Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

Showing posts with label Gloukoom. Show all posts
Showing posts with label Gloukoom. Show all posts

16.4.18

Warm tee beskerm teen gloukoom

Een koppie warm tee per dag kan jou risiko verminder om die ernstige oogprobleem, gloukoom, te ontwikkel. Dit was die bevinding in navorsing wat vroeër vanjaar voltooi is.

Dit moet egter tee met kafeïen wees. Kafeïenvrye tee en ystee werk nie.

Gloukoom veroorsaak dat vloeistofdruk in die oog opbou en dit beskadig die optiese senuwee. Dit is een van die mees algemeenste oorsake van blindheid.

Vorige navorsing het reeds daarop gedui dat kafeïen binneaarse druk kan verander, maar voor hierdie navorsing was daar nog geen verband gevind tussen gloukoom en kafeïen nie.

Daar is geen bewyse dat koffie enige impak op gloukoom het nie. Daar word vermoed dat die antioksidante en antiinflammatoriese en neuro-beskermde chemikalieë in tee in kombinasie met kafeïen werk. Hierdie antioksidante en chemikalieë word ook geassosieer met ’n verlaagde risiko vir ander ernstige probleme soos hartsiektes, kanker en diabetes.

28.11.17

Moontlike behandeling vir gloukoom

Daar is tans geen effektiewe behandeling vir gloukoom nie, die tweede grootste oorsaak van blindheid by die mens. Daar word gereken dat 80 miljoen mense wêreldwyd hieraan ly. Wetenskaplikes aan die University of California, Berkeley en die University of Toronto het egter onlangs ’n molekule ontdek met die potensiaal om die progressie van gloukoom te stop. Die uiteindelike doel is om die inligting te gebruik om nuwe geneesmiddels vir die mens te ontwikkel. Die navorsing is gepubliseer in die Journal of Clinical Investigation. (foto: Jeremy Sivak / University of Toronto)