Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



24.3.17

Is seks goed vir ouer mense?

Gereelde genotvolle seks vir ouer mans hou die risiko in vir hartaanvalle en ander kardiovaskulêre probleme. Vir ouer vroue is goeie seks ’n gesondheidsvoordeel kan die risiko van hoë bloeddruk verlaag. Dit is volgens die eerste grootskaalse studie van hoe seks ouer persone se hart gesondheid beïnvloed.

lees meer oor seks en ouer mense ...

(via Seks101)

22.3.17

Middeloorontsteking

Middeloorontsteking is normaalweg die gevolg van ’n bakteriese of virale infeksie wat vloeistof in die middeloor agter laat opbou. Dit is die area agter die oordrom wat ontsteek. Dit kom algemeen voor by kinders.

Behandeling van die ontsteking is gewoonlik met antibiotika. Dit moet dus deur jou dokter gediagnoseer word.

In gevalle waar middeloorontsteking gereeld voorkom kan die dokter die inplanting van dreineringsbuise (grommets) voorstel. Dit is ’n eenvoudige prosedure en die pasiënt verlaat dieselfde dag nog die hospitaal.

20.3.17

Een eier per dag kan jou kanse op ’n beroerte verminder

’n Studie wat einde verlede jaar gepubliseer is, dui daarop dat een eier per dag voordele inhou vir jou gesondheid.

Nie net is eiers ’n bekostigbare bron van proteïene nie, maar deur gereeld ’n eier te eet verlaag jou kanse om ’n beroerte aanval te kry.

Een groot eier bevat tot 6 gram proteïene, antioksidante en vitamiene A, D en E. Hierdie kombinasie help om jou bloeddruk te verlaag.

Let net op hoe jy jou eiers gaarmaak. Te veel botter of olie maak dit minder voordelig.

(Die studie is gepubliseer in die Journal of the American College of Nutrition.)

15.3.17

Kinderstuipe

Kinderstuipe kom gewoonlik voor by kinders tussen een en vier jaar. Dit is normaalweg ’n simptoom van ’n hie koors, veroorsaak deur ’n aansteeklike siekte of keel- of oorinfeksie.

Dit is selde gevaarlik, maar kan nogal ontstellend wees vir die ouers.

Simptome en tekens
• Hoe koors
• Sweet
• Sametrekkings van die gesigspiere en ledemate
• Oë kan skeel kyk of self omdop
• Die hele lyf kan styftrek met die kop agteroor en die rug gekrom
• Die kind kan asem ophou
• Daar kan skuim om die mond wees

Kry mediese hulp.

14.3.17

Hoe stop jy ’n hik?

1. Vra die persoon om stil te sit en asem op te hou, of laat die persoon iets drink.
2. As dit nie werk nie plaas ’n papiersak (NIE PLASTIEK NIE) oor die persoon se mond en neus en laat hom / haar in- en uitasem.
3. As hikkery langer as ’n paar uur aanhou, kry mediese hulp.

Boereraat:

Haal diep asem en probeer jou asem ophou vir 25 sekondes. Eet dan een teelepel suiker.

♦♦♦

Meng een teelepel heuning met ’n halwe glas water. Drink dit sonder om asem te haal.

♦♦♦

Drink een eetlepel wit asyn.

♦♦♦

Maak die persoon wat hik skrik.

♦♦♦

Gooi asyn oor 1 teelepel suiker sodat dit net nat is. Eet die suiker.

♦♦♦

Gooi 1 teelepel koeksoda in ’n halwe glas water en roer. Drink elke 2 uur solank jy hik.

♦♦♦

’n Teelepel bruinsuiker gedoop in asyn neem hik weg.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

8.3.17

Astigmatisme

Wanneer die ronding van die oog se lens of kornea ongelyk is praat ons van astigmatisme. Dit lei tot dowwe en verwronge beelde.

’n Bril met spesifiek gevormde lense kan die probleem hanteer.

3.3.17

Sinusitis

Sinusitus is ontsteking van die neussinusse. Simptome sluit in pyn in die voorkop en wange en soms ´n groen, geel of bloederige afskeiding uit die neus. Seer keel, naarheid en slegte asem kan voorkom as gevolg van postnasale drup. Oorsake kan akuut of chronies wees. Akute sinusitis word dikwels veroorsaak deur bakteriese- of virusinfeksies in die neus, keel en boonste lugweë. Chroniese sinusitis kan veroorsaak word deur klein vergroeiings in die neus, beserings van die neusbene, tabakrook en blootstelling aan irriterende dampe en reuke. Dit is besonder moeilik om chroniese sinus suksesvol te behandel. Allergiese sinusitis kan veroorsaak word deur hooikoors of voedselallergieë, veral suiwelprodukte.

Stoom sal help om slym op te klaar en ´n bevogtiger kan asemhaling vergemaklik. Gebruik egter ontstuwers volgens aanwysings.

Soek mediese hulp indien jy aan chroniese sinusitis ly of indien daar swelling rondom die oë voorkom. Meer as een mediese spesialis moet liefs geraadpleeg word in die geval van chroniese sinusitis. Ander moontlike oplossings soos akupunktuur kan ondersoek word.

Druk met die punte van jou middelvingers op die kepies net onder jou neusgate elke halfuur vir 'n paar minute om sinuspyn te verlig. Gaan sien jou dokter indien dit nie help nie.

Boereraat:

Kos met preserveermiddels vererger sinus. Sny dit uit.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids