23.5.18
Sofapokkels kan hartprobleme vermy deur te begin oefen
Vir middeljarige sofapokkels (couch potatoes) is daar altyd die risiko van hartversaking as gevolg van jare staties wees voor die televisie. Daar is egter nou hoop met navorsing wat toon dat twee jaar van gereelde aërobiese oefening hierdie risiko kan verminder, of selfs die skade kan herstel.
Aërobiese oefening is volgehoue aktiwiteite soos stap, swem, hardloop en soortgelyke aktiwiteite wat die hart en ander spiere versterk en die liggaam help om suurstof meer effektief te gebruik.
Statiese gedrag, soos om lang tydperke te sit, verhoog die risiko dat die hartspier krimp en verstyf op ’n middeljarige ouderdom, wat die risiko van hartversaking aansienlik verhoog. Vorige studies het getoon dat elite-atlete, wat 'n leeftyd lank met 'n hoë intensiteit oefening geoefen het, se hart en bloedvate aansienlik minder verouder het.
Deur twee tot drie keer ’n week te oefen doen nie veel om jou hart te beskerm nie. Vier tot vyf keer ’n week is egter baie effektief, volgens die studie. Dit is dus belangrik dat so ’n oefenprogram deel van jou daaglikse roetine word. So ’n program moet ten minste een lang sessie insluit (minimum een uur) en ten minste een hoë-intensiteit aërobiese sessie.
Dit is belangrik om voor jou laat middeljare te begin, as die hart nog goeie plastisiteit het, wat dit in staat stel om makliker te verander.
Die studie is gepubliseer in die joernaal Circulation.
(Hier artikel is bygedra deur Quintus van Rensburg, ’n ASA-gesertifiseerde afrigter in Bellville. -> bellvilleac.co.za)

Etikette:
Hartaanval
,
Hartkramp
,
Hartsiektes
21.5.18
Kafeïen gebruik om te toets vir Parkinson se siekte
Die kafeïenvlak in die bloed bied dalk ’n eenvoudige manier om Parkinson se siekte te diagnoseer.
’n Studie gepubliseer in die joernaal Neurology het bevind dat persone met Parkinson se siekte aansienlik laer vlakke van kafeïen in hul bloed gehad het as mense sonder die siekte, selfs al het hulle dieselfde hoeveelheid kafeïen verteer.
Volgens Dr. Shinji Saiki, van die Juntendo-universiteit in Tokio, het vorige studies het getoon dat daar 'n verband bestaan tussen kafeïen en 'n laer risiko om Parkinson se siekte te ontwikkel, maar ons weet nie veel van hoe kafeïen in die mense met die siekte gemetaboliseer word nie.
Ook betrokke by die studie was Dr. David Munoz van die Universiteit van Toronto in Kanada. Volgens hom beteken dit dat, as hierdie uitslae bevestig kan word, dit ’n maklike toets vir die vroeë diagnose van Parkinson's kan wees, moontlik selfs voordat simptome voorkom.

15.5.18
Breuk
’n Breuk (of buikbreuk) is ’n opening wat ontstaan wanneer ’n deel van die inhoud van die buik die spierwand onder die vel deurdring.
Dit gebeur gewoonlik in die lies, naby die naeltjie of by ’n letsel van ’n buikoperasie. Dit kan ook veroorsaak word deur oefening, wanneer ’n swaar voorwerp opgetel word of wanneer jy erg hoes.
Simptome en tekens
Pyn in die area, swelling kan ook voorkom. Swelling wat gepaard gaan met vomering kan dui op ’n geknelde breuk, wat ’n ernstige toestand is en onmiddellike mediese aandag nodig het.
Behandeling Stel die persoon gerus.
Laat die persoon in ’n halfsittende posisie lê en ondersteun die kop en skouers. Buig die knieë en ondersteun hulle in daardie posisie.
Indien vomering voorkom plaas die persoon in die herstelposisie.
Kry mediese hulp.
MOET NIE op enige swelsel druk nie.

7.5.18
Testis - Testikulêre kanker
Testikulêre kanker is aan die toeneem onder mans. Alle mans behoort gereeld hulle testes te ondersoek.
Mans tussen 25 en 35 jaar is veral geneig om hierdie kanker te ontwikkel. Gelukkig is testikulêre kanker in 90% van alle gevalle geneesbaar INDIEN dit op 'n vroeë stadium behandel word.
Die testes moet ondersoek word wanneer jy in 'n warm bad of onder 'n warm stort is. Rol elke testis tussen jou duim en wysvinger. Behalwe vir 'n gevoelige buis aan die agterkant behoort dit glad te voel. Die buis bewaar en vervoer die saad.
Indien daar enige harde knop, swelsel, vergroting, pyn of 'n pyn in jou lies is moet jy 'n dokter gaan spreek.
Let tog daarop dat dit nie ongewoon is vir die een om laer te hang of effe groter te wees as die ander nie.
30.4.18
Vis geassosieer met ’n hoër IK en beter slaap
Kinders wat minstens een keer per week vis eet, slaap beter en het IK-tellings wat gemiddeld 4 punte hoër is as diegene wat minder gereeld of glad nie vis eet nie.
Heelwat studies het alreeds ’n verband getoon tussen omega-3's, die vetsure in baie soorte vis, en verbeterde intelligensie, sowel as omega-3's en beter slaap. Maar die verband is nog nie voorheen bevestig nie.
Navorsing deur die Universiteit van Pennsylvania het nou ’n verband gevind en beklemtoon ook die belangrikheid van slaap. 541 kinders is in die studie betrek.
Die navorsers het voorgestel dat kinders op ’n jong ouderdom blootgestel word aan vis. Kinders is sensitief vir vreemde reuke en as hulle nie vroeg aan vis gewoond raak nie, kan hulle deur die reuk afgesit word.
Die navorsing is gepubliseer in die joernaal Scientific Reports.

23.4.18
Kramp
’n Kramp is ’n skielike, onwillekeurige en pynlike sametrekking van een of meer spiere.
Die oorsaak is gewoonlik swak spierkoördinasie (tydens oefening); met afkoeling tydens of na oefening; indien die liggaam te veel sout en vloeistowwe verloor weens sweet, diarree of aanhoudende vomering; of tydens slaap.
Krampe word gewoonlik verlig deur die spiere te rek. Maak eers die betrokke deel van die liggaam reguit en masseer dit dan liggies.
Simptome en tekens
• Pyn in die aangetaste deel
• Styfheid of ’n spasma in die spier
• Die saamgetrekte spiere kan nie ontspan nie
Vir ’n kramp in ’n dyspier
Maak die knie reguit en lig die been met die een hand onder die hak; druk met die ander hand die knie af. Masseer die aangetaste spiere liggies.
Vir ’n kramp in ’n kuitspier
Maak die knie reguit en trek die persoon se voet liggies opwaarts in die rigting van die skeen. Masseer die aangetaste spier saggies.
Vir ’n kramp in ’n voetspier
Maak die tone reguit en help die persoon om op die bal van die voet te staan. Masseer die voet liggies.

16.4.18
Warm tee beskerm teen gloukoom
Een koppie warm tee per dag kan jou risiko verminder om die ernstige oogprobleem, gloukoom, te ontwikkel. Dit was die bevinding in navorsing wat vroeër vanjaar voltooi is.
Dit moet egter tee met kafeïen wees. Kafeïenvrye tee en ystee werk nie.
Gloukoom veroorsaak dat vloeistofdruk in die oog opbou en dit beskadig die optiese senuwee. Dit is een van die mees algemeenste oorsake van blindheid.
Vorige navorsing het reeds daarop gedui dat kafeïen binneaarse druk kan verander, maar voor hierdie navorsing was daar nog geen verband gevind tussen gloukoom en kafeïen nie.
Daar is geen bewyse dat koffie enige impak op gloukoom het nie. Daar word vermoed dat die antioksidante en antiinflammatoriese en neuro-beskermde chemikalieë in tee in kombinasie met kafeïen werk. Hierdie antioksidante en chemikalieë word ook geassosieer met ’n verlaagde risiko vir ander ernstige probleme soos hartsiektes, kanker en diabetes.

Subscribe to:
Posts
(
Atom
)