Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



11.1.16

Suiker in Westerse dieet verhoog risiko van borskanker

Die groot hoeveelheid suiker in die Westerse dieet verhoog die risiko van borskanker en metastase na die longe.

Dit is die bevinding van navorsers van die Universiteit van Texas. Die studie is vroeër die maand gepubliseer.

Die oormatige gebruik van suiker is reeds wêreldwyd geïdentifiseer as ’n belangrike bydrae tot gewigsprobleme, hartsiektes en kanker.

7.1.16

Stink asem

Lek jou pols, laat droog word, om te ruik of jou asem stink.

Boereraat:

Gorrel in die oggend met een teelepel heuning en kaneel in warm water. Dit sal sorg dat jou asem meer vars bly deur die dag.

6.1.16

Oogwond

Alle oogbeserings is potensieel ernstig. Selfs ’n oppervlakkige skuurwond kan jou sig verswak of selfs blindheid veroorsaak.

Simptome en tekens
• Gedeeltelike of totale gesigsverlies van die betrokke oog – selfs sonder sigbare beserings.
• ’n Pynlike, bloedbelope oog met ’n moontlik sigbare wond aan die oogbal of ooglid.
• Bloed of ’n helder vloeistof wat uit die oog vloei met ’n afplatting van die oogbal se normale ronde vorm.

Beskerm die oog deur beweging te voorkom en kry sodra moontlik mediese hulp.

4.1.16

Mondhigiëne

Bakterieë tesame met speeksel en stukkies voedsel vorm plaak. Plaak verweer die tande vanaf die buitenste laag of emalje na die dentien. Tandbederf word gewoonlik te laat ontdek wanneer dit reeds te laat is om dit te herstel na die oorspronklike toestand. Tande is dan sensitief vir hitte, koue en suiker. Swak voeding en onvoldoende mondhigiëne is gewoonlik die grootste oorsake van gaatjies in tande.

´n Oormatige droë mond kan jou smaak sowel as die gesondheid van jou tande nadelig beïnvloed.

´n Slegte asem is gewoonlik ´n aanduiding van bakterieë wat werksaam is in die mond of moontlik ´n ander onderliggende mediese probleem. Ander moontlike oorsake is tandvleis-probleme, vuil tande, postnasale drip op die tong en keelinfeksie.

Korrekte borsel- en flosroetines hou die tande gesond en voorkom tandvleissiektes. Borsel die tande na elke ete en flos daagliks. Eet rou groente en vrugte in oorvloed en vermy gaskoeldranke. Spoel jou mond met soutwater uit in die geval van tandpyn of absesse totdat jy ´n tandarts kan besoek.

Dit is aanbevole dat jy jou dokter gaan spreek wanneer jou mond oormatig droog is, maar as een nie dadelik beskikbaar is nie kan een van die volgende dalk help of verligting bring:

Suig aan ´n harde suikervrye lekker. Vermy egter lekkers met ´n suurlemoen geur.
Kou suikervrye kougom.
Drink gereeld ´n bietjie water.
Haal asem deur jou neus.

´n Tandarts moet liefs geraadpleeg word vir ´n slegte asem. Behalwe vir bogenoemde kan jy kan egter self die volgende ook doen:

Besoek jou tandarts gereeld
Flos en borsel jou tande en tandvleis gereeld.
Vra jou tandarts om ´n borsel vir jou tong voor te stel
Kruie soos pietersilie, kruisement, naeltjies en vinkel kan gekou word.
Eet gereeld vars veselryke groente.

Soek mediese hulp indien simptome voortduur.

Boereraat:

Wanneer jou mond brand as gevolg van warm kosse soos kerrie of rissies, kan jy brood of seldery eet, of melk drink - moet nie water drink nie.

31.12.15

Baba wat huil: Daar's 'n app daarvoor

Elke ouer se vrees: Jou baba huil en jy weet nie wat makeer nie ...

Nou meen navorsers daar’s hulp en nogal in die vorm van ’n app wat groot data inspan om te bepaal of jou kind honger is, pyn ervaar of dalk ’n nat doek het.

30.12.15

Behandeling van mondwonde

1. Vra die persoon om te sit met sy / haar kop vooroor en na die beseerde kant.

2. Plaas ’n skoon wondbedekking op de wond en oefen regstreekse druk uit daarop daardeur tussen die duim en vingers vas te druk.

3. Sê die persoon moet enige bloed in die mond uitspoeg.

4. Indien die bloeding na 10 tot 20 minute voortduur of indien dit ’n groot wond is, moet die persoon dadelik na die hospitaal geneem word.

5. Moenie die mond uitspoel nie. Dit kan bloedklonte versteur. Die persoon moet vir 12 uur lank warm drankies vermy.

28.12.15

Sportbeserings

Corné Krige vertel hoe ‘n toestel, wat gewoonlik vir die behandeling van selluliet gebruik word, hom gehelp het om van sportbeserings te herstel.