Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

16.2.15

Jou asem kan dalk longkanker verklap

Die temperatuur van jou asem wanneer jy uitasem kan moontlik gebruik word om longkanker te diagnoseer.

Verskeie navorsingspanne ondersoek reeds ’n geruime tyd die gebruik van jou asem in die diagnose van verskeie tipes kanker. Daar is nou bevind dat persone met longkanker se asem ’n hoër temperatuur het as ander mense. Die temperatuur verander ook na gelag van die aantal jare wat die persoon gerook het en die stadium waarop die kanker ontwikkel het.

Die toets is glo baie akkuraat en vergemaklik die diagnose van longkanker.

11.2.15

Ontploffings

Ontploffings kan veroorsaak word deur bomme of indien daar ’n vlam of elektrostatiese ontlading is op ’n plek waar ’n plofbare gas versamel. Wees bedag daarop dat ontploffings ook inwendige skade aan die longe en ander organe kan veroorsaak.

Simptome en tekens:

• Dieselfde simptome van versmoring
• Skuimerige bloedbevlekte spoeg
• Angstigheid
• Bloeding in die oor
• Dieselfde simptome van skok

10.2.15

Man se rookgewoonte kan nadelig wees vir toekomstige kinders

Daar is onlangse navorsing wat daarop dui dat indien ’n man rook, die die risiko groter is dat enige kinders wat hy in die toekoms verwek asma sal hê.

Daar is al heelwat studies met diere gedoen wat al hoe meer daarop dui dat enge nadelige blootstellings waaraan ’n man onderwerp word, gevolge het vir die kinders wat hy in die toekoms kan verwek.

Die navorsing is gedoen aan die Universiteit van Noorweë.

4.2.15

Noodhulp: Buikdrukking vir baba’s wat verstik

Plaas die baba op ’n stewige oppervlak met die kop in die ooplugweg-posisie. Plaas jou wysvinger en die lang vinger saam op die bobuik tussen die naeltjie en die borsbeen en druk met ’n vinnige voorwaartse en afwaartse beweging. Herhaal tot vier keer indien nodig. Elke druk moet net hard genoeg wees om die versperring los te maak.

3.2.15

Posisie van liggaamsvet kan risiko vir hoë bloeddruk verhoog

Persone met baie vet om hulle maag se kanse op hoë bloeddruk as diegene met vet elders op die liggaam.

Dit is algemeen bekend dat vetsug 'n bekende risikofaktor vir hipertensie, of hoë bloeddruk, en dat die ligging van vet op 'n persoon se liggaam kan lei tot 'n verhoogde risiko vir ander gesondheidsprobleme soos hartsiektes en kanker.

Navorsing gepubliseer in die Journal of the American College of Cardiology het die verband tussen die posisie van liggaamsvet en hoë bloeddruk bevestig. Dit het ook aangedui dat ’n oormaat vet om die niere ook geneig is om hoë bloeddruk te veroorsaak.

2.2.15

Prostaatkanker en tamaties

Mans wat meer as 10 porsies tamaties per week eet het ’n laer risiko vir prostaatkanker.

Prostaatkanker is die tweede mees algemene kanker onder mans wêreldwyd.

Die Universiteite van Bristol, Cambridge en Oxford het amper 14 000 mans se diëte nagegaan vir die navorsing wat tot hierdie bevinding gekom het.

Die studie is gepubliseer in die joernaal Cancer Epidemiology, Biomarkers and Prevention.