Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



12.7.16

Mishandel, misbruik, misken

Amor van der Westhuyzen, dogter van die berugte Joey Haarhoff wat saam met die pedofiel Gert van Rooyen ses jong meisies ontvoer het, se kinderjare was ’n riller.

Joey het haar enigste dogter fisiek, verbaal en emosioneel mishandel, toegelaat dat Amor se eie pa haar seksueel misbruik en haar geheel en al as mens misken. Joey het as beheervraat vir dekades haar dogter se lewe gemanipuleer en oorheers.

Selfs jare nà Joey se dood moes Amor nog ly as gevolg van haar ma se dade.

Maar sy het die trauma danksy pure vasberadenheid oorleef. Amor is ’n diep gelowige mens wat die siklus van haat en geweld stopgesit het. Sy wil hoop gee aan ander vroue wat deur hul naastes verniel is.

Mishandel, misbruik, misken is ook in Engels beskikbaar as Battered, abused, shamed.


Mishandel, misbruik, misken / Carla van der Spuy -- Lapa, sagteband. -- ISBN 9780799379594

Mishandel, misbruik, misken,
Bettie Blom,
12 Julie 2016.

2

11.7.16

Baba-nabootsers leer kinders swangerskap is g’n grap

Dié lewensgrootte baba-nabootsers verteenwoordig verskillende gesondheidsprobleme onder meer babas wat gebore is met fetale alkohol sindroom (FAS) of babas wat breinskade opdoen omdat hulle erg geskud word. Die nabootsers word gebruik in ’n program om gr. 7-leerlinge eerstehands te laat ervaar dat dit geen grap is om ’n baba te hê nie.

6.7.16

Behandeling van ’n spinnekopbyt

Die basiese behandeling van ’n spinnekopbyt behels dat jy moet sorg dat die persoon se lugweg oop is en asemhaal. Pas kunsmatige asemhaling toe indien nodig. Maak ook die persoon gemaklik deur hulle in die herstelposisie te plaas – indien hulle nie hulp nodig het met asemhaling nie.

Sorg dat die persoon so gou moontlik by ’n hospitaal kom. Hospitale het normaalweg die nodige teengif.

22.6.16

Behandeling van ’n haaislagoffer

Die belangrikste faktor vir die oorlewing van ’n slagoffer van ’n haaiaanval is doeltreffende noodbehandeling op die strand.

Die persoon moet so min as moontlik beweeg word. Na verwydering uit die water moet die persoon net buite bereik van die golwe neergelê word – nie verder nie.

Beheer die bloeding en behandel die persoon vir skok. Neem dan die persoon na ’n hospitaal.

20.6.16

Bekostigbare, natuurlike medikasie

Ons het jou hulp nodig in die ontwikkeling van bekostigbare, natuurlike medikasie vir Suid-Afrikaners. Beantwoord die 6 eenvoudige vrae. Geen persoonlike inligting wat jou kan identifiseer word ingesamel nie. Ons stel net belang in jou opinie.

Create your own user feedback survey

15.6.16

Haaiaanval

Baie slagoffers van haaiaanvalle sterf weens swak eerstehulpbehandeling; soms met relatief klein beserings.

Die wesenlike probleem van ’n haaibyt is bloeding en ernstige skok.

Die bloeding moet sodra moontlik beheer word deurdruk toe te pas. Die persoon moet ook dadelik vir skok behandel word. Daarna sorg jy dat die persoon by die hospitaal kom.

14.6.16

Kruie vir kwale: Nierstene

Drink af en toe ’n boegoetjie (boegoe op brandewyn getrek).

♦♦♦

Breek die nuwe groeipunte van die takkies van ’n renosterbos af. Jy het omtrent ’n handvol nodig. Die ander bestanddeel is jong blaartjies van ’n wilgerboom, ook ’n handvol. Laat dit trek in ’n bottel brandewyn. Neem soggens en saans 50 mℓ hiervan.

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids