Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Hepatitis. Show all posts
Showing posts with label Hepatitis. Show all posts

22.6.20

Hepatitis E

Hepatitis E is ’n infeksie van die lewer. Soos hepatitis A word die virus gewoonlik oorgedra deur besmette voedsel en water.

Gewoonlik herstel mense volkome en spontaan binne 4 tot 8 weke sonder enige spesifieke behandeling, maar dit kan maande duur voordat jy weer 100% voel. Daar is geen behandeling vir vir hepatitis E nie.

18.5.20

Hepatitis D

Die hepatitis D virus kan net vermeerder en versprei in die teenwoordigheid van hepatitis B. Die gevolge van so ’n infeksie is baie erger as wat die pasiënt net hepatitis B onder lede het. Hierdie komplikasies sluit in ’n groter kans op lewerversaking en vinniger vordering tot lewersirrose, met ’n groter risiko om lewerkanker tydens ’n chroniese infeksie te ontwikkel. In kombinasie met die hepatitis B-virus, het hepatitis D die hoogste sterftesyfer van alle hepatitis-infeksies, 20%.

Net soos hepatitis B word die virus oorgedra deur blootstelling aan bloed of liggaamsvloeistowwe. Infeksie om en by die tyd van geboorte of weens kontak kleintyd met ander mense se bloed is die mees algemene manier waarop dit opgedoen word in gebiede waar die siekte algemeen voorkom.

Daar is mediese behandeling beskikbaar vir hepatitis D wat die uitwerking van die virus verminder. Dit werk net in sowat 80% van gevalle.

27.4.20

Hepatitis C

Hepatitis C word deur die bloed en liggaamsvloeistowwe oorgedra. Dit is aansteeklik en moet deur ’n dokter behandel word, aangesien dit lewerkanker, lewerversaking of sirrose kan veroorsaak. Jy kan voorkom dat jy hierdie tipe hepatitis opdoen deur nie tandeborsels, skeermesse en naalde met ander mense te deel nie. Beoefen ook veilige seks en vermy veelvuldige seksmaats.

30.3.20

Hepatitis B

Hepatitis B is ’n aansteeklike siekte wat veroorsaak word deur ’n virus wat die lewer aantas.

Baie mense het geen simptome tydens die aanvanklike infeksie nie, maar sommige kry skielike simptome soos braking, ’n geel vel, moegheid, donker urine en maagpyn. Die aanvanklike simptome duur gewoonlik ’n paar weke en dit is selde dodelik. Dit kan 30 tot 180 dae neem voor die simptome begin.

Sowat 90% van dié wat om en by die tyd van hul geboorte besmet raak, ontwikkel chroniese hepatitis B, terwyl minder as 10% van mense wat ná die ouderdom van vyf besmet raak, dit ontwikkel. Hoewel die meeste mense geen simptome het nie, kan sirrose en lewerkanker eindelik ontwikkel. Dié komplikasies lei tot die dood van 15% tot 25% van mense met die chroniese siekte.

Die virus word oorgedra deur blootstelling aan bloed of liggaamsvloeistowwe. Infeksie om en by die tyd van geboorte of weens kontak kleintyd met ander mense se bloed is die mees algemene manier waarop hepatitis B opgedoen word in gebiede waar die siekte algemeen voorkom. In gebiede waar die siekte skaars is, is dwelmgebruik en seks die algemeenste maniere van oordrag.

Die infeksie kan tussen 30 en 60 dae ná blootstelling gediagnoseer word, gewoonlik met ’n bloedtoets. Die virus is een van vyf hoofoorsake van hepatitis. Die ander is hepatitis A, C, D en E.

Hepatitis B kan met inenting voorkom word. Die Wêreldgesondheidsorganisasie beveel inenting binne die eerste dag ná geboorte aan indien moontlik. Dit werk sowat 95% van die tyd. Daar word ook aanbeveel dat alle bloed vir hepatitis B getoets word voor ’n bloedoortapping en kondome gebruik word tydens seks om infeksie te voorkom.

In mense wat chronies siek word, kan antivirale medikasie soos tenofovir of interferon nuttig wees. ’n Leweroorplanting is soms nodig in die geval van sirrose.

9.3.20

Hepatitis A

Hepatitis A is ’n infeksie van die lewer deur die hepatitis A virus. Hierdie virus word gewoonlik oorgedra deur water wat met riool besoedel is. Hepatitis A infeksie is gewoonlik minder ernstig as hepatitis B en C infeksie.

Sommige lyers toon geen simptome nie, terwyl ander geelsug ontwikkel, braak, ’n swak eetlus het, baie moeg is, maagseer of diarree het.

Gewoonlik herstel mense volkome en spontaan binne 4 tot 8 weke sonder enige spesifieke behandeling, maar dit kan maande duur voordat jy weer 100% voel.

Volg ’n gesonde dieet met baie vars groente en vrugte. Moet nie te gou enige alkoholiese drank drink nie.

21.6.17

Hepatitis / Lewerinfeksie

Hepatitis is 'n algemene, hoogs aansteeklike lewerinfeksie - meeste van die tyd het die pasiënt hepatitis C onder lede. Daar is verskeie tipes hepatitis wat op verskillende wyses oorgedra word.

Hepatitis A word oorgedra wanneer jy water of kos inneem wat met bakterieë besmet is. Die simptome kan behandel word en die lewer herstel gewoonlik vanself.

Hepatitis B en C word deur die bloed en liggaamsvloeistowwe oorgedra. Beide tipes is aansteeklik en moet deur ’n dokter behandel word, aangesien dit lewerkanker, lewerversaking of sirrose kan veroorsaak. Jy kan voorkom dat jy hierdie twee tipes hepatitis opdoen deur nie tandeborsels, skeermesse en naalde met ander mense te deel nie. Beoefen ook veilige seks en vermy veelvuldige seksmaats.

Sommige lyers toon geen simptome nie, terwyl ander geelsug ontwikkel, braak, ’n swak eetlus het, baie moeg is, maagseer of diarree het.