om drukking te veroorsaak, maar moet nie bydra tot nog meer pyn nie. Die beseerde moet soveel as moontlik lê en die beseerde gewrig moet effens gelig word. Die besering kan 6 tot 12 weke neem om te herstel. Die pyn kan 5 tot 7 dae duur.
Boereraat:
Smeer die verstuite ledemaat goed met gewone asyn.
♦♦♦
Gooi ’n groot hand vol growwe sout in ’n groot emmer koue water en hou die verstuite enkel of arm daarin vir so ’n halfuur. Verbind dit sonder om af te droog.
Week die ledemaat 3 maal per dag in die soutwater.
Sien ook Kruie vir kwale: Verstuiting

Subscribe to:
Posts
(
Atom
)