Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



9.3.16

Die behandeling van vaginale bloeding

1. Kry ’n sanitêre doekie of ten minste ’n skoon handdoek wat die vrou op die opening van die vagina kan plaas.

2. Laat sy lê met die kop en skouers effens gelig en die knieë gelig met ondersteuning – dit laat die maagspiere ontspan.

3. Indien die pyn ernstig is en aan menstruasie toegeskryf kan word kan sy een of twee pynstillers neem.

4. Indien die bloeding voortduur en ernstig is, behandel vir skok en kry haar sodra moontlik by ’n hospitaal.

8.3.16

Body Worlds

Jy hoor gedurig wat die uitwerking van leefstylsiektes, soos diabetes en hartsiekte, op jou liggaam is – maar het jy dit al gesien? Die Body Worlds-uitstalling is terug in Suid-Afrika en wys presies dit.

7.3.16

Kaak en mond chirurgie

Na raming het byna 5% van die bevolking die een of ander soort kaakgebrek wat slegs deur chirurgie reggestel kan word. Moria praat met die chirurg dr Hermann Kluge oor hierdie prosedure en staan by terwyl hy die operasie op 'n jong pasiënt uitvoer.

2.3.16

Vaginale bloeding

Vaginale bloeding kan veroorsaak word deur ernstige menstruasie of die gevolg van ’n miskraam of inwendige besering.

Swaar menstruasie en ’n miskraam kan beide met ernstige krampe gepaard gaan. Die krampe kom gewoonlik aan die begin van menstruasie voor.

Simptome en tekens
• Matie of ernstige bloeding uit vagina.
• Simptome en tekens van skok kan aanwesig wees.
• Krampagtige pyne in die buik of bekken.

29.2.16

Suster Lilian se gids tot swangerskap, geboorte en ouerskap

Suster Lilian is ’n ervare vroedvrou met praktiese ondervinding van swangerskap, geboorte, ouerskap en kindersorg.

In hierdie hoog aangeskrewe gids spreek sy die belangrikste swangerskap, geboorte en ouerskap kwessies in haar sensitiewe maar sinvolle manier aan.

Hierdie omvattende gids sal jou vertroude metgesel word wanneer jy voor die daaglikse uitdagings van swangerskap, geboorte en ouerskap te staan kom.


Suster Lilian se gids tot swangerskap, geboorte en ouerskap / deur Lilian Paramor -- Human & Rousseau, 15 Februarie 2016; 330 p. ; sagteband. -- ISBN 9780798171427

Suster Lilian se gids tot swangerskap, geboorte en ouerskap,
Roekeloos,
29 Februarie 2016.
2

24.2.16

Die behandeling van borskas- en rugwonde

1. Verseël onmiddellik die oop wond met jou hand.
2. Plaas die ongeval in ’n halfsittende posisie en ondersteun die kop en skouers. Draai die liggaam na die beseerde kant sodat die gesonde long bo is.
3. Bedek die wond so gou moontlik versigtig met ’n steriele ongemedikeerde wonddekking.
4. Indien moontlik moet jy ’n lugdigte seël probeer vorm deur die wonddekking met plastiek of foelie te bedek en met kleefband vas te plak op die rante.
5. Indien die persoon bewusteloos raak maar normaal asemhaal, plaas in die herstelposisie met die gesonde long na bo.
6. Behandel vir skok.
7. Toets die asemhaling en bewussynsvlak elke 10 minute. Kyk ook vir tekens van inwendige bloeding.
8. Kry die persoon sodra moontlik by die hospitaal. Probeer die persoon vervoer soos hy / sy daar lê.

22.2.16

Super sperm

Een rede hoekom paartjies nie kan swanger raak nie is as gevolg van die sperm wat nie baie beweeglik is nie. Daar is andersins niks fout met die kwaliteit van die sperm nie, hulle is net swak swemmers.

En bevrugting is nie so maklik soos jy dink nie. Dis nie verniet dat daar ’n paar 100 miljoen spermselle “losgelaat” word op ’n slag nie. Van hulle sal min of meer honderd op koers kom en as jy gelukkig is, sal een die bevrugting doen.

So ’n spermsel sal baie beter doen met ’n super hero pak aan die lyf.

Nee, dis nie ’n grap nie. Navorsers by die Institute for Integrative Nanosciences in Dresden, Duitsland, het so ’n uitrusting ontwerp en suksesvol getoets in 'n laboratorium. Dit verbeter nie net die aandrywing van die sperm nie, maar maak dit ook moontlik daarom met afstandbeheer te bestuur.