Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



29.12.14

Te veel sout ’n groter gevaar vir diabete

Persone met tipe 2 diabetes wat baie sout inneem se kanse is dubbel die van ander mense om ’n kardiovaskulêre siekte te ontwikkel.

Mense ontwikkel diabetes as daar te veel suiker in hul bloedstroom is. Tipe 2 diabetes ontstaan wanneer die liggaam ’n weerstand ontwikkel teen die hormoon insulien. Insulien vervoer die suiker vanaf die bloed na die liggaamselle.

Kardiovaskulêre siektes, soos hartsiektes, kom meer voor onder diabete, as onder die res van die bevolking. ’n Onlangse studie toon nou duidelik dat persone met tipe 2 diabetes wat baie sout gebruik ’n nog groter kans staan om sulke siektes te ontwikkel.

Die studie is gepubliseer in die Journal of Clinical Endocrinology & Metabolism.

3.12.14

Noodhulp: Verstikking

1. Verwyder enige voorwerpe uit die persoon se mond en moedig hom/haar aan om te hoes.

2. Help die persoon om te buk met die kop laer as die longe. Slaan die persoon vier keer tussen die skouerblaaie met die plathand.

3. Kyk in die mond. Indien die versperring sigbaar is, verwyder dit met jou hand.

4. Herhaal hou op rug as die versperring nog nie uit is nie.

2.12.14

Baie mense ontgroei nooit groeipyne nie

Nuwe navorsing het bevind dat baie van ons nooit ons groeipyne ontgroei nie. Daai pyn in jou knieë wat jy as kind ervaar het, is dieselfde pyn wat jy vandag nog voel.

Die navorsers, verbonde aan die Aarhus Universiteit en Aalborg Universiteit-hospitaal in Denemarke, beveel aan mens gee aandag aan sogenaamde groeipyne, omdat dit jou in later jare erger kan kniehalter. Hulle beveel ook aan dat, indien jy ’n sport beoefen, jy daarmee aanhou. Hulle beveel oefening aan vir jongmense, as ’n manier om groeipyne te bekamp.

1.12.14

Prostaatkanker nou ook by jonger mans gediagnoseer

Die aantal jong mans wat met prostaatkanker gediagnoseer word, het die afgelope 20 jaar sesvoudig toegeneem. Prostaatkanker is ook geneig om meer aggressief te wees in jonger mans.

Prostaatkanker kom tipes voor by mans ouer as 70. Die kanker ontwikkel stadig by mans in hierdie ouderdomsgroep en as dit gou genoeg gediagnoseer word, is dit selde fataal. Mans met ’n familiegeskiedenis van prostaatkanker se kanse is twee tot drie maal meel om die kanker op te doen.

Die navorsing vir bogenoemde is gedoen by die University of Michigan Comprehensive Cancer Center onder leiding van Dr. Kathleen Cooney (foto). Die navorsing is gepubliseer in Nature Reviews: Urology

26.11.14

Verstikking

Dit gebeur wanneer iemand se lugweg gedeeltelik of ten volle versper word deur iets wat ingesluk word. Dit kan ook deur ’n spierspasma veroorsaak word.

Die simptome is:

• Moeilike asemhaling; die tempo en diepte van die asemhaling sal toeneem.
• Moontlike skuim om die mond.
• Blou lippe en vingernaels.
• Verwarring.
• Moontlike bewusteloosheid.
• Die asemhaling kan ook ophou.

25.11.14

Alkohol nie goed vir jou hart nie

Navorsing by die Perelman School of Medicine aan die University of Pennsylvania het bevind dat alkohol glad nie goed is vir jou hart nie.

Enige vermindering in die gebruik van alkohol het dadelik ’n positiewe effek op jou risiko vir kardiovaskulêre siektes, jou liggaamsmassa-indeks en jou bloeddruk.


(foto Dani Lurie)

20.11.14

Kruie vir kwale: Senuwee

Hou ’n paar vanillaboontjies in ’n fles. Gebruik die aroma om jou te kalmeer wanneer nodig. Mediese instellings gebruik ook deesdae dié metode om pasiënte wat gaan vir ’n skandering te kalmeer.

♦♦♦

Gooi ’n paar druppels vanilla by water of appelsap en drink.

♦♦♦

Vir senuweeagtigheid of angs kan jy tee drink wat jy maak van die blare van engelkruid (angelica). Jy kan ook die wortel van die plant verpoeier en dit gebruik in plaas van die blare.

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids