Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



25.3.15

Wind-uit

’n Harde hou of stamp op die maag kan jou asemhaling versteur.

Die algemene simptome vir iemand wat wind-uit is:

• Langdurige simptome is soortgelyk aan die van versmoring.
• Moeilik om in te asem.
• Die persoon kan nie praat nie.
• Die persoon hou die boonste deel van die buik vas en buk vooroor.
• Moontlike naarheid en vomering.

24.3.15

Risiko op prostaatkanker verminder deur baie bedmaats

In vergelyking met mans wat net een bedmaat tydens hul leeftyd het, kan seks met meer as 20 vroue jou risiko op prostaatkanker met 28% verminder, aldus ’n studie gepubliseer in Cancer Epidemiology. Maar, meer as 20 manlike bedmaats in 'n mens se leeftyd kan jou kanse op prostaatkanker verdubbel, in vergelyking met diegene wat nog nooit met 'n man geslaap het of met net een man geslaap het.

Mans met prostaatkanker is twee keer meer geneig om ’n familielid met kanker te hê. Maar bewyse dui daarop dat die aantal seksmaats ’n invloed op die ontwikkeling van dié kanker het. Gevolglik, die manne wat gesê het hulle het nog nooit seksuele omgang gehad nie, was byna twee keer geneig om met prostaatkanker gediagnoseer te word as diegene wat sê hulle het.

Wanneer 'n man het gedurende sy leeftyd seks gehad het met meer as 20 vroue is daar 'n vermindering van 28% in die risiko van prostaatkanker (alle vorme), en 'n 19% vermindering vir aggressiewe vorme van kanker. Dit is moontlik dat baie seksmaats 'n hoër frekwensie van ejakulasie tot gevolg het. Die beskermende effek hiervan teen prostaatkanker is al voorheen in studies waargeneem.

Volgens sommige studies is die onderliggende meganisme van hierdie beskermende effek die vermindering van die konsentrasie van stowwe wat kanker veroorsaak in die prostaat vloeistof.

Wat homoseksuele omgang betref dui die data dui daarop dat een manlike maat affekteer nie die risiko van prostaatkanker nie, in vergelyking met diegene wat nog nooit seksuele omgang gehad het met 'n man nie. Aan die ander kant, diegene wat met meer as 20 mans slaap het, is twee keer meer geneig om prostaatkanker te ontwikkel. Die risiko van 'n minder aggressiewe prostaatkanker verhoog met 500% in vergelyking met diegene wat net een manlike maat het.

23.3.15

Verband tussen 'n swak dieet en Parkinson se siekte

Onlangse navorsing op muise dui daarop dat vetsug veroorsaak deur 'n hoë-vet dieet die risiko van die ontwikkeling van Parkinson se siekte verhoog.

Tydens veroudering het 'n hoë-vet dieet die neurologiese simptome, wat verband hou met Parkinson se siekte, aansienlik versnel.

Bykomend tot die negatiewe uitwerking op glukose en insulien regulering in die liggaam kan 'n ongesonde dieet ook skade in die brein veroorsaak. Meer navorsing is nodig om die molekulêre en sellulêre meganismes betrokke te ontbloot.

Vir meer inligting raadpleeg die Journal of Neurochemistry.

18.3.15

Noodhulp: Asma

1. Stel die persoon gerus en probeer hom / haar kalmeer.
2. Laat die persoon sit en dan die arms rus op ’n stut, soos byvoorbeeld ’n tafel.
3. Laat die persoon sy / haar medikasie gebruik indien dit byderhand is.
4. As die simptome voortduur, kry mediese hulp.

17.3.15

Lang werksure affekteer jou gesondheid

Meer as 40 werksure per week is in die verlede reeds gekoppel aan stres en swak gesondheid. Nou het Koreaanse navorsers ook bevind dat dit jou risiko vir hartsiektes aansienlik verhoog.

Navorsing op meer as 8 000 mense het aan die lig gebring dat ’n lang werksweek jou kanse op hartsiektes verhoog in so min as 10 jaar. Werk jy 61 tot 70 uur per week is jou kanse 42%, 71 tot 80 uur 63%, en diegene wat meer as 80 uur per week werk is ’n gevaarlike 94%.

16.3.15

Kraakbeen speel rol in rumatoïede artritis

Australiese navorsers het bevind dat kraakbeen ’n aktiewe rol speel in die vernietiging en veranderinge in gewrigte wat plaasvind met rumatoïede artritis.

Rumatoïede artritis veroorsaak chroniese pyn en inflammasie in gewrigte, soos die aangetref in die hande, voete, knieë en heupe. Oortyd kan dit die kraakbeen in die gewrigte vernietig en die bene in dié areas vernietig.

Volgens die navorsing dra die kraakbeen by tot die inflammasie en dra dit dus aktief by tot rumatoïede artritis.

Op die stadium is daar nog geen effektiewe behandeling vir rumatoïede artritis nie, slegs behandeling wat die aanvang van die siekte vertraag.

11.3.15

Elektriese beserings

’n Elektriese stroom deur die liggaam kan ernstige en soms noodlottige beserings veroorsaak. Dit kan die hart laat stop of ernstige brandwonde veroorsaak.

Moet nooit probeer om ’n ongeval weens elektriese beserings met kaal hande aan te raak voor jy seker is dat daar geen verdere gevaar is nie.

Algemene simptome sluit in:
• Versmoring
• Brandwonde
• Skok