Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



13.4.10

Hartsiektes

Die hart versprei lewensbelangrike suurstof en voedingstowwe deur die liggaam.

Om reg te funksioneer het die hart suurstof nodig. Die hart kry hierdie suurstof vanaf die koronêre arterieë (kroonslagare).

Daar is verskeie hartsiektes wat wissel van abnormaliteite van die hart tot die aanpak van die kroonslagare.

Die grootste oorsaak van sterftes veroorsaak deur hartsiektes in die Westerse wêreld is die aanpak van weefsel in die koronêre arterieë. Die arterieë vernou in die proses en die hart ontvang nie meer die nodige suurstof nie. Pyn en hartaanvalle is die gevolg van die vernouing van die are.

Daar is verskillende soorte medikasie om hartsiektes te behandel. Ander behandelings sluit in chirurgie.

Kontak dadelik jou dokter indien jy vermoed jy ly aan 'n hartsiekte.

1 comment :

  1. Hi

    My ma van 75 moes gister 'n knievervanging operasie ontvang. Met die toediening van spinaal/epiduraal het sy 'n hartstilstand gekry. Internis verduidelik dat dit na bo gegaan het i.p.v na onder. Hoe gebeur so iets? Sy is nou nog ICU en baie bekommerd! Sy ontvang nog andranelien. Was gestel op 15, maar nou 8. Sy is baie moeg. Is dit nalatigheid? Ek sal bly wees as u aan my kan verduidelik?

    ReplyDelete