Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



17.2.16

Borskas- en rugwonde

Borskas- en rugwonde word gewoonlik veroorsaak deur ’n skerp voorwerp wat die liggaam penetreer, byvoorbeeld ’n mes of ’n koeël. Dit kan ook veroorsaak word deur ribbes wat van binnedeur die vel geforseer word.

Tydens hierdie beserings val die long aan die beseerde kant plat, selfs al is dit nie beseer nie. Lug in die borskas belemmer die werking van die gesonde long. Die persoon kan dan te min suurstof kry en versmoor.

Simptome en tekens
 Pyn in die borskas.
 Moeilike asemhaling.
 Blouheid van die mond, naels en vel.
 Helderrooi skuimerige bloed word uitgehoes indien ’n long beseer is.
 Die geluid van lug wat in die borskas ingesuig word, kan gehoor word wanneer die persoon inasem.
 Bloederige vloeistof borrel uit die wond as die persoon uitasem.
 Simptome en tekens van skok is sigbaar.

Probeer die wond seël en die persoon sodra moontlik by die hospitaal kry.

15.2.16

Boererate

As jong seun het Danie Smuts met ’n blikkie agter vee in die veld aangeloop om kuttels te versamel vir ’n konkoksie om maselspasiënte se simptome te verlig. Min het hy toe geweet dat hy eendag die legendariese aanbieder van ’n gewilde Springbok Radio-program sou word waarin die volk kure vir allerlei kwinte en kwale deel.

Toe Boererate – ’n keur van die tradisionele advies wat luisteraars oor die jare vir Smuts se radioprogram ingestuur het – in 1989 verskyn, was dit onmiddellik ’n treffer. Sedertdien het dié besonderse boek uit sirkulasie verdwyn, maar die aanvraag daarvoor nie.

’n Byna vergete era in die Afrikaanse kultuurgeskiedenis word in herinnering geroep deur dié vreemdsoortige en dikwels skreeusnaakse wenke. Die volgende stappe word byvoorbeeld aanbeveel om griep te bekamp:

1.) Plaas ’n bottel whiskey en ’n glas saam met ’n brandende kers langs jou bed.

2.) Klim in die bed, maak seker jy lê onder baie komberse, en begin geleidelik aan die whiskey teug.

3.) Sodra jy twee kerse sien, sit die glas neer, plaas die prop terug op die whiskey-bottel, blaas al twee kerse dood en gaan slaap.

Maar wees gewaarsku: Dat die griep binne 24 uur sal verdwyn, word gewaarborg, maar jy mag dalk ’n hoofpyn oorhou.

Boererate se oorsprong word teruggevoer na verskillende bronne: waarnemings, eerstehandse ondervinding, mites, godsdiens en selfs toorkuns. Behandeling gaan dikwels gepaard met die uitvoer van komieklike rituele.

Tussen die mediese advies is daar ook handige raad oor sake op die plaaswerf: hoe om ’n troeteldier se vel te laat blink, aartappelsteggies lank vars te hou, van lastige miere ontslae te raak, en nog baie meer.

Boererate bied onontbeerlike pitkos vir geskiedenis-liefhebbers en is ’n nostalgiese terugblik op ’n kosbare stukkie Afrikaner-erfenis.

10.2.16

Die behandeling van buikwonde

1. Beheer bloeding deur die randte van die wond teen mekaar te druk.

2. Plaas die persoon in ’n halfsittende posisie met die knieë opgetrek om te verhoed dat die wond gaap en druk op die wond te verlig. Ondersteun die skouers en knieë.

3. Plaas ’n wondbedekking op die wond en hou dit in plek met ’n verband.

4. Indien die persoon bewusteloos raak maar normaal asemhaal, ondersteun die buik en plaas die persoon in die herstelposisie.

5. Indien die asemhaling of hartklop ophou, begin met resussitasie.

6. Behandel die persoon ook vir skok.

7. Toets die asemhaling en pols elke 10 minute. Kyk ook vir enige tekens van inwendige bloeding.

8. Indien die persoon hoes of opgooi, ondersteun die buik deur liggies op die wondbedekking te druk om te keer dat die ingewande uitpeul.

9. Die persoon moet sodra moontlik by ’n hospitaal kom. Verkieslik op ’n draagbaar.

10. MOET NIE die persoon enigiets deur die mond ingee nie.

8.2.16

Vis goed vir ongebore baba se brein

Japanese navorsers het bewyse gekry vir die verband wat daar bestaan tussen die inname van vis tydens swangerskap en die toestand van die ongebore baba se brein.

Vetsure soos omega-6 en omega-3 is noodsaaklike voedingstowwe vir baie diere en mense. Die navorsers het bevind dat 'n gebalanseerde inname deur swanger vroue van lipiede wat dié vetsure bevat is nodig vir die normale vorming van die brein van die ongebore kind.

Baie van ons kry genoeg omega-6 vetsure in deur saad-olies, maar nie omega-3 wat van vis afkomstig is nie.

3.2.16

Buikwonde

’n Diep wond aan die buikwand is ernstig, nie net weens uitwendige bloeding nie, maar ook omdat onderliggende organe gesteek of geskeur kan wees. Albei kan tot ernstige inwendige bloeding en infeksie lei. Ingewande kan ook by die wond uitpeul.

Simptome en tekens

o Algemene buikpyn.
o Bloeding en wonde aan die buik.
o Ingewande kan in die wond sigbaar wees of by die wond uitpeul.
o Simptome en tekens van skok.

Beperk infeksie, beheer bloeding en verhoed dat die ingewande uitpeul. Kry die persoon sodra moontlik by ’n hospitaal.

1.2.16

Klein verswakking in lewerfunksie kan hart en are beskadig

Nuwe navorsing het ’n verband gevind tussen die afname in lewerfunksie en die verswakking van die hart en sekere are.

Volgens Britse navorsers is dit veral die linker hartkamer wat geaffekteer word.