Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



2.3.15

Jou bloedgroep beïnvloed dalk jou geheue

Volgens ’n studie gepubliseer in die joernaal Neurology is persone met die AB-bloedgroep meer geneig tot geheueverlies as ander.

AB is nie ’n algemene bloedgroep nie en diegene met die bloedgroep is geneig tot geheueverlies wanneer hulle oud word. Daar is egter bydraende faktore wat in ag, geneem moet word. Hieronder tel hoe bloeddruk, hoe cholesterol en diabetes.

25.2.15

Ingeduikte borskas

Dit gebeur gereeld dat ’n persoon in ’n verkeersongeluk teen die stuurkolom geslinger word of dit teen die bestuurder se bors stamp. Dit en ander ongelukke kan veelvoudige frakture van die borskaswand tot gevolg hê. Dit kan ernstige gevolge vir longwerking inhou. Die simptome slui in:

• Algemene simptome vir versmoring.
• Die persoon vind dit moeilik om asem te haal; of asemhaling is pynlik.
• Ongewone beweging van die borskas.
• Skuimerige, bloederige spoeg.

24.2.15

Drankgebruik tydens swangerskap kan skoolprestasie en geestesgesondheid beïnvloed

Al gaan ’n swanger vrou haar net soms te buite aan alkohol, kan dit ernstige gevolge vir haar kind inhou.

Navorsers aan verskeie Britse universiteite en ’n Australiese universiteit het bevind dat hierdie tipe drankgebruik tydens swangerskap ’n heelwat groter risiko inhou vir swak skoolprestasie en geestesgesondheid.

Met “te buite gaan” word bedoel vier tot vyf eenhede alkohol op enige dag tydens swangerskap.

Die bevindings is gepubliseer in die joernaal European Child & Adolescent Psychiatry.

23.2.15

Mediese woordeboek en gids: J

Afrikaans - English Medical Dictionary / Afrikaanse mediese woordelys en gids vir die gesondheidswetenskappe - Slaan 'n siekte / aandoening / kwaal / gesondheidskwessie na en klik op die skakel vir meer inligting.

(Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief ’n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD)

J (J) <lees joule>

jappiegriep (yuppie flu) <sien Kroniese Moegheid Sindroom (KMS)>

jejunoïleïtis (jejunoïleïtis) Inflammasie van die jejunum en die ileum.

jejunum (jejunum) <lees ook ileum> (leëderm, nugterderm) Teede of middelste deel van die dunderm, tussen die duodenum en die ileum.

jel (gel) <cf sol> (gel) Die minder vloeibare, jellieagtige, halfsoliede toestand waarin ’n kolloïedsisteem, bv. protoplasma, kan verkeer.

jelatien (gelatine, gelatin) (beenlym) <lees gelatien>

jellie (jelly) Gestolde, halfdeurskynende stof wat gewoonlik gelatien in kolloïdale oplossing bevat.

jellieagtig (gelatinous) <lees gelatienagtig>

jenewerbessie (juniper) Vrug van die jenewerstruik gebruik as geneesmiddel.

jeuk (itch) Irriterende prikkeling op die vel voel.

jeukbult (itchy bump) Puisieagtige swelsel op die vel wat baie jeuk.

jeukerig (itchy) Wat jeuk veroorsaak.

jeukery (itching) Herhaalde gejeuk.

jeukpoeier (itchy powder) Poeier wat die vel laat jeuk.

jeuksiekte (itching) Jeukende, dikwels aansteeklike velsiekte.

jig (gout) Akute aanvalle van pynlike gewrigte geassosieer met ’n hoë uriensuurkonsentrasie in die bloed.

jodied (iodide) Verbinding van jodium met ’n ander element of radikaal.

jodium (iodine, I) (I) ’n Niemetaalelement van die halogeengroep - is essensieel in die dieet.

jodiumsalf (iodine ointment) ’n Salf wat jodium en kaliumjodied bevat. Dit word gebruik as ’n ontsmettingsmiddel.

jodiumtinktuur (iodine tincture) (joodtinktuur) ’n Oplossing van jodium en natriumjodied in alkohol. Dit word gebruik as ’n ontsmettingsmiddel.

jodofiel (iodophile) Wat geredelik met jodium gekleur word.

jodoform (iodine form ) ’n Verbinding van jodium, waterstof en koolstof. Dit word gebruik as ’n ontsmettingsmiddel.

jodopsien (iodopsin) ’n Fotosensitiewe pigment wat in die keëltjies van die retina aangetref word en belangrik vir kleurwaarneming is.

joodtinktuur (iodine tincture) (jodiumtinktuur) ’n Oplossing van jodium en natriumjodied in alkohol. Dit word gebruik as ’n ontsmettingsmiddel.

joule (J) (joule, J) Die SI-eenheid van arbeid of energie wat gedefinieer word as die arbeid wat nodig is om ’n krag van een Newton oor ’n afstand van een meter te beweeg.

jugaal (jugal) M.b.t. die wangbeen.

jugularis (jugularis) Nekaar.

jugulêr (jugular) Wat verband het met die keel en nek.

jugulêre vene (jugular vein) Een van twee hoofvenes wat die bloed uit die kopstreek na die hart dreineer.

jukbeen (zygoma) (wangbeen) <lees sigoma>

18.2.15

Noodhulp: Behandeling van beseerdes by 'n ontploffing


  1. Stel die persoon gerus en moet hulle nie beweeg voor jy nie seker is waar hulle beseer is nie.
  2. Na jy vasgestel het wat fout is kan jy die persoon tot in 'n halfsittende posisie help, indien die beserings dit toelaat - ondersteun die kop en skouers.
  3. Maak stywe klere om die nek, borskas en middel los.
  4. Beheer enige bloeding of brandwonde. Behandel frakture.
  5. Toets die asemhaling, pols en bewussynsvlak elke 10 minute.
  6. Indien die persoon bewusteloos raak, maar normaal asemhaal, plaas hom / haar in die herstelposisie.
  7. Indien die asemhaling opgehou het of moeilik is, begin met kunsmatige asemhaling.
  8. Die persoon moet so gou as moontlik by 'n hospitaal kom.

17.2.15

Sout + rook = rumatoïede artritis

Navorsers in Swede het bevind dat persone wat rook en baie sout gebruik dubbel die kanse het om rumatoïede artritis te ontwikkel.

Rumatoïede artritis kom voor wanneer die liggaam se immuunstelsel nie goed werk nie. Dit tas gewrigte, bene (veral in die hande en voete) en organe aan.

16.2.15

Jou asem kan dalk longkanker verklap

Die temperatuur van jou asem wanneer jy uitasem kan moontlik gebruik word om longkanker te diagnoseer.

Verskeie navorsingspanne ondersoek reeds ’n geruime tyd die gebruik van jou asem in die diagnose van verskeie tipes kanker. Daar is nou bevind dat persone met longkanker se asem ’n hoër temperatuur het as ander mense. Die temperatuur verander ook na gelag van die aantal jare wat die persoon gerook het en die stadium waarop die kanker ontwikkel het.

Die toets is glo baie akkuraat en vergemaklik die diagnose van longkanker.