Navorsers van onder andere Harvard en Stanford het onlangs in ’n persverklaring gevra vir meer navorsing in oefening as ’n alternatief tot sekere medikasie. Dié groep het in ’n studie ondersoek ingestel na die uitwerking van oefening op die sekondêre voorkoming van koronêre hartsiekte, die herstel van ’n beroerte, die behandeling van hartversaking en die voorkoming van diabetes.
Wat die voorkoming van koronêre hartsiekte en diabetes betref kon hulle geen beduidende verskil vind tussen die uitwerking van oefening en medikasie nie.
Hulle het bevind dat diegene wat herstel van beroerte meer suksesvol is deur oefening te gebruik in plaas van medikasie. Vir hartversaking was medikasie meer suksesvol.
(foto Nevit Dilmen)
Mediese inligting en boererate in Afrikaans - Ons bly op hoogte van die jongste navorsing oor 157 plante in wetenskaplike joernale ter ondersteuning van primêre gesondheidsorg.
24.3.14
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)


No comments :
Post a Comment