Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



3.11.14

Hoë cholesterolvlakke verbind aan onvrugbaarheid

’n Onlangse studie het bevind dat hoë cholesterolvlakke waarskynlik ’n nadelige uitwerking het op paartjies wat probeer swanger raak.

Waar beide persone in so ’n verhouding hoë cholesterolvlakke het, sukkel hulle meer as ander mense om swanger te raak. Die vrou se cholesterolvlakke speel ook andersins ’n belangrike rol in vrugbaarheid.

Cholesterol speel ’n rol in die vervaardiging van hormone.

Die studie, deur die Eunice Kennedy Shriver National Institute of Child Health and Human Development, is gepubliseer in The Journal of Clinical Endocrinology and Metabolism.

29.10.14

Noodhulp: Verdrinking

Indien jy iemand wat besig is om te verdrink wil help moet jy sodra dit moontlik is begin met kunsmatige asemhaling.

Indien die persoon in die water is en dis vlak genoeg om te staan, begin jy sommer net daar. Plaas een van jou arms onder die persoon ter ondersteuning en gebruik jou ander hand om die persoon se kop te ondersteun en die neus te verseël.

Indien julle in diep water is, moet jy begin kant toe swem met die persoon, maar blaas nou en dan lug in by die mond. Wanneer jy aan wal is, kan jy normale kunsmatige asemhaling toepas.

28.10.14

Nog ’n oorsaak van hoë bloeddruk en hartsiektes

Dit wil voorkom asof te veel fosfaat in die liggaam nadelig kan wees vir jou gesondheid. Geprosesseerde kosse, parmesaan, bakpoeier en koladrankies is ryk aan fosfaat. Fosfate word oor die algemeen baie gebruik as preserveermiddels.

Wanneer groot hoeveelhede fosfaat verteer word, word die produksie van die FGF23-hormoon gestimuleer. Dié hormoon word in die bene geproduseer. Dit het ’n negatiewe uitwerking op die mens se kardiovaskulêre stelsel.

FGF23 beïnvloed die uitskeiding van sodium deur die niere. Hoe meer FGF23 daar in die liggaam is, hoe moeiliker raak jy van sout ontslae, te veel sout lei tot probleme met jou bloeddruk.

FGF23 beïnvloed ook die kalsiumvlak in jou liggaam. Kalsium word ook in die niere filtreer. Te veel FGF23 in die liggaam veroorsaak dat te veel kalsium deur die niere geherabsorbeer word, wat verkalking van are en nierprobleme veroorsaak.

27.10.14

Familiale hipercholesterolemie

’n Geskatte 1 uit elke 500 mense wêreldwyd ly aan familiale hipercholesterolemie (FH), 'n oorerflike toestand wat baie hoë cholesterol tot gevolg het. Dit verband met premature hartsiektes en dood. Ten spyte van hierdie hoë voorkoms bly dit grotendeels ongediagnoseerd en onbehandeld.

FH word geïdentifiseer deur die voorkoms van die lae-digtheid lipoproteïen (LDL of "slegte cholesterol") te bepaal.

24.9.14

Verdrinking

Slegs ’n klein hoeveelheid water in die longe kan verdrinking veroorsaak. Soms veroorsaak dit dat die keel ’n spasma kry en die lugkanaal afsluit, dan praat ons van droë verdrinking.

Dit is belangrik dat enige persoon wat van verdrinking gered word hospitaal toe gaan. Die longe word gou geaffekteer, maar soms sien mens dit eers heelwat later. Indien die persoon in koue water was, moet hulle warm gehou word.

Behalwe die algemene simptome van versmoring, kan daar ook skuim om die persoon se mond en neusgate wees.

23.9.14

Eet jou groente en vrugte jong dame

’n Dieet ryk aan groente en vrugte word lank reeds geassosieer met minder hartkwale in middeljariges, veral vroue. Nuwe navorsing wys nou daarop dat dit waarskynlik dieselfde voordele inhou vir jong vroue in hul 20’s.

Die studie deur die Minneapolis Heart Institute Foundation in Amerika het veral gefokus op die eet van groente en vrugte in verhouding met die opbou van kalsium in die are.

Die resultate het getoon dat die verkalking van are in jong vroue wat 8 porsies groente en/of vrugte eet per dag, 40% minder is as die wat slegs 3 porsies eet. 2 648 vroue was betrokke by die studie.

18.9.14

Kruie vir kwale: Maagkanker

Laat jong takkies van ’n renosterbos trek in ’n bottel brandewyn. Drink soggens en saans sowat 30 mℓ hiervan. Dit help vir verskeie maagkwale, soos byvoorbeeld maagkanker.

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids