Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

9.7.20

Vratte

Boereraat:

Verf die vratjie met kleurlose naellak.

♦♦♦

Neem ’n stukkie watte, doop dit in asyn en benat die vratjie daarmee drie maal per dag.

♦♦♦

Sny ’n aartappel in die helfte en vryf dit oor die vrat.

♦♦♦

Sny ’n ui in die helfte en vryf dit oor die vrat.

♦♦♦

Maak ’n stukkie houtskool fyn en meng met vars room tot ’n pap. Smeer aan die vrat 2 maal per dag.

♦♦♦




Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

6.7.20

Alkohol, gewigsverlies en diabetes

Navorsing aan die University of Pennsylvania School of Nursing (Penn Nursing) dui daarop dat alkoholverbruik gewigsverlies oor die langtermyn by volwassenes met tipe 2-diabetes negatief kan beïnvloed. Meer as 5000 mense is oor ’n periode van vier jaar betrek by die studie. Hulle het bevind dat die gereelde gebruik van groot hoeveelhede alkohol gewigsverlies bemoeilik.

29.6.20

Beenbreuke en ontwrigtings

Die bene is deel van die skeletstelsel. Dit bestaan normaalweg uit 206 aparte bene. Sommige mense het bykomende bene in hul duime of groottone. Hierdie ekstra bene word sesambeentjies genoem. Sommige mense het ook ’n paar bykomende (dertiende) ribbes. Babas het meer as 300 bene – hulle smelt later saam.

Waar die bene bymekaarkom kry ons ’n gewrig. Die meeste gewrigte word met koorde of bande (genoem ligamente) bymekaar gehou.

Die grootste been is die dybeen (femur). Die kleinste been is die stiebeuel (stapes) in die middeloor.

Volg die onderstaande skakels vir meer inligting oor algemene beenbreuke en ontwrigtings.

Beenfrakture
Die algemene behandeling van frakture
Dislokasie / Ontwrigting van bene
Frakture
Frakture van die ribbes en borsbeen
Fraktuur van die onderkaak
Fraktuur van die wangbeen en bokaak
Heup- en dybeen frakture
Skouerontwrigting
Sleutelbeenfrakture
Vergruising
Verskuifde kniekraakbeen / sluitknie
Verskuifde tussenwerwelskyf
Verstuiting

22.6.20

Hepatitis E

Hepatitis E is ’n infeksie van die lewer. Soos hepatitis A word die virus gewoonlik oorgedra deur besmette voedsel en water.

Gewoonlik herstel mense volkome en spontaan binne 4 tot 8 weke sonder enige spesifieke behandeling, maar dit kan maande duur voordat jy weer 100% voel. Daar is geen behandeling vir vir hepatitis E nie.

15.6.20

Wat is hik?

’n Hik word veroorsaak deur ’n herhalende, onwillekeurige vinnige sametrekking van die diafragma. Lug word vinnig ingetrek en die stembande klap vinnig toe. Dit veroorsaak die klank wat ons hoor.

'n Hikaanval duur gewoonlik nie langer as ’n paar minute nie en is gewoonlik nie veel meer as ’n irritasie nie.

Daar is natuurlik die storie van die Amerikaanse boer Charles Osborne (1894-1991). Hy het in 1922 begin hik toe hy ’n swaar vark opgetel het. Hy het aanvanklik 40 keer per minuut gehik. Dit het later afgeneem na 20 keer per minuut. Net as hy slaap het sy hik opgehou. Sy hik het vir 68 jaar lank aangehou, tot 1990, ’n jaar voor sy dood.

Hoe stop jy ’n hik?

Kruie vir kwale: Hik

8.6.20

Vergiftiging deur medikasie - onderdrukmiddels

Vergiftiging deur medikasie vind gewoonlik plaas as gevolg van ’n toevallige oordosis of die misbruik van medikasie. Barbiturate is ’n voorbeeld van ’n verdowingsmiddel wat gereeld misbruik word.

Simptome en tekens
• Die vel sal koud en klam voel.
• Swak en vinnige pols.
• Moontlike bewusteloosheid.

Behandeling
Volg die algemene behandeling vir vergiftiging. Sorg dat die persoon sodra moontlik by ’n hospitaal kom.

1.6.20

Meer water verminder jou kanse op blaasinfeksie

’n Ekstra 1,5 liter water per dag kan ’n vrou se kanse op blaasinfeksie met 48% verminder. Meer as die helfte van alle vroue kla gereeld van blaasinfeksie.

Navorsers vermoed dat die water die vermoë van bakterieë om aan die blaas te heg verminder en dus die bakterieë in die blaas verminder. Aangesien hierdie infeksies tipies met antibiotika behandel word, kan die ekstra vloeistof die gebruik van antibiotika help verminder en sodoende antibiotiese weerstandigheid help beheer.

Simptome vir akute, ongekompliseerde sistitis, ’n soort urienweginfeksie, is pynlike, of probleme met, urinering, ’n gevoel van ’n vol blaas, ’n dringendheid of frekwensie van urinering, sagtheid in die onderbuik, en moontlik bloed in die urine.

Van die wêreld se voorste uroloë was by die studie betrokke wat gepubliseer is in die joernaal JAMA Internal Medicine.