Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



26.11.14

Verstikking

Dit gebeur wanneer iemand se lugweg gedeeltelik of ten volle versper word deur iets wat ingesluk word. Dit kan ook deur ’n spierspasma veroorsaak word.

Die simptome is:

• Moeilike asemhaling; die tempo en diepte van die asemhaling sal toeneem.
• Moontlike skuim om die mond.
• Blou lippe en vingernaels.
• Verwarring.
• Moontlike bewusteloosheid.
• Die asemhaling kan ook ophou.

25.11.14

Alkohol nie goed vir jou hart nie

Navorsing by die Perelman School of Medicine aan die University of Pennsylvania het bevind dat alkohol glad nie goed is vir jou hart nie.

Enige vermindering in die gebruik van alkohol het dadelik ’n positiewe effek op jou risiko vir kardiovaskulêre siektes, jou liggaamsmassa-indeks en jou bloeddruk.


(foto Dani Lurie)

20.11.14

Kruie vir kwale: Senuwee

Hou ’n paar vanillaboontjies in ’n fles. Gebruik die aroma om jou te kalmeer wanneer nodig. Mediese instellings gebruik ook deesdae dié metode om pasiënte wat gaan vir ’n skandering te kalmeer.

♦♦♦

Gooi ’n paar druppels vanilla by water of appelsap en drink.

♦♦♦

Vir senuweeagtigheid of angs kan jy tee drink wat jy maak van die blare van engelkruid (angelica). Jy kan ook die wortel van die plant verpoeier en dit gebruik in plaas van die blare.

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

19.11.14

Noodhulp: Koolstofmonoksiedvergiftiging

1. Sny die oorsprong van die gas af en kry die persoon weg van die gas.

2. Indien die persoon bewusteloos is, maar normaal asemhaal, plaas in die herstelposisie.

3. Indien asemhaling moeilik is of nie bestaan nie, begin onmiddellik met kunsmatige asemhaling.

4. Kry die persoon by ’n hospitaal.

18.11.14

Slaap is goed vir die brein

Daar is nou bewyse vir hoe minder ouer volwassenes slaap, hoe gouer verouder hulle brein. Met ouer word daar bedoel persone van 55 jaar en ouer.

17.11.14

Die hart kan aanpas

Jou hart kan jou dalk al jou slegte gewoontes vergewe.

’n Onlangse studie het bevind dat as persone in hul 30’s en 40’s hul slegte gewoontes laat staan en ’n gesonde leefstyl volg, hulle enige koronêre hartsiekte onder beheer kan kry, selfs die toestand omkeer.

Met ’n gesonde leefstyl begin beteken in die konteks dat jy jou gewig onder beheer kry, ophou rook, matige drinkgewoontes het, ’n gebalanseerde dieet volg en gereeld oefening doen.

Die slegte nuus in die algemeen is dat die studie bevind het dat 40% van mense se slegte gewoontes toeneem soos hulle ouer word.