Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



12.4.17

Histerie

Histerie word gewoonlik veroorsaak deur ’n oorreaksie op iets ontstellends of deur spanning. Dit word waarskynlik vererger deur die aanwesigheid van omstanders.

Simptome en tekens
• Verlies van beheer oor gedrag wat gepaard gaan met ’n dramatiese reaksie soos ’n gegil, geskree, gehuil en wilde bewegings van die ledemate.
• Hiperventilasie
• Die persoon kan dalk nie beweeg nie en/of snaaks loop na afloop van die episode.

Isoleer die persoon van omstanders en help hulle saggies maar ferm om te kalmeer en beheer te herwin.

5.4.17

Doofheid

Doofheid kom gereeld voor weens die gebrekkige ontwikkeling van die dele van die oor of die wisselwerking met die brein. Daar kan egter ook ander oorsake wees.

Doofheid kan ook veroorsaak word deur ’n besering wat oordele, senuwees of die breindeel wat vir gehoor verantwoordelik is beskadig.

Die opbou van oorwas kan ook tot doofheid lei.

Oordele soos die ossikels (gehoorbeentjies) kan mettertyd verhard en dit kan ook tot doofheid lei.

Daar is wel behandeling vir sekere oorsake van doofheid. ’n Gehoorapparaat of kogleêre inplantings kan sekere probleme help bekamp.

29.3.17

Wat om te doen as jou kind die stuipe kry

Die belangrikste is dat jy jou kind beskerm teen beserings en afkoel wannneer hulle stuipe kry. Kry mediese hulp as dit ernstig is.

Hier is wat jy kan doen:

1. Sorg dat daar ’n goeie toevoer vars lug is.
2. Maak enige stywe klere los.
3. Maak die area om die kind skoon.
4. Jy kan die algemene behandeling soos vir ’n bewustelose persoon toepas.
5. Koel die kind af deur beddegoed of klere te verwyder en dan hom / haar-af te spoel met ’n spons en louwarm water. Begin by die kop en werk afwaarts. Moet egter nie die kind te koud laat word nie.
6. Kry mediese hulp.

28.3.17

C is vir cholangitis

Boererate.com het die C-afdeling van die Mediese Woordeboek en Gids voltooi.

Daar is inskrywings van A tot Z in die lys wat deurlopend bygewerk word. A tot C is voorlopig voltooi.

Behalwe mediese terme is daar ook skakels wat lei na natuurlike middels.

Gebruik van hierdie Afrikaanse naslaanbron is gratis.

Boererate.com het ook ’n handige Kruiegids wat verskeie kwale kan help genees en handige inligting oor Noodhulp.

Ps. Cholangitis is die ontsteking van die galbuise.

24.3.17

Is seks goed vir ouer mense?

Gereelde genotvolle seks vir ouer mans hou die risiko in vir hartaanvalle en ander kardiovaskulêre probleme. Vir ouer vroue is goeie seks ’n gesondheidsvoordeel kan die risiko van hoë bloeddruk verlaag. Dit is volgens die eerste grootskaalse studie van hoe seks ouer persone se hart gesondheid beïnvloed.

lees meer oor seks en ouer mense ...

(via Seks101)

22.3.17

Middeloorontsteking

Middeloorontsteking is normaalweg die gevolg van ’n bakteriese of virale infeksie wat vloeistof in die middeloor agter laat opbou. Dit is die area agter die oordrom wat ontsteek. Dit kom algemeen voor by kinders.

Behandeling van die ontsteking is gewoonlik met antibiotika. Dit moet dus deur jou dokter gediagnoseer word.

In gevalle waar middeloorontsteking gereeld voorkom kan die dokter die inplanting van dreineringsbuise (grommets) voorstel. Dit is ’n eenvoudige prosedure en die pasiënt verlaat dieselfde dag nog die hospitaal.

20.3.17

Een eier per dag kan jou kanse op ’n beroerte verminder

’n Studie wat einde verlede jaar gepubliseer is, dui daarop dat een eier per dag voordele inhou vir jou gesondheid.

Nie net is eiers ’n bekostigbare bron van proteïene nie, maar deur gereeld ’n eier te eet verlaag jou kanse om ’n beroerte aanval te kry.

Een groot eier bevat tot 6 gram proteïene, antioksidante en vitamiene A, D en E. Hierdie kombinasie help om jou bloeddruk te verlaag.

Let net op hoe jy jou eiers gaarmaak. Te veel botter of olie maak dit minder voordelig.

(Die studie is gepubliseer in die Journal of the American College of Nutrition.)