Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Oorgewig. Show all posts
Showing posts with label Oorgewig. Show all posts

13.12.21

Een avokado per dag help om 'slegte' cholesterol te verlaag

Navorsers van Penn State College of Medicine in die VSA het bevind dat een avokado per dag kan help om "slegte cholesterol" te verlaag.

Volgens die navorsers kan slegte cholesterol verwys na beide geoksideerde lae-digtheid lipoproteïen (LDL) en klein, digte LDL deeltjies.

Die het het bevind dat die eet van een avokado per dag geassosieer word met laer vlakke van LDL (spesifiek klein, digte LDL-deeltjies) en geoksideerde LDL by volwassenes met oorgewig of vetsug.

Die navorsing is gepubliseer in die Journal of Nutrition.

21.4.15

Oorgewig, vetsug en kanker

Oorgewig en vetsug dra jaarliks by tot 3.6% van alle kankersoorte wêreldwyd onder volwassenes. In meer ontwikkelde lande is hierdie persentasie so hoog soos 64%.

Die probleem is heelwat groter by vrouens as mans, as gevolg van kanker geassosieer met die baarmoeder en borskanker.

(Bron: International Agency for Research on Cancer)

13.1.15

Fetale blootstelling aan alkohol verbind aan gewigsprobleme

’n Nuwe studie het bevind dat kinders met fetale alkoholsindroom of gedeeltelike fetale alkoholsindroom geneig is om oorgewig te wees tydens adolessensie; sommige selfs ernstig vetsugtig.

Dit is nog nie duidelik of die probleem biologies van aard is en of dit ’n gedragsprobleem is nie; of selfs ’n kombinasie van die twee.

19.8.13

Medikasie help vroue met gewig na hulle ophou rook

Navorsing het getoon dat naltrexone, medikasie wat mans help om op te hou rook, dalk ook vroue help om nie ekstra gewig aan te sit nadat hulle gestaak het nie.

Naltrexone is nie net geskik vir manlike rokers nie, maar ook vir verslawing aan alkohol en heroïen. Dit help nie regtig vir vroulike rokers nie, maar vrouens wat ophou rook kan dit dalk gebruik om hul eetlus in bedwang te hou. Tydens die navorsing het vroue wat naltrexone gebruik het minder as die helfte van die gewig aangesit in vergelyking met die wat dit nie gebruik het nie.

Vrouens wat ophou rook tel in die algemeen meer gewig op as mans wat ophou. Die medikasie kan vrouens help om deur daardie kritieke fase te help wanneer hulle ophou. Dit is dalk moontlik dat dit vroue se hunkering na voedsel met ’n hoë vetinhoud of iets soets blokkeer.

Die navorsing is gepubliseer in Biological Psychiatry.

6.5.13

Vrae oor gewigsprobleme


Tanya du Plooy skryf: "Ek het met die swangerskap van my dogtertjie 45kg opgetel en in die afgelope 3 jaar darem al 20kg daarvan afgeskud. Is daar 'n maklike manier om van die res ontslae te raak?"

Antwoord: Die maklikste manier is 'n gesonde dieet en oefening en nogmaals oefening.



Anna-Maria skryf: "Ek is 'n 39-jarige getroude vrou wat met 'n groot gewigsprobleem sit en ek het nie die gelde om alle duur produkte te koop om te probeer gewig te verloor nie miskien kan julle my raad gee oor hoe ek te werk kan gaan om gewig te verloor. Ek het ook laas jaar die dokter gespreek oor probleme wat ek gehad het met my oë hy het toe aan my gesê ek het Mennier se siekte in my oor hy het toe medikasie voorgeskryf maar dit het net 'n rukkie gewerk nou weet ek nie meer wat om te doen nie. Ek is ook gediagnoseer met hoë bloedruk en drink nou daagliks pille daarvoor.
Ek sukkel baie met geswelde hande en voete en niemand kan vir my sê wat fout is nie, ek sal dit baie waardeur as u miskien vir my raad het oor wat my te doen staan.
Die ander probleeem waarmee ek sukkel is dat ek nagsweet sowel as dagsweet ontwikkel het na my historektimie 3 jaar terug en die kliniek sê net heeltyd dit is normaal kan julle asb vir my sê of dit normaal is of nie.
Dankie dat ek met u kan praat en hoop u kan my help."

Antwoord: Anna-Maria,
Laat ons nou maar eerlik wees. Daar is geen wonderkuur wat geld kan koop wat jou gewigsprobleme gaan oplos nie. Hierdie is 'n leefstylprobleem.
Jou hoë bloeddruk is ook moontlik 'n gevolg van jou gewigsprobleme. Die beste manier om gewig te verloor is 'n gesonde dieet en oefening en nogmaals oefening.
Meeste van ons kom op 'n stadium in ons lewens voor hierdie keuse. Of ons aanvaar die gevolge van ons leefstyl of ons verander dit.
Dit sal ook help vir jou geswelde hande en voete. Lees meer op die blog oor geswelde voete en Ménière-siekte.