Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



4.10.21

Dieet ryk aan bloubessies bied baie voordele

Verskeie studies opgeneem in Journals of Gerontology, Series A: Biological Sciences and Medical Sciences toon dat ’n dieet ryk aan bloubessies verskeie voordele inhou.

Daar is reeds verskeie kere bevind dat bloubessies meer antioksidante bevat as ander gewilde vrugte. Boonop het dit anti-inflammatoriese eienskappe.

Een van die onlangse studies het bevind dat ’n koppie bloubessies per dag die bloedsomloop kan verbeter en dat dit sistoliese bloeddruk verminder.

’n Ander studie het bevind dat dit kan help om die geheue van ouer mense te verbeter en selfs van nut kan wees vir kinders met kognitiewe probleme.

27.9.21

Dhobie-jeuk / Tinea cruris

Die Dhobie-jeuk kom gewoonlik voor op die been, veral in die lies. Dis basies ’n omloop op die been, maar kan ook na die skrotum versprei.

Dit kan nogal erg jeuk. Mense wat die Dhobie-jeuk kry is ook geneig om atleetvoet te kry.



(foto: Robert Gascoin)

23.9.21

Kruie vir kwale: Nekpyn

Hou ’n bedekte warmwatersak teen die pynlike deel. Probeer klein bewegings uitvoer met jou nek van tyd tot tyd.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

20.9.21

Van fagosiet tot fyt

Boererate.com het die F-afdeling van die Mediese Woordeboek en Gids voltooi.

Daar is inskrywings van A tot Z in die lys wat deurlopend bygewerk word. A tot F is voorlopig voltooi.

Behalwe mediese terme is daar ook skakels wat lei na natuurlike middels.

Gebruik van hierdie Afrikaanse naslaanbron is gratis.

Boererate.com het ook ’n handige Kruiegids wat verskeie kwale kan help genees en handige inligting oor Noodhulp.

’n Fagosiet is ’n sel wat in staat is om soliede partikels op te neem. Fyt is ’n pynlike verswering in die voorste lit van ’n vinger.

13.9.21

Nekpyn

Effense pyn in of styfheid van nekspiere word gewoonlik veroorsaak deur te lank in een posisie sit of lê, koue of spanning. Dit kan egter ook veroorsaak word deur ’n fisiese besering of virussiekte.

Simptome en tekens
Pyn in die nek wat deur beweging vererger word.

Behandeling
1. Hou ’n bedekte warmwatersak teen die pynlike deel. Probeer klein bewegings uitvoer met jou nek van tyd tot tyd.
Indien die simptome voortduur of daar ook swelsel, naarheid en/of vomering is, ’n verlies aan bewussyn of opsigtelike skade, moet die persoon mediese hulp kry.

6.9.21

Vat jou neute bed toe

Navorsers aan die menslike voedingseenheid van die Universitat Rovira i Virgili (Tarragona/Spanje) het bevind dat die inname van 60 gram neute per dag seksuele funksie verbeter.

In ’n vorige studie het dieselfde navorsingsgroep beskryf hoe sekere neute (okkerneute, haselneute en amandels) spermkwaliteit verbeter.

Die studie is gepubliseer in die joernaal Nutrients.

30.8.21

Voorbehoedmiddels

Gesels met ‘n gesondheidswerker oor watter voorbehoedmiddel die beste by jou lewenstyl pas.

Die volgende metodes voorkom ongewenste swangerskappe. Gebruik ‘n nuwe kondoom elke keer wanneer jy seks het om jouself teen seksueel oordraagbare siektes soos VIGS te beskerm. Manlike en vroulike kondome is beskikbaar.

1. Die Inplanting voorkom swangerskap vir 3 jaar of 5 jaar.
2. Die Pil moet elke dag op dieselfde tyd gedrink word.
3. Die Uteriene Toestel (word in baarmoeder geplaas) is effektief vir tien jaar en word verwyder wanneer jy swanger wil word.
4. Wanneer jy die Inspuiting neem weet niemand dat jy gesinsbeplanning metodes gebruik nie.
5. Nood voorbehoed moet so gou as moontlik na onbeskermde seks en definitief binne 5 dae gebruik word.
6. Mans en vroue kan gesteriliseer word as hulle nie meer kinders wil hê nie.

Voorbehoedmiddels is gratis by Suid-Afrikaanse klinieke beskikbaar.