Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



9.7.20

Vratte

Boereraat:

Verf die vratjie met kleurlose naellak.

♦♦♦

Neem ’n stukkie watte, doop dit in asyn en benat die vratjie daarmee drie maal per dag.

♦♦♦

Sny ’n aartappel in die helfte en vryf dit oor die vrat.

♦♦♦

Sny ’n ui in die helfte en vryf dit oor die vrat.

♦♦♦

Maak ’n stukkie houtskool fyn en meng met vars room tot ’n pap. Smeer aan die vrat 2 maal per dag.

♦♦♦




Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

65 comments :

  1. Anonymous19/1/09 11:08

    Smeer appelasyn aan en dit sal binne 2 weke heeltemal verdwyn.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi hoe gereeld smeer mens dit aan baie dankie by voorbaat

      Delete
  2. Anonymous19/1/09 11:08

    Indien jy vrattjies op jou liggaam het moet jy elke oggend die heel boonste liggroen blaartjies van ´n tamatieplant afpluk en dit op die vrattjies invryf totdat die vratjie grasgroen is. Neem dan die deurskynende naellak en sit op vratjie. Verwyder ou naellak voordat die tamatieblaarjies ingevryf word die volgende dag, wend weer naellak aan. Na so om en by 3 weke is die vratjie weg.

    ReplyDelete
  3. Moet ek dit vir 3 dae toe hou? Kan ek nie elke dag vars knoffel aanwend nie?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous21/2/12 10:59

      Hou toe.

      Delete
    2. Net n vraagie. Dit gaan mos nat word as jy bad. Gaan dit nie n probleem wees nie.

      Delete
  4. Anonymous12/3/12 15:01

    het vraatjie onder die voet wat al 2 mal gevries is maar hy bly seer is nou al piksward wat doen mens nou.

    ReplyDelete
  5. Anonymous26/3/12 18:36

    Ek het nou al 2 keer knoffel op my dogter se soolvrat gesit. Dit maak 'n blaas op die voet langs die vrat maar die vrat kom nie uit nie.Moet ek meer knoffel opsit, skuif die knoffel? ek weet nie meer nie. Enige raad?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Beste raad is peroxide. Sit dit met n oorstokkie aan so 2 - 3 x per dag.... net op die vrat en laat droog word.

      Delete
    2. Dit jet myne sn vererger. Ons.sit nou disprin op.word swrt en val dan af

      Delete
    3. Knoffel kan die vel brand

      Delete
    4. Hoelank voor hy swart word en af val?

      Delete
  6. Anonymous10/4/13 19:59

    My arme twee jarige se voete stink nou so na die knoffel.Ek het ook sy vratte laat brand met koue ys en dit is al uit gesny maar hou net aan uit kom.Hou duim vas mense want ek is raad op.Hy het 5 soolvratte.Wonder hoekom kry hy dit?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Voet vratte kom voor wanneer mens se immuunsisteem afgetakel is deur stress, ja kindertjies lei ook deesdae daar - skokkend maar waar - up sy immuun sisteem met ekstra Vit C en hou voetjies mooi droog na bad in die aand. Sterkte

      Delete
  7. Anonymous27/5/13 12:47

    Het die knoffel gewerk vir jou tweejarige se sool vrat? My 3jarige het ook n soolvrat. Gaan dit nou probeer.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Laat weet of dit gewerk het.

      Delete
    2. Anonymous27/4/20 08:50

      het dit gewerk

      Delete
  8. Anonymous22/6/13 12:36

    Wat kan jy nog gebruik,want my seuntjie het n vrat by hom elmboog wat rooi,seer en nog groei.

    ReplyDelete
  9. Anonymous22/6/13 12:39

    My seuntjie het n vrat op hom elmboog wat seer,rooi en nog groei. Wat moet ek gebruik.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous24/6/13 08:52

      As dit seer en rooi is, is dit beter om hom na 'n dokter of kliniek te vat.

      Delete
    2. Gebruik Germolene Medicated Footspray.

      Delete
  10. Anonymous27/6/13 17:21

    Ek het ook n soolvraat wat 5 weke gelede uitgesny is maar dit pyn nou nog weet nie wat om te maak nie. Ek drink elke dag 2 x cataflame pynpille maar nie eens daaroor nie. Help asb want ek is is raad op, of moet ek die knoffel op die wond sit terwyl dit oopgesny is, of hoe moet ek maak.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous1/7/13 09:10

      Ek weet nie of knoffel op 'n oopgesnyde wond so 'n goeie idee is nie. Gaan terug na die dokter wat dit uitgesny het en vra vir raad.

      Delete
  11. Anonymous17/7/13 10:28

    Ek het n soolvrat druppel gebruik want dit is ook al 3 keer uitgesny en het bly teruggroei. Die druppels het die hele soolvrat met die wortels uitgetrek.
    ek is nie seker of dit dieselfde druppels as die van vraatjie is nie ( warttech of deofilm) maar jy kry die blerrie goed nou nerens nie. As julle iewers kry se asb waar? My kind het ook nou vraatjies en die brand is baie seer.

    Dankie

    ReplyDelete
  12. Anonymous9/10/13 08:33

    Is dit waar dat n ou met vratte rond gedwaal het of vn wat kom die nu eindelik uit

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous9/10/13 08:42

      Mens kry verskillende soorte vratte. Meeste is as gevolg van 'n 'n sekere toestand in die epidermis van die vel.

      Delete
    2. Anonymous9/10/13 08:57

      As die ou vratte op sy penis het, het hy waarskynlik dit opgetel by iemand anders deur seks.

      Delete
  13. Spuit vratte me Germolene Medicated Footspray 'n paar keer per dag. Werk vir alle soort vratte. Praat uit ondervinding van vratte op hande vingers en soolvratte.
    AG

    ReplyDelete
  14. Wat moet ek doen? Dit lyk of ek vratte om hade begin kry? Enige raad?? Asb...

    ReplyDelete
    Replies
    1. Soms verdwyn dit weer vanself, afhangende van wat dit veroorsaak. Gaan sien jou dokter daaroor. Mens moet weet wat die oorsaak is.

      Delete
    2. recently a woman wrote me that a 100-unit vitamin E capsule emptied onto a band-aid and placed over each wart caused hers to disappear in three days. also take 50,000 units of vitamin A and 500 units of vitamin E daily for a few weeks.

      Delete
    3. Natura se Thaju pilletjies vir warts sal werk.

      Delete
    4. Dit werk nie het vir n jaar gebruik

      Delete
  15. Anonymous27/8/14 13:33

    Hello - ek het 'n groot donkerbruin vrat op my rug - so groot soos 20c stuk. Dit jeuk vreeslik.Dit raak groot, breek stukke af en groei weer groter. Dis al twee keer "gevries" deur dokter maar bly terugkom. Ek al raadop want dit voel soos hierdie groot knop op my rug. Dokter het gesê dis nie die gewone vrat nie maar ek kan ongelukkig nie die naam onthou wat hy gebruik het nie. Het al allerhande rate gevolg, maar niks was suksesvol nie. Sal maar van die rate hierbo volg en kyk wat gebeur!

    ReplyDelete
    Replies
    1. melamoon kan kanker word ek stel voor u begin cannabis gebruik wat ek kan verskaf, dit is medisinale produk u kan my kontak op 0762288087

      Delete
  16. Het vratte op nek is irriterend soek raad wat werk asb.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous8/5/15 14:13

      Die veiligste is om dit te laat uitsny.

      Delete
  17. My seuntjie van 4 jaar oud se vingers was vol vraaitjies en al wat gehelp het was Natura produk se Thaju Pilletjies werk vir enige vraatjies. Sy vraaitjies was binne 2 weke weg gewees. Jy kan dit by enige apteek of Dischem kry.

    ReplyDelete
  18. My ouma se boere raat was om 'n botteljie witdulsies van lennons te vat en 'n koekie camphor fyn te maak en in die botteltjie te gooi. Skud goed. En elke nou en dan sit jy dit op die vraaitjie. Dit werk soos 'n bom. Binne 'n week of twee is hy weg.

    ReplyDelete
  19. ek het n groot vraatjie net onder my hak. Dit is verskriklik pynlik as ek laat, ek het dit al gebrand en ook n vrat druppels gebruik niks werk ni. wat anders kan ek gebruik

    ReplyDelete
  20. Ek het raad vir voetvratte my seuntjie het ñ klomp onder sy voete gehad. Ekt gelees oor die witdulsies en probeer maar dit het nie gewerk nie en toe se lees ek van terpentyn (tirps) ekt dit elke oggend en elje aand met watte onner sy voete gesmeer en gelos was so week toe kom dit wortel en al uit. Weet net nie of dit vir gewone vraatjies ook sal help ni.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Net gewone terpentyn wat mens vir verf gebruik?

      Delete
  21. ek het n braaitjie baie klein net o der my knieg ek het nou al bir 2 weke wat ek deerskynend nalak opzit nou in blied rooi en klip hard maar hy is heel los rondom as ek hom bietjie optrek sien ek die wortol wat kan ek doen laat jy heel afval.?? enige raad

    ReplyDelete
    Replies
    1. Bind 'n stukkie tandevlos so styf as wat jy kan om wortel. Hy sal smoor en self afval

      Delete
  22. Anonymous14/1/18 23:39

    Ek het 17 vratte op n tyd gehad en twee was op my voete.Ek het n soolvrat gehad en n ander rare vrat op my toon.Op daai stadium was ek graad sewe en 13 jaar.My eerste vrat het ekk al in graad vier gekry op my knie.Wat ons (eers in gr 7) einteindelik uitgevind dis meer as een vrat op dieselfde plek.My twee vratte op my voet is altwee gevries.Ek sal dit nie aanraai vir enige kind jonger as gr 7.Dit was vir my ongelooflik pynlik.Na drie keer se vries is hulle genadiglik omtrent af.Ek het hulle later elke dag sit en oop knip met n naelknipper en wortels sit en uittrek.(Dit was nou maar ek,jy hoef dit net te laat vries maar ek was ongeduldig)Die een op my toon was so erg ek het met my dans gesukkel as ek moet point.Ek is nou graad nege en ek het nog al die vratte op my knieg wat 15 is,plus nog drie ekstra vanaf einde gr ag.Ek sal u kan raadgee maar dit is so bietjie seer en steek so bietjie en dan gaan dit weer vinnig weg.Maak die vrat skoon met water en seep.Sit tea tree oil op n naelknipper en knip stadig die vrat stukkie vir stukkie af.En soos dit bloei druk net die vrat met n stukkie tissue.As dit basies tot by die wortels afgeknip is druk dit hard met n tissue en gooi vinnig tea tree oil op en druk toe met n stukkie watte en draai toe deurnag met n verband.Maak dit oop die volgende more en sit net tea tree oil op sodat dit intrek.Draai dit elke aand toe met tea tree oil op en sit elke oggend die tea tree oil op.Doen dit totdat die vratte of swart raak en begin afval of totdat dit oop bly waar jg wortels sien.Trek dan n paar wortels uit met n naald en sit weer tea tree oil op.Dit klink baie wreed sal sommige mense se..maar ek het dit gedoen met van my vratte wat noh weg is.Ek is nou besig met die ander.En om die proses te bespoedig kan jy op die persoon se toon n druppel tea tree oil gooi elke aand.En sommer vir jou ook.Dit hou jou liggam skoon.HOOP DIT HELP.STERKTE

    ReplyDelete
  23. Ek lees nou al julle commints oor die soolvratte,julle sal dit dalk nou nie glo nie maar toe ek jonk was het ons klein bok hondtjie my toon gelèk vir een of ander rede het hy daarvan gehou en toe is die soolvrat weg was tot onder my toenaal in.ek sal die garlic idee traai vir my dogtertjie

    ReplyDelete
  24. Ek het groot vrat op agterkant van bobeen gehad en as goedgelowige dogtertjie haar ma geglo dat jy dit maan toe moet blaas en klippies in 'n nuwe sakdoekie sit een vir elke vrat en dit oor jou skouer gooi. Wel... ek het dit gedoen en vergeet van my vratte en eendag was dit net weg. Nou weet ek nie of my kinderlike geloof opgeraak het nie, want ek is nou 58 en die grote bruine vrat sit weer ewe grillerig op my bobeen

    ReplyDelete
  25. Anonymous16/3/18 15:01

    :-) Op hierdie ouderdom is dit goed om 'n dokter te laat kyk na so 'n vrat.

    ReplyDelete
  26. Kan ek clear nael vernis net so opsit

    ReplyDelete
  27. Appel asyn werk wonders vir vraatjies.al 4 wat ek behandel het is weg.en nie weer uitgekom

    ReplyDelete
  28. Ek kry 'n bondel van 5 tot 7 vratte op my middel vinger se lit. Ek het dit seker al 40 maal laat af vries en dit kom net weer terug. Hoe langer ek dit los hoe groter raak dit. Ek het ook al duofilm en duct tape probeer, maar ek kan nie van die wortels ontslae raak nie. Na die laaste vries het die een deel van die vratte nie eers weg gegaan nie. Ek weet nie meer watter kant toe nie. Help asb.

    ReplyDelete
  29. Ek het gelees jy vat n piesangskil n kleinatukkie sit op die vrat en plak toe met n pleister jy kan gereeld n nuwe stukkie op sit

    ReplyDelete
  30. Het n vratjies opi nek onder my blaie en wil dt grag verweider mar wil dit ni graag lat brand nie

    ReplyDelete
  31. Sit genoeg gentian violet op n paar keer per dag...binne n week is dit weg.

    ReplyDelete
  32. Sit genoeg gentian violet n paar keer per dag op...dit behoort in n week se tyd af te val.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Is gentian violet by enige apteek te koop. My seuntjie het vrat op sy bo-armn dit raak groter by die dag.

      Delete
  33. Hi kan ek cutex aansit op my soolvrat op my hak?

    ReplyDelete
  34. Hi kan ek cutex aan my soolvrat aansit op my hak?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi het jy al reg gekom met die vraat onder jou hak asb as jy laat weet my ek sukkel met my 8 Jaar dogtertjie asb

      Delete
  35. Ek ht 2 in my besig hoe kan ek ontslae rak van die vrate

    ReplyDelete
  36. Anonymous15/8/22 08:52

    Goeie morê..x het n vraatjie voor my voorkop🤦🏽‍♀️enige raad hoe x dt kan verwyder?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous18/8/22 14:04

      Al die rate op hierdie blad is daarvoor bedoel.

      Delete
  37. kan ek die raak gebruik tydens swangerskap die vratjie raak verskriklik seer hy sit net langs my nipple op my bors .
    jammer om dit so bloot te maak maar sukkel met die pyn

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous2/11/23 11:12

      As dit seer is moet jy eerder 'n dokter of iemand soortgelyk daarna laat kyk.

      Delete