Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



19.6.14

Kruie vir kwale: Seer tepels

Skraap ’n bietjie dassiepis wat hard geword het af van ’n rots en maak dit baie fyn. Meng met ’n bietjie olyfolie en room (melk) en gooi ’n paar blaartjies kattekruid by. Smeer dit aan seer tepels.

♦♦♦


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

18.6.14

Noodhulp: ’n Algemene ondersoek van die nek

Sorg dat al die klere om ’n persoon se nek los is. Begin aan die onderkant van die skedel en beweeg jou vingers af oor die ruggraat sovêr as wat jy kan bykom. Voel vir enige onreëlmatigheid in die rugwerwels.

Die nekslagaar word gebruik om vas te stel of die hart klop.

Indien daar geen ernstige beserings aan die nek op ruggraat is nie kan die kop in die oop lugweg-posisie geplaas word.

17.6.14

Antibiotika

Antibiotika is ’n tipe medikasie wat verskeie tipes infeksies baie goed kan beheer.

Dié medikasie is ’n chemiese verbinding wat vervaardig word van fungi en bakterieë. Dit is beskikbaar as inspuitings, tablette of stroop.

Penisillien is ’n tipe antibiotika. Dit is ontwikkel uit ’n natuurlike produk genaamd skimmel.

12.6.14

Kruie vir kwale: Groeipyne

’n Hand vol roosmaryn in ’n bottel brandewyn kan laat staan word om ten minste ’n paar dae te trek. Dit kan vir groeipyne en spierprobleme aangesmeer word, soggens en saans.

♦♦♦


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

11.6.14

Noodhulp: ’n Algemene ondersoek van die gesig

Die kleur van iemand se gesig is belangrik. Dit kan wissel van blosend na bleek, selfs blou indien daar fout is met die asemhaling.

Voel ook die temperatuur van die gesig om vas te stel of dit baie warm of koud is. Let ook op na die toestand van die vel. Is dit droog of oormatig natgesweet.

9.6.14

Koppie koffie dalk goed vir jou bloedvate

Die kafeïen in 'n koppie koffie kan jou klein bloedvate dalk help om beter te werk, volgens navorsing wat deur die American Heart Association bekendgemaak is.

Die studie het aangetoon dat die drink van 'n koppie koffie die bloedvloei in 'n vinger aansienlik verbeter. Bloedvloei in die vinger is 'n aanduiding van hoe goed die binneste voering van die liggaam se kleiner bloedvate werk.

Kafeïenvrye koffie is ook gebruik. Gewone koffie se effek was 30% beter as die kafeïenvrye koffie. Die studie het wel getoon dat gewone koffie mense se bloeddruk effens verhoog. Beide soorte koffie het geen beduidende invloed op die hartklop gehad nie.

Die studie suggereer dat koffie help om bloedvate oop te maak en inflammasie verminder.



(foto Julius Schorzman)

4.6.14

Noodhulp: ’n Algemene ondersoek

In ’n noodgeval moet ’n algemene ondersoek so gou as moontlik uitgevoer word. Beweeg die persoon so min as moontlik. Begin by die kop en werk stelselmatig af na die voete. Kyk luister en ruik vir enige moontlike beserings of abnormaliteite. Vergelyk altyd die een kant van die liggaam met die ander.