Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



27.8.15

Tandekry

Almal van ons kry tande. Baba's sal geïriteerd wees, dalk baie in die nag wakker wees en meer as gewoonlik huil. Een of albei wange kan rooi en warm wees en die baba kan aan sy hande kou. Dit hou normaalweg vir die eerste twee jaar aan.

Wanneer ´n tand op die punt is om deur die tandvleis te breek, word die tandvleis gevoelig en lyk geswel. Dit sal seer wees as jy daaraan raak.

Gee net pynstiller as dit regtig nodig is. ´n Waslap, met ´n ysblokkie wat daarin toegebind is, werk goed vir ´n baba met seer tandvleis. Jy kan ook probeer om ´n bottel met koue water in die yskas te hou. Babas hou daarvan om aan die koue tiet te kou.

Koors of diarree is gewoonlik die gevolg van ´n infeksie. Dit vereis mediese aandag.

Boereraat:

Gooi 2 tot 3 druppels vanilla-ekstrak by 'n baba wat tandekry se melk of vrugtesap. Gebruik dit wanneer hulle effens siek voel.

♦♦♦

Smeer heuning op baba se tandvleisies as dit tandekry tyd is, dit help om die seer te doof en hou die baba kalm.



(foto Daniel Schwen)

26.8.15

Behandeling vir inwendige bloeding

1. Laat die persoon met sy / haar kop omlaag na die eenkant lê om ’n goeie bloedtoevoer na die brein te verseker. Die persoon moet so stil as moontlik lê.
2. Lig die bene – as die besering dit toelaat. Dit help die bloedtoevoer na die organe.
3. Maak enige stywe klere om die nek, borskas en middel los.
4. Stel die persoon gerus en verduidelik dat dit belangrik is dat hy / sy ontspan.
5. Behandel die persoon vir skok.
6. Toets die asemhaling en bewussynsvlak elke 10 minute.
7. Ondersoek die persoon vir ander beserings en behandel soos nodig.
8. Indien die persoon bewusteloos raak, maar normaal asemhaal, plaas hom / haar in die herstelposisie.
9. Indien die asemhaling en hartklop ophou, begin onmiddellik met resussitasie.
10. Hou die persoon bedek – met ’n kombers indien beskikbaar.
11. Hou boek van enige uitskeidings of vomeersel. Indien moontlik neem ’n monster en stuur saam na die hospitaal.
12. Die persoon moet sodra moontlik na die hospitaal geneem word.
13. MOET ONDER GEEN OMSTANDIGHEDE DIE PERSOON IETS GEE OM TE EET OF DRINK NIE.

24.8.15

Hanteer Diabetes en verwante gesondheidskwessies

Hierdie boek kyk na die oorsake van diabetes, die tipes, medikasie asook die rol van dieet, lewenstylveranderings en oefening.

Daar word ook na die mediese aspekte gekyk, byvoorbeeld hoe om jou gewig, bloedglukose-, bloeddruk- en cholesterolvlakke te handhaaf en komplikasies te verhoed. Daar word ook gekyk na die uitwerking van diabetes op die hart, voete, lewer, niere, oë en blaas van die diabeet asook hoe dit slaap, die ingesteldheid en die denke van die diabeet beïnvloed.

Hanteer Diabetes en verwante gesondheidskwessies / Arien van der Merwe -- Human & Rousseau, 15 September 2015; 352 p. ; sagteband. -- ISBN 9780798170475

Hanteer Diabetes en verwante gesondheidskwessies,
Bettie Blom,
24 Augustus 2015.
2

19.8.15

Inwendige bloeding

Inwendige bloeding kan voorkom weens ’n ongeluk, aanranding of ’n mediese toestand, byvoorbeeld ’n bloeiende maagseer.

Dit is net so ernstig soos uitwendige bloeding. Die bloed gaan uit die bloedsomloop verlore en die noodsaaklike organe kry dan te min suurstof. Die bloed wat inwendig ophoop kan ook druk op ander organe veroorsaak.

Simptome:

• ’n Besering wat inwendige bloeding kan veroorsaak.
• ’n Mediese toestand wat inwendige bloeding kan veroorsaak.
• Pyn en teerheid rondom die aangetaste area – swelling en spanning kan gevoel word.
• Simptome en tekens van skok.
• Bloed kan uit ’n liggaamsopening kom.


(foto: geskeurde dyspier)

Probeer die persoon so gou as moontlik by ’n hospitaal kry.

12.8.15

Tetanus / Klem-in-die-kaak

Klem-in-die-kaak is ’n gevaarlike infeksie wat veroorsaak word deur ’n gifstof wat deur tetanuskieme in ’n wond geproduseer word. Die gif versprei na die liggaam se senuweestelsel en veroorsaak ernstige spierspasma, veral in die kakebeen.

Behandeling is baie moeilik en as dit nie vroeg behandel word nie kan dit lei tot die dood.

Enige wond het die risiko van infeksie, maar die risiko van tetanusinfeksie is baie meer in vuil wonde, veral as dit besoedel is deurgrond van plekke waar diere wei; diep wonde wat dooie weefsel bevat en wonde waar daar ’n vreemde voorwerp in is.

Dit is hoekom dit belangrik is om teen tetanus ingeënt te word.

11.8.15

Eczema - Your essential guide

Ekseem is ’n veltoestand wat gekenmerk word deur inflammasie, rooiheid en ’n gekrap.

Tussen 10 en 20% van alle mense het dit. In hierdie boek word daar gekyk na wat presies ekseem is, wat die oorsake is, hoe dit behandel kan word, en hoe ekseem by kinders en volwassenes lyk. Daar is ook addisionele inligting, gevallestudies en wenke.

Eczema - Your essential guide word op 14 Augustus 2015 vrygestel.

Eczema - Your essential guide / Regina Malan -- Human & Rousseau, 14 Augustus 2015; 224 p. ; sagteband. -- ISBN 9780798169325

Eczema - Your essential guide,
Bettie Blom,
11 Augustus 2015. 2

10.8.15

Vyf tipes prostaatkanker

Nuwe navorsing het aan die lig gebring dat daar vyf tipes prostaatkanker is. Die bevindings gaan beslis verander hoe dokters prostaatkanker behandel.

Deur die onderskeie abnormale chromosome te bestudeer en die aktiwiteit van 100 verskillende gene wat met die kanker verbind word te meet kon hulle vyf verskillende tipes gewasse identifiseer.

Prostaatkanker is die mees algemene kanker wat by mans gediagnoseer word. Een van die navorsers, Prof. Malcolm Mason, het die volgende gesê oor prostaatkanker: “The challenge in treating prostate cancer is that it can either behave like a pussycat - growing slowly and unlikely to cause problems in a man's lifetime - or a tiger - spreading aggressively and requiring urgent treatment. But at the moment we have no reliable way to distinguish them. This means that some men may get treatment they don't need, causing unnecessary side effects, while others might benefit from more intensive treatment.”

“This research could be game-changing if the results hold up in larger clinical trials and could give us better information to guide each man's treatment - even helping us to choose between treatments for men with aggressive cancers. Ultimately this could mean more effective treatment for the men who need it, helping to save more lives and improve the quality of life for many thousands of men with prostate cancer.”

Die navorsers is van die Cancer Research UK Cambridge Institute en die Addenbrooke Hospital. Die studie is gepubliseer in EBioMedicine.