Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



7.5.18

Testis - Testikulêre kanker

Testikulêre kanker is aan die toeneem onder mans. Alle mans behoort gereeld hulle testes te ondersoek.

Mans tussen 25 en 35 jaar is veral geneig om hierdie kanker te ontwikkel. Gelukkig is testikulêre kanker in 90% van alle gevalle geneesbaar INDIEN dit op 'n vroeë stadium behandel word.

Die testes moet ondersoek word wanneer jy in 'n warm bad of onder 'n warm stort is. Rol elke testis tussen jou duim en wysvinger. Behalwe vir 'n gevoelige buis aan die agterkant behoort dit glad te voel. Die buis bewaar en vervoer die saad.

Indien daar enige harde knop, swelsel, vergroting, pyn of 'n pyn in jou lies is moet jy 'n dokter gaan spreek.

Let tog daarop dat dit nie ongewoon is vir die een om laer te hang of effe groter te wees as die ander nie.

1 comment :

  1. Ek lees op die web van soortgelyke vrae en versoeke, en wil ook net graag die volgende weet:

    My verloofde het onlangs ‘n operasie gehad waar sy testis verwyder is. Huidiglik het hy geen gevoel soos bv masturbasie ens. nie.
    Hyt geen drang vir seks nie. Watter raad kan jy gee vi dit, of vir wie kan ons gaan sien, Is daar nog kans of hoop op ‘n goeie verhouding?

    ReplyDelete