Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



28.4.15

’n Verband tussen swak gesondheid en swak sperm

’n Studie van meer as 9 000 mans met vrugbaarheidsprobleme het bevind daar is 'n sterk moontlikheid dat die man ander gesondheidsprobleme onder lede het.

Daar is ook bevind dat sekere mediese toestande, soos hoë bloeddruk, algemeen onder hierdie mans is.

Omtrent 15% van alle paartjies sukkel om swanger te raak. In die helfte van die gevalle is dit as gevolg van die kwaliteit van die man se sperm.

23.4.15

Kruie vir kwale: Swaminfeksie

Teeboom-olie (tea tree oil) help vir swaminfeksies. Gooi 'n paar druppels in jou badwater.

♦♦♦

Laventel-olie help vir swaminfeksies. Gooi 'n paar druppels in jou badwater.

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

22.4.15

Snywond

’n Snywond word as ’n oop wond geklassifiseer. ’n Mes, skeermes of ’n papierrand kan ’n snywond veroorsaak. Hierdie tipe wonde kan erg bloei.

21.4.15

Oorgewig, vetsug en kanker

Oorgewig en vetsug dra jaarliks by tot 3.6% van alle kankersoorte wêreldwyd onder volwassenes. In meer ontwikkelde lande is hierdie persentasie so hoog soos 64%.

Die probleem is heelwat groter by vrouens as mans, as gevolg van kanker geassosieer met die baarmoeder en borskanker.

(Bron: International Agency for Research on Cancer)

20.4.15

Borrie met ontbyt help die geheue

Net 1 gram borrie saam met ontbyt help om die geheue te verbeter van persone wat in die vroeë fase van die ontwikkeling van diabetes is. Dit is die bevinding van ’n studie gepubliseer in die Asia Pacific Journal of Clinical Nutrition.

Dit is al bewys dat borrie ook help om die risiko vir demensie te beperk en inflammasie in die liggaam bekamp.

16.4.15

Kruie vir kwale: Kopluise

Teeboom-olie (tea tree oil) help vir kopluise. Wanneer jy jou hare was, gooi 1 druppel olie by elke 15 ml sjampoe in jou hand. Masseer stadig in jou kopvel in. Indien jou hare gekleur is of ’n chemiese behandeling ondergaan het, is dit beter om eers ’n klein area met hare te toets.

♦♦♦

Roosmaryn-olie help vir kopluise. Wanneer jy jou hare was, gooi 1 druppel olie by elke 15 ml sjampoe in jou hand. Masseer stadig in jou kopvel in. Indien jou hare gekleur is of ’n chemiese behandeling ondergaan het, is dit beter om eers ’n klein area met hare te toets.

♦♦♦

Kruisement-olie help vir kopluise. Wanneer jy jou hare was, gooi 1 druppel olie by elke 15 ml sjampoe in jou hand. Masseer stadig in jou kopvel in. Indien jou hare gekleur is of ’n chemiese behandeling ondergaan het, is dit beter om eers ’n klein area met hare te toets.

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

14.4.15

Rook en pyn

‘n Studie studie het bevind dat rokers drie keer meer geneig is as nie-rokers om chroniese rugpyn te ontwikkel. As jy staak met die gewoonte verminder jy jou kanse drasties om die verlammende toestand te ontwikkel.

Dit is die eerste bewyse dat daar ’n verband is tussen rook en chroniese pyn. Die brein is hier betrokke, meer spesifiek die deel van die brein wat verband hou met die verslawing en beloning. Dit dui ook op ’n moontlike verband tussen enige verslawing en pyn.

Medikasie, soos anti-inflammatoriese middels, het wel deelnemers aan die gehelp om pyn te bestuur, maar dit het geen invloed op die werking in die brein gehad nie. In die toekoms kan gedragsingrypings soos rook-programme gebruik word in ’n effektiewe strategie om die breinmeganismes te manipuleer vir die voorkoming en verligting chroniese pyn.