Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



20.12.22

Raadop oor bloedklont

Raad Op van Plettenbergbaai skryf: "Wat help vir bloedklonte? Het dit gekry na my kuisersnee. My baba is al amper twee en dit is nou nog nie beter nie."

Antwoord: 'n Bloedklont is 'n stuk gestolde bloed wat 'n bloedvat verstop. Daar is verskeie opsies om te oorweeg wanneer jy 'n bloedklont wil behandel of laat verwyder. Jou liggaam kan self met tyd die bloedklont vernietig, maar soms is dit nodig om dit te laat doen weens potensiële skade. Die finale besluit moet geneem word saam met 'n dokter wat goed vertroud is met jou mediese geskiedenis.

Medikasie is een opsie. Normaalweg word medikasie gebruik wat jou bloed verdun. Dit verhoed dat die bloedklont groter raak of losbreek en in een van jou organe beland. Laasgenoemde kan jou dood veroorsaak.

In meer ernstige gevalle word 'n kateter in die aar gedruk en medikasie word direk aan die bloedklont toegedien. Hierdie tipe medikasie breek gewoonlik die klont dadelik op.

Daar is ook 'n klein metaalfilter wat geplaas kan word in die aar wat na jou hart toe gaan. Die filter vang alle bloedklonte, maar laat bloed normaal deur. Dit word na 'n tyd verwyder. Die filter word ingesit by 'n aar in jou been, nek of arm.

In baie ernstige gevalle sal 'n operasie nodig wees om 'n bloedklont te verwyder.

14.12.22

Kruie vir kwale: Depressie

Maak vir jou tee van 5 g basielkruid saam met heuning en jy sal nuwe lus vir die lewe kry.

♦♦♦

Saffraan kan help om verligting te bied vir ligte depressie.

♦♦♦

Eet 'n piesang. Dit bevat 'n proteïen wat die liggaam omskakel in 'n stof wat jou laat ontspan.

♦♦♦

Johanneskruid kan gebruik word vir die behandeling van depressie. Lees meer oor die gebruik van johanneskruid vir die behandeling van depressie.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

13.12.22

Rugpyn

Rugpyn is 'n baie algemene kwaal.

Die algemeenste oorsake is 'n swak liggaamshouding en verkeerde beweging.

Dit is nie maklik om die oorsake van rugpyn te bepaal nie. Dit word aanbeveel dat persone met rugpyn 'n spesialis raadpleeg indien hul dokter nie die probleem gou opspoor nie.

7.12.22

Kruie vir kwale - Eelte

Die sagte binnekant van plakkie blare word gebruik om eelte sag te maak. Smeer dit gereeld aan.

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids



(foto: Quinn Dombrowski)

6.12.22

Kruie vir kwale: Rustelose bene

Hou jou bene warm in die nag.

♦♦♦

Smeer kamferolie op die bene.

♦♦♦

Los valeriaan wortel vir 8 uur op in water en drink dan.

♦♦♦

Maak 'n mengsel van 2 liter water met 5 ml rooipeper en 15 ml gemaalde gemmer. Hou dit in die yskas en drink daarvan voor jy gaan slaap.

♦♦♦

Meng 2,5 ml Bovril met lou water en drink dit 'n uur voor slapenstyd.

♦♦♦

Drink gemmertee.

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

5.12.22

Kruie vir kwale: Sinusitis

Gooi 1 koppie kookwater oor ’n ¼ koppie klimop-blare en asem die stoom in vir sinusprobleme.

♦♦♦

Meng 2 liter water met 1 eetlepel heuning en 1 eetlepel kaneel, hou in yskas en drink gereeld daarvan. Dit help ook met verkoue en hoes.

♦♦♦

Indien jy gereeld sukkel met sinusitis, sorg dat rissies en knoffel gereeld in jou dieet voorkom.

♦♦♦

Daar is 'n paar soorte natuurlike olies wat jy kan probeer vir sinusitus, roosmarynolie is veral geskik.

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

30.11.22

Kruie vir kwale: Neus

Gooi kookwater oor ’n ¼ koppie klimop-blare in 1 koppie kookwater en asem die stoom in vir ’n toe neus.

♦♦♦

Gebruik 5 g vars wildeals blare om ’n tee mee te maak. Laat dit vir 5 minute trek voor jy die blare verwyder. Drink die tee vir ’n toe neus.

♦♦♦

Gebruik vars wildeals blare vir toe neus, deur ’n opgerolde blaar in die neusgat te hou.

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids