Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

26.3.18

Verskuifde tussenwerwelskyf

Mense verwys oor die algemeen hierna as ’n “verskuifde werwel”. Dit kom voor wanneer ’n deel van die kraakbeen wat die bene in die ruggraat skei na agter in die senuwortel of rugmurg druk.

Dit kan baie seer wees. Die pyn kan skielik of geleidelik begin.

Simptome en tekens
• Hewige pyn in die rug wat na die bene versprei en deur beweging vererger word.
• Soms kan die persoon nie beweeg as gevolg van die pyn nie.

Behandeling
Laat die persoon op ’n stewige oppervlakte lê en ontbied mediese hulp indien dit baie ernstig voorkom. In ernsige gevalle moet die persoon chirurgie ondergaan.
Indien dit minder ernstig is kan jy dit ys die eerste paar dae, en later oorskakel na ligte hitte - vermy lang tydperke van bedrus. Jy kan later begin met ligte strekoefeninge en ook aan jou maagspiere werk.
Boegoe-essens kan gebruik word vir die behandeling van pyn. Die gewone dosis is een tot twee teelepels vol in ‘n bietjie water drie maal daagliks. Neem ook borrie een maal per dag. Indien jy ander medikasie verkies gebruik nie-steroïdale anti-inflammatoriese middels soos ibuprofen, om swelling en pyn te verminder.

No comments :

Post a Comment