Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



21.12.15

Asma en chroniese migraine

As jy nou en dan ’n migraine ervaar en jy is ’n asma-lyer kan jou probleem vererger in die toekoms. Dit kan selfs ’n chroniese probleem raak.

Migraine is drie keer meer algemeen by vrouens as mans. Persone met chroniese migraine het dit tot 15 dae per maand of meer.

Navorsers aan die Universiteit van Cincinnati in die VSA het in November navorsing publiseer wat toon dat asma-lyers se kanse om chroniese migraine te ontwikkel dubbel is in vergelyking met die res van die bevolking.

Terwyl al die oorsake nog nie duidelik is nie stel navorsers voor jy voorkomende medikasie as jy begin vermoed jy kan ’n lyer word. Hulle stel ook voordat alle allergieë by sulke persone aggressief behandel moet word.



(foto Sasha Wolff)

14.12.15

Palliatiewe sorg en musiek

Musiek kan ’n handige hulpmiddel wees in palliatiewe sorg. Daar is min navorsing in die verband, maar dink byvoorbeeld hoe dit kan help met ontspanning en gerusstelling.

’n Onlangse studie in Duitsland het getoon dat musiek beslis voordele inhou vir pasiënte in palliatiewe sorg.


Die navorsing is gepubliseer in Deutsches Ärzteblatt International.

9.12.15

Mondwonde

Snye aan die tong, lippe of binnekant van die mond wissel van onbenullige beserings tot groot wonde.

Gewoonlik word dit deur jou eie tande veroorsaak as jy ’n hou op die gesig kry of op jou gesig val.

Bloeding in die area kan wel erg wees oor die vel wat die bloedvate bedek hier baie dun is.

2.12.15

Die behandeling van bloeiende tandvleis

1.       Vra die persoon om met die kop skuins na die beseerde kant te sit sodat die bloed kan dreineer.
2.       Plaas ’n dik kussinkie of ’n skoon doek op die bloeiende tandkas, maar nie in die gat nie – die kussinkiemoet dik genoeg wees sodat die persoonse tande nie op mekaar kom tydens ’n byt nie.
3.       Vra die persoon om die kussinkie in posisie te hou en dan vir 15 tot 20 minute daarop te byt. Die ken kan met die hand gestut word.
4.       Vra die persoon om enige bloed in die mond uit te spoeg terwyl die kussinkie in posisie gehou word.
5.       Verwyder die kussinkie versigtig na 15 tot 20 minute sonder om enige moontlike klont te versteur. Indien dit nog bloei moet die kussinkie weer vasgebyt word vir nog 10 minute.
6.       Moenie die mond uitspoel nie – dit sal enige klont versteur. Die persoon moet ook geen warm drankie drink vir 12 uur nie.
7.       Indien die bloeding nie wil stop nie of weer begin moet die persoon mediese hulp kry.

8.       Indien ’n tand uit is, plaas dit in ’n skoonhouer en kry die persoon sodra moontlik by ’n tandarts saam met die tand.

1.12.15

Oogprobleme as gevolg van chroniese moegheidsindroom

’n Britse studie het bewys dat persone met kroniese moegheidsindroom (jappiegriep) meer oogprobleme het as die res van ons.

Kroniese moegheidsindroom bly kontroversieel, omdat daar nie baie spesifieke simptome gediagnoseer kan word nie. Dit is belangrik om kennis te neem van die navorsing, omdat dit spesifieke kliniese merkers identifiseer wat moontlik gebruik kan word in die diagnose van kroniese moegheidsindroom.

Die bevindings is gepubliseer onder die titel "Increased vulnerability to pattern-related visual stress in Myalgic Encephalomyelitis" in die joernaal Perception.

30.11.15

Mercia besoek die tandarts

Mercia se beurt om die tandarts te besoek sodat dr Martinette Engelbrecht aanbevelings kan doen vir haar tande-oormaaksessie. Dr Engelbrecht deel suksesstories van vorige pasiente en gee vir Mercia ‘n realistiese en duidelike idee oor wat sy kan verwag.

25.11.15

Bloeiende tandvleis

’n Tandkas kan bloei nadat ’n tand getrek, as gevolg van die verlies van ’n tand weens ’n besering of as gevolg van ’n kakebeenfraktuur.

Met die uitstamp of –skeur van ’n tand sit jy normaalweg met ’n skeurwond in die mond.

Kyk altyd om die inaseming van bloed te verhoed en probeer enige bloeding beheer.

As die tand uitgestamp is, moet jy hulp kry van ’n tandarts.