Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



7.3.18

Slimfone tas jou brein aan

Navorsers het ’n wanbalans gevind in die breinchemie van jongmense verslaaf aan slimfone en die internet.

Mense is toenemend meer afhanklik van slimfone en ander draagbare elektroniese toestelle vir nuus, inligting, speletjies en vele meer.

Daar is ’n besorgdheid dat jongmense te veel tyd spandeer in hul fone in plaas daarvan om met ander te kommunikeer. Daar is ook vrae rakende die onmiddellike effek van slimfone op die brein en die moontlike langtermyn gevolge daarvan.

Navorsers aan die Koreaanse Universiteit in Seoul, Suid-Korea, het magnetiese resonansie-spektroskopie gebruik om unieke insig te verkry in die brein van slimfoon- en internetverslaafde tieners. Hierdie tipe spektroskopie meet die brein se chemiese samestelling.

Die bevinding was dat dat die verslaafde tieners aansienlik hoër tellings gehad het in depressie, angs, slapeloosheid en impulsiwiteit. Volgens die spektroskopie was daar beslis chemiese veranderinge in die breinkorteks van die verslaafde tieners, veranderinge wat geassosieer word met ’n aantal newe-effekte, insluitend slapeloosheid en angs.

Die goeie nuus is dat die chemiese balans genormaliseer het ná kognitiewe gedragsterapie.

No comments :

Post a Comment