Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Hartkramp. Show all posts
Showing posts with label Hartkramp. Show all posts

31.1.22

Musiek is medisyne

Om na musiek te luister kan lekker wees, maar dit is ook goed vir jou hart. Pasiënte wat kort ná ’n hartaanval episodes van borspyn opgedoen het, bekend as vroeë post-infarksie angina, het aansienlik laer vlakke van angs en pyn gehad as hulle 30 minute per dag na musiek geluister het, volgens ’n nuwe studie deur die American College of Cardiology
.

11.1.21

Lae koolhidrate dieet gekoppel aan probleme met hartritme

Lae koolhidraat-diëte is baie gewild, maar dit kan probleme vir jou hart veroorsaak. Diegene wat min van hul daaglikse kalorieë uit grane, vrugte en styselagtige groente kry, is aansienlik meer geneig om atriale fibrillasie te ontwikkel, die mees algemene hartritme-stoornis.

Tydens atriale fibrillasie klop die hart klop nie soos dit moet nie. Dit kan lei tot hartkloppings, duiseligheid en moegheid. Mense met atriale fibrillasie het vyf keer meer kans om beroerte te kry as mense sonder die toestand. Dit kan ook tot hartversaking lei.

Die beperking van koolhidrate het die afgelope jare ’n gewilde strategie vir gewigsverlies geword. Daar verskeie koolhidraat-diëte, insluitend die ketogeniese, paleo- en Atkins-dieet, met ’n klem op proteïene, terwyl die inname van suikers, graan, peulgewasse, vrugte en styselagtige groente beperk word.

Verskeie meganismes kan verklaar waarom die beperking van koolhidrate tot atriale fibrillasie kan lei. Die een is dat mense wat ’n lae koolhidraat-dieet eet, geneig is om minder groente, vrugte en grane te eet - voedsel wat daarvoor bekend is dat dit inflammasie verminder. Sonder hierdie voedsel kan mense meer ontsteking ervaar, wat verband hou met atriale fibrillasie. Nog ’n moontlike verklaring is dat die eet van meer proteïene en vet in plaas van koolhidraat-ryke voedsel tot oksidatiewe spanning kan lei, wat ook met atriale fibrillasie verband hou. Oor die algemeen hou dit verband met ’n verhoogde risiko vir ander vorme van kardiovaskulêre siektes.

Die studie wat bogenoemde bevind het is voorgelê by die American College of Cardiology. Die hoof outeur van die studie was Dr. Xiaodong Zhuang (MD, Ph.D.) kardioloof verbonde aan die hospitaal geaffilieer aan die Sun Yat-Sen Universiteit in Guangzhou, China.

16.12.19

‘n Eier per dag laat die hartsiektes wag

Mense wat een eier per dag eet se risiko om kardiovaskulêre siektes op te doen is aansienlik laer in vergelyking met diegene wie geen eiers eet nie.

Kardiovaskulêre siektes is die grootste oorsaak van sterftes en gestremdhede wêreldwyd, meestal as gevolg van iskemiese hartsiektes en beroerte.

Eiers is 'n prominente bron van cholesterol in die dieet, maar dit bevat ook proteïen van hoë gehalte, baie vitamiene en komponente soos fosfolipiede en karotenoïede.

Vorige studies wat gekyk het na die assosiasies tussen die eet van eiers en die invloed op die gesondheid, was teenstrydig, en die meeste van hulle het onbeduidende assosiasies tussen eierverbruik en koronêre hartsiektes of beroerte gevind.

Daarom het 'n span navorsers van China en die Verenigde Koninkryk beoog om die assosiasies tussen eierverbruik en hartprobleme te ondersoek.

Hulle het data uit die China Kadoorie Biobank-studie gebruik, 'n voortslepende studie van ongeveer 'n halfmiljoen volwassenes tussen 30 en 79 jaar.

Vir die nuwe studie het die navorsers gefokus op 416 213 deelnemers wat vry was van voorafgaande kanker, kardiovaskulêre siektes en diabetes.

Analise van die resultate het getoon dat in vergelyking met mense wat nie eiers eet nie, daaglikse eierverbruik geassosieer word met 'n laer risiko vir kardiovaskulêre probleme in die algemeen.

Die bevindings van die studie is gepubliseer in die vaktydskrif Heart.

23.5.18

Sofapokkels kan hartprobleme vermy deur te begin oefen

Vir middeljarige sofapokkels (couch potatoes) is daar altyd die risiko van hartversaking as gevolg van jare staties wees voor die televisie. Daar is egter nou hoop met navorsing wat toon dat twee jaar van gereelde aërobiese oefening hierdie risiko kan verminder, of selfs die skade kan herstel.

Aërobiese oefening is volgehoue aktiwiteite soos stap, swem, hardloop en soortgelyke aktiwiteite wat die hart en ander spiere versterk en die liggaam help om suurstof meer effektief te gebruik.

Statiese gedrag, soos om lang tydperke te sit, verhoog die risiko dat die hartspier krimp en verstyf op ’n middeljarige ouderdom, wat die risiko van hartversaking aansienlik verhoog. Vorige studies het getoon dat elite-atlete, wat 'n leeftyd lank met 'n hoë intensiteit oefening geoefen het, se hart en bloedvate aansienlik minder verouder het.

Deur twee tot drie keer ’n week te oefen doen nie veel om jou hart te beskerm nie. Vier tot vyf keer ’n week is egter baie effektief, volgens die studie. Dit is dus belangrik dat so ’n oefenprogram deel van jou daaglikse roetine word. So ’n program moet ten minste een lang sessie insluit (minimum een uur) en ten minste een hoë-intensiteit aërobiese sessie.

Dit is belangrik om voor jou laat middeljare te begin, as die hart nog goeie plastisiteit het, wat dit in staat stel om makliker te verander.

Die studie is gepubliseer in die joernaal Circulation.

(Hier artikel is bygedra deur Quintus van Rensburg, ’n ASA-gesertifiseerde afrigter in Bellville. -> bellvilleac.co.za)

26.10.16

Behandeling van 'n hartkramp / Angina Pectoris

Die persoon moet so ’n posisie inneem dat die hart doeltreffend kan werk. Behandel deur:

1. Die persoon te laat sit en te ondersteun met ’n kombers of ’n baadjie agter die rug en ’n kussing onder die knieë.

2. Stel die persoon gerus en maak die klere om die nek, borskas en middel los.

3. Indien die simptome nie verbeter nie moet die persoon sodra moontlik by ’n hospitaal kom.

Indien die persoon gereeld hartkrampe kry, kan hulle dalk medikasie hê daarvoor, soos byvoorbeeld gliseroltrinitraat. Laasgenoemde word onder die tong geplaas.

19.10.16

Hartkramp / Angina Pectoris

Wanneer die kroonslagare, wat bloed na die hart voer, te nou word en geoksideerde bloed nie die hartspiere bereik nie ervaar jy erge pyn in jou bors. Dit word dikwels vir ’n hartaanval aangesien.

Dit kom veral by bejaardes voor en gaan gewoonlik gepaard met inspanning tydens oefening of selfs opgewondenheid.

Die pyn duur gewoonlik net ’n paar minute en sal ophou indien die persoon rus.

Simptome en tekens

• Pyn in die borskas wat dikwels na die linkerskouer en af na die arm en vingers versprei. Dit kan ook na die keel en ander arm versprei.

• Vel kan bleek en lippe blou wees.

• Persoon kan kortasem wees.

• Algemene swakheid.