Verskeie studies opgeneem in Journals of Gerontology, Series A: Biological Sciences and Medical Sciences toon dat ’n dieet ryk aan bloubessies verskeie voordele inhou.
Daar is reeds verskeie kere bevind dat bloubessies meer antioksidante bevat as ander gewilde vrugte. Boonop het dit anti-inflammatoriese eienskappe.
Een van die onlangse studies het bevind dat ’n koppie bloubessies per dag die bloedsomloop kan verbeter en dat dit sistoliese bloeddruk verminder.
’n Ander studie het bevind dat dit kan help om die geheue van ouer mense te verbeter en selfs van nut kan wees vir kinders met kognitiewe probleme.
Mediese inligting en boererate in Afrikaans - Ons bly op hoogte van die jongste navorsing oor 148 plante in wetenskaplike joernale ter ondersteuning van primêre gesondheidsorg.
4.10.21
Dieet ryk aan bloubessies bied baie voordele
Etikette:
Bloedsomloop
,
Demensie
,
Hoë bloeddruk
,
Inflammasie
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)


No comments :
Post a Comment