Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Diabetes. Show all posts
Showing posts with label Diabetes. Show all posts

2.6.14

Gaskoeldrank en suiker het dalk ’n negatiewe uitwerking op die niere

Verskeie onlangse studies dui daarop dat gaskoeldrank en suiker ’n negatiewe uitwerking het op die gesondheid van jou niere.

In een studie is bevind dat twee gaskoeldranke per dag kan lei tot ’n toestand wat gekenmerk word deur die verhoogde uitskeiding van proteïene in die uriene - algemeen kenmerkend van nierprobleme.

In die ander studie het navorsers vasgestel dat die matige gebruik van suiker die niere se vermoë om die liggaam se soutbalans te help handhaaf nadelig beïnvloed. Dit veroorsaak dat die selle in die niere meer sout absorbeer as wat dit moet. Dié bevinding kan dalk help verduidelik hoekom sekere versoeters bydra tot die ontwikkeling van diabetes, nierprobleme en hoë bloeddruk.



Meer inligting:
Soft Drink Intake and Prediction of Proteinuria: A Retrospective Cohort Study. (Ekstrak 2458) Chronic Consumption of Fructose Increases Proximal Tubular Transport by Enhancing the Sensitivity to Angiotensin II. (Ekstrak 3955)

19.5.14

Diabetes en swangerskap

Kenners meen al lank dat diabetes in swanger vroue nie altyd opgetel word nie. Nuwe riglyne gepubliseer in die Journal of Clinical Endocrinology and Metabolism beveel aan dat swanger vroue ’n toets vir diabetes ondergaan met hul eerste besoek aan die dokter wanneer hulle besef of vermoed hulle is swanger.

Diabetes kan nadelig wees vir beide die ma en haar fetus. Om beide gesond te hou is dit belangrik dat die toets sodra moontlik gedoen word.

Soveel as een uit elke vyf vroue ontwikkel ’n tipe diabetes wat met swangerskap verband hou. Die gevolg hiervan is normaalweg ’n abnormale groot baba.

Die nuwe riglyne beveel ook aan dat vroue wat oorgewig is probeer om gewig te verloor voor hulle swanger raak.



foto: David Roseborough

24.3.14

Oefening so goed soos baie medikasie

Navorsers van onder andere Harvard en Stanford het onlangs in ’n persverklaring gevra vir meer navorsing in oefening as ’n alternatief tot sekere medikasie. Dié groep het in ’n studie ondersoek ingestel na die uitwerking van oefening op die sekondêre voorkoming van koronêre hartsiekte, die herstel van ’n beroerte, die behandeling van hartversaking en die voorkoming van diabetes.

Wat die voorkoming van koronêre hartsiekte en diabetes betref kon hulle geen beduidende verskil vind tussen die uitwerking van oefening en medikasie nie.

Hulle het bevind dat diegene wat herstel van beroerte meer suksesvol is deur oefening te gebruik in plaas van medikasie. Vir hartversaking was medikasie meer suksesvol.


(foto Nevit Dilmen)

23.9.13

Westerse dieet nie goed vir jou nie

'n Nuwe studie dui (weereens) daarop dat die tipiese Westerse dieet nie nie goed is vir ons nie. By die Westerse dieet word ingesluit gebraai voedsel, versoete voedsel, geprosesseerde vleis, rooivleis, verfynde graan en suiwelprodukte met ’n hoë vetinhoud.

Die studie het spesifiek gekyk hoe so 'n dieet uiteindelik bepaal hoe oud jy word en die invloed daarvan in sekere chroniese siektes, soos byvoorbeeld hartprobleme en diabetes. Meer as 5 000 mans en vrouens is vanaf 1985 tot 2009 bestudeer hiervoor.

Afgesien van die gevare van 'n Westerse dieet, moet mens ook daarop let dat oefening deesdae as dié belangrikste deel van enige dieet beskou word.

(Die studie is gepubliseer in The American Journal of Medicine van Mei 2013.)

5.9.11

Dooie See goed vir diabete

Slegs 20 minute se ronddryf in die Dooie See kan diabete help om hul bloedsuikervlakke verlaag, het ‘n nuwe Israelse studie bevind.

Swem in Dooie See goed vir diabete

20.2.09

Mites oor diabetes

Daar is ongelooflik baie mites bestaan oor Diabetes en die publiek het oor die algemeen 'n vae beeld het oor wat diabetes is.

Diabetes word grootliks in twee breë kategorieë ingedeel. Tipe 1 voorheen bekend as insulien afhanklike diabetes en Tipe 2 diabetes voorheen bekend as nie-insulien afhanklike diabetes of volwasse insulien (Adult onset diabetes).

5-10% van alle diabete is Tipe 1 en die res is Tipe 2. Daar is ook ander tipe diabetes onder andere swangerskap diabetes, LADA (Latente outoimuun diabetes in Volwassenes), Mody (Maturity onset diabetes of the young – volwasse aanvangsdiabetes ), Diabetes Insipidus (wat nie werklik diabetes is nie, maar 'n onvermoë van die liggaam om vloeistof te hanteer)

Ek nooi almal uit om na my blog te gaan kyk. Dit handel oor diabetes. Ek gaan probeer om weekliks iets anders te bespreek wat handel oor diabetes - hetsy Tipe 1 of 'n ander tipe.

Groete
Riette

27.1.09

Diabetes / Suikersiekte

Twee basiese tipes diabetes word aangetref, naamlik diabetes insipidus en diabetes mellitus.

Diabetes mellitus ontstaan as gevolg van insulien in die pankreas. Insulien is nodig sodat glukose, wat die liggaam se bron van energie is, aangewend kan word. Glukosevlakke word deur insulien binne veilige perke gehou, en daarom kan die bloedglukosevlakke van lyers gevaarlik hoog raak.

Soek onmiddelik mediese hulp. Diabetes is dodelik en kan slegs deur dokters behandel word.