Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



23.7.20

Kruie vir kwale – Vratte

Doop ’n dun suurlemoenskyfie in asyn en plak dit met ’n pleister op die vrat. Vervang dit elke 5 dae.

♦♦♦

Smeer kort-kort ’n bietjie jamaikapeper aan.

♦♦♦

Smeer kort-kort ’n bietjie teeboom-olie aan.

♦♦♦

Smeer kort-kort ’n bietjie kruisement-olie aan.

♦♦♦

Smeer die melksap van die melkbos of vyeboom aan die vratjie. Dit jeuk nogal, maar hou daarmee aan totdat die vratjie afval.

♦♦♦

Meng bietjie sout en asyn en smeer aan die vratjie voor jy gaan slaap.

♦♦♦

Krap die vratjies effens en strooi fyn tafelsout daarin.

♦♦♦

Ek was baie skepties oor hierdie raad aanvanklik tot ek uit desperaatheid dit self probeer het! (Ek het dit op soolvratte probeer wat baie pynlik is, maar dit behoort vir enige vrat te werk). My 3-jarige seuntjie se twee vratte op en onder sy toontjies is herhaaldelik op 'n baie pynlike manier "gevries" met vloeibare stikstof en "geverf" met 'n suur wat die moes vernietig, sonder enige sukses.
Maak 'n vars knoffelhuisie fyn (druk dit fyn, moenie dit sny nie) plak die knoffel op die vrat vir drie dae. Na drie dae kan die vrat en die pleister verwyder word.
skrywer: Annamarie van Deventer

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

20.7.20

Menslike Immuniteitsgebreksvirus

Die menslike immuniteitsgebreksvirus (MIV, HIV of Human Immunodeficiency Virus in Engels) is die virus wat Vigs (Verworwe immuniteitsgebreksindroom - AIDS in Engels) veroorsaak.

MIV is ’n lid van ’n groep virusse wat bekend staan as retrovirusse, so genoem omdat die virusse van ’n spesifieke ensiem, tru-transkriptase, gebruik maak om te vermenigvuldig in menslike selle. ’n Retrovirus besit nie DNS nie maar stoor die genetiese materiaal in die vorm van RNS. Wanneer ’n retrovirus ’n gasheersel indring, word die tru-transkriptase ensiem gebruik om die DNS van die gasheersel te “kaap” en so kopieë van die oorspronklike virus te maak.

MIV veroorsaak vigs deur spesiale witbloedselle, die CD4+ T-selle, aan te val en te vernietig. Die CD4-selle is limfosiete, ’n groep witbloedselle wat normaalweg die menslike immuunstelsel koördineer in geval van infeksie of ontsteking. Die virus vermenigvuldig binne-in die CD4-selle en soos nuwe virusse vrygestel word, word die selle vernietig.

Omdat die virus die immuunstelsel self aanval, kan die liggaam nie sy gewone meganisme gebruik om homself te beskerm nie. Die drastiese vermindering in die normale aantal CD4-selle lei daartoe dat ander virusse, bakterieë, parasiete en swamme, wat gewoonweg sonder probleme deur die menslike immuunstelsel beveg sou word, in staat is om ernstige siektetoestande te veroorsaak. Die siektebeeld van vigs ontstaan dus wanneer die CD4-telling na 'n kritieke vlak daal.

In ’n besmette individu is die virus teenwoordig in bloed, semen, vaginale vog en borsmelk. Teoreties gesproke kan die virus ook teenwoordig wees in speeksel, urine en ontlasting.

Verspreiding: Onbeskermde seksuele kontak (vaginaal, mondelings of anaal). Die gebruik van kondome laat die risiko aansienlik daal mits die kondoom korrek gebruik word.
Hergebruik van onsteriele naalde onder dwelmverslaafdes.
Verspreiding van moeder na fetus (waar die moeder MIV-positief is).
Naaldprikongelukke onder mediese personeel.

13.7.20

Vergiftiging deur medikasie - stimulante

Vergiftiging deur medikasie vind gewoonlik plaas as gevolg van ’n toevallige oordosis of die misbruik van medikasie. Amfitamien is ’n voorbeeld van ’n verdowingsmiddel wat gereeld misbruik word.

Simptome en tekens
• Die persoon sal opgewonde wees en erg sweet.
• Die persoon kan aan bewerasie en hallusinasies ly.

Behandeling
Volg die algemene behandeling vir vergiftiging. Sorg dat die persoon sodra moontlik by ’n hospitaal kom.

9.7.20

Vratte

Boereraat:

Verf die vratjie met kleurlose naellak.

♦♦♦

Neem ’n stukkie watte, doop dit in asyn en benat die vratjie daarmee drie maal per dag.

♦♦♦

Sny ’n aartappel in die helfte en vryf dit oor die vrat.

♦♦♦

Sny ’n ui in die helfte en vryf dit oor die vrat.

♦♦♦

Maak ’n stukkie houtskool fyn en meng met vars room tot ’n pap. Smeer aan die vrat 2 maal per dag.

♦♦♦




Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

6.7.20

Alkohol, gewigsverlies en diabetes

Navorsing aan die University of Pennsylvania School of Nursing (Penn Nursing) dui daarop dat alkoholverbruik gewigsverlies oor die langtermyn by volwassenes met tipe 2-diabetes negatief kan beïnvloed. Meer as 5000 mense is oor ’n periode van vier jaar betrek by die studie. Hulle het bevind dat die gereelde gebruik van groot hoeveelhede alkohol gewigsverlies bemoeilik.

29.6.20

Beenbreuke en ontwrigtings

Die bene is deel van die skeletstelsel. Dit bestaan normaalweg uit 206 aparte bene. Sommige mense het bykomende bene in hul duime of groottone. Hierdie ekstra bene word sesambeentjies genoem. Sommige mense het ook ’n paar bykomende (dertiende) ribbes. Babas het meer as 300 bene – hulle smelt later saam.

Waar die bene bymekaarkom kry ons ’n gewrig. Die meeste gewrigte word met koorde of bande (genoem ligamente) bymekaar gehou.

Die grootste been is die dybeen (femur). Die kleinste been is die stiebeuel (stapes) in die middeloor.

Volg die onderstaande skakels vir meer inligting oor algemene beenbreuke en ontwrigtings.

Beenfrakture
Die algemene behandeling van frakture
Dislokasie / Ontwrigting van bene
Frakture
Frakture van die ribbes en borsbeen
Fraktuur van die onderkaak
Fraktuur van die wangbeen en bokaak
Heup- en dybeen frakture
Skouerontwrigting
Sleutelbeenfrakture
Vergruising
Verskuifde kniekraakbeen / sluitknie
Verskuifde tussenwerwelskyf
Verstuiting

22.6.20

Hepatitis E

Hepatitis E is ’n infeksie van die lewer. Soos hepatitis A word die virus gewoonlik oorgedra deur besmette voedsel en water.

Gewoonlik herstel mense volkome en spontaan binne 4 tot 8 weke sonder enige spesifieke behandeling, maar dit kan maande duur voordat jy weer 100% voel. Daar is geen behandeling vir vir hepatitis E nie.