Hou ’n paar vanillaboontjies in ’n fles. Gebruik die aroma om jou te kalmeer wanneer nodig. Mediese instellings gebruik ook deesdae dié metode om pasiënte wat gaan vir ’n skandering te kalmeer.
♦♦♦
Gooi ’n paar druppels vanilla by water of appelsap en drink.
♦♦♦
Vir senuweeagtigheid of angs kan jy tee drink wat jy maak van die blare van engelkruid (angelica). Jy kan ook die wortel van die plant verpoeier en dit gebruik in plaas van die blare.
♦♦♦
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
Mediese inligting en boererate in Afrikaans - Ons bly op hoogte van die jongste navorsing oor 150 plante in wetenskaplike joernale ter ondersteuning van primêre gesondheidsorg.

No comments :
Post a Comment