Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



28.3.18

Inflammasie

Inflammasie is die reaksie van lewende weefsel op besmetting of beserings. Dit word gewoonlik gekenmerk daardeur dat die area warm voel, pyn, rooi lyk en of opswel. Dit vorm soms etter as dit ontsteek.

Wat medikasie sonder voorskrif betref kan jy iets koop wat ibuprofen bevat.

Boereraat:

'n Goeie natuurlike hulpmiddel is pynappelsap. Dit bevat die proteolitiese ensiem bromelien. Dit kom in heelwat tropiese vrugte voor en is 'n goeie teenvoeter vir inflammasie.

26.3.18

Verskuifde tussenwerwelskyf

Mense verwys oor die algemeen hierna as ’n “verskuifde werwel”. Dit kom voor wanneer ’n deel van die kraakbeen wat die bene in die ruggraat skei na agter in die senuwortel of rugmurg druk.

Dit kan baie seer wees. Die pyn kan skielik of geleidelik begin.

Simptome en tekens
• Hewige pyn in die rug wat na die bene versprei en deur beweging vererger word.
• Soms kan die persoon nie beweeg as gevolg van die pyn nie.

Behandeling
Laat die persoon op ’n stewige oppervlakte lê en ontbied mediese hulp.

21.3.18

Dagga voordelig vir 'n gesonde sekslewe

Navorsers aan die Universiteit van Stanford het bevestig dat die gereelde gebruik van dagga jou sekslewe verbeter.

Volgens die studie het paartjies wat dagga gebruik 20% meer seks as ander mense. Dit geld vir mense van alle ouderdomme. Daar is ook aanduidings dat dit die kwaliteit van seks verbeter.

Die studie se bevindings is gepubliseer in die Journal of Sexual Medicine.



(via Seks101 blog)

19.3.18

Maak oop jou deure en vensters vir beter slaap

’n Onlangse studie het bevind dat indien jy jou slaapkamer se vensters en deure oopmaak voor jy gaan slaap, jou slaapkwaliteit aansienlik verbeter.

Deure alles oop te maak word die koolstofdioksiedvlakke in die vertrek verlaag. Die verlaagde vlakke bring baie beter slaap mee.

Die studie is gepubliseer in Indoor Air: International Journal of Indoor Environment and Health.


(foto: Tim Collins)

13.3.18

Baarmoederkanker

Die baarmoeder is die inwendige geslagsdeel van ’n vrou waarin die embrio vasheg en die fetus ontwikkel tot ’n baba. Die baarmoeder is verbind aan die vagina.

Baarmoederkanker is die mees algemene vorm van kanker van die vroulike geslagsdele. Die vyf jaar kans op oorlewing is 80% en relatief gunstig in vergelyking met ander vorme van kanker.

Vroue wat vetsugtig is, is vier keer meer geneig om die tipe kanker te ontwikkel as vroue met normale gewig. Fisiese aktiwiteit, die gebruik van die voorbehoedpil en die gebruik van kinders verminder die risiko. Rook verminder ook die risiko van hierdie kanker.

Die kans om vir ’n tweede keer baarmoederkanker te kry, is tussen 3 en 17%.

7.3.18

Slimfone tas jou brein aan

Navorsers het ’n wanbalans gevind in die breinchemie van jongmense verslaaf aan slimfone en die internet.

Mense is toenemend meer afhanklik van slimfone en ander draagbare elektroniese toestelle vir nuus, inligting, speletjies en vele meer.

Daar is ’n besorgdheid dat jongmense te veel tyd spandeer in hul fone in plaas daarvan om met ander te kommunikeer. Daar is ook vrae rakende die onmiddellike effek van slimfone op die brein en die moontlike langtermyn gevolge daarvan.

Navorsers aan die Koreaanse Universiteit in Seoul, Suid-Korea, het magnetiese resonansie-spektroskopie gebruik om unieke insig te verkry in die brein van slimfoon- en internetverslaafde tieners. Hierdie tipe spektroskopie meet die brein se chemiese samestelling.

Die bevinding was dat dat die verslaafde tieners aansienlik hoër tellings gehad het in depressie, angs, slapeloosheid en impulsiwiteit. Volgens die spektroskopie was daar beslis chemiese veranderinge in die breinkorteks van die verslaafde tieners, veranderinge wat geassosieer word met ’n aantal newe-effekte, insluitend slapeloosheid en angs.

Die goeie nuus is dat die chemiese balans genormaliseer het ná kognitiewe gedragsterapie.

28.2.18

Verskuifde kniekraakbeen / sluitknie

Jou knie bevat bevat twee afsonderlike halfmaanvormige kraakbene wat kan skuif of skeur.

Simptome en tekens
• Die persoon kla oor erge pyn in die knie, gewoonlik aan die binnekant.
• Die beseerde knie is in ’n gebuigde posisie. Die persoon kan dit gewoonlik die been nie reguit maak nie.
• Dit kan ook swel as vloeistof in die gewrig ophoop.

Behandeling
MOENIE PROBEER OM DIE BEEN REGUIT TE MAAK OF DIE GEBUIGDE POSISIE VERANDER NIE.
1. Ondersteun die been in die huidige posisie.
2. Ondersteun die knie met ’n groot kussing
3. Neem die persoon na ’n hospitaal.