Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

28.1.26

Kruie vir kwale: Olierige kopvel

Olie van die malvaplant kan gebruik word as 'n teenvoeter vir 'n olierige kopvel. Wanneer jy jou hare was, gooi 1 tot 3 druppels van die olie by die sjampoe in jou hand. Masseer stadig in jou kopvel in. Indien jou hare gekleur is of ’n chemiese behandeling ondergaan het, is dit beter om eers ’n klein area met hare te toets.

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

27.1.26

Kruie vir kwale: Bloukolle / Kneusplek

Arnika kan gebruik word vir ’n blouoog. Mens kry dit te koop in ’n verskeidenheid rome en olies wat jy op die plekke kan gebruik vir twee tot drie keer per dag.

♦♦♦

Stamp 3 stukkies gemmer fyn saam met ½ wit ui. Voeg 30 mℓ growwe meel en 30 mℓ brandewyn by en meng om ’n pap te maak. Smeer dit aan die bloukol.


♦♦♦

Die blaarsap van suurvye word gebruik as 'n strelende velmiddel vir kneusplekke.

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

26.1.26

Kruie vir kwale: Kanker

Neem 2 tot 4 kankerbossie blare en week dit 3 minute in ’n koppie kookwater. Heelwat Suid-Afrikaners gebruik die tee vir kanker. Dit kan ook as wasmiddel gebruik word. Hiervoor gebruik jy 4 hande vol blare van die kankerbossie, ’n fyngedrukte bol wildeknoffel en 4 hande vol kruidjie-roer-my-nie se blare. Alles saam word in kookwater getrek vir 30 minute. Die lyf word gewas terwyl die mengsel nog warm is en die pasiënt moet ook 125 mℓ van die mengsel drink. Die 125 mℓ moet egter afgetap word na 15 minute se trek. As dit te sterk is, kan dit die persoon laat opgooi. Hoe bitterder ’n kankerbossie-mengsel is, hoe sterker is dit

♦♦♦

Gebruik 3 g bloublomsalie, 3 g kankerbossie en 3 g wildedagga om ’n tee te maak.
Laat dit vir 5 minute trek voor jy dit deur ’n siffie gooi.
Drink dit vir kanker.

♦♦♦

Catharanthus roseus het verskeie name. Die meeste mense ken dit in Afrikaans as die Kanniedood. Interessant van die plant is dat sekere bestanddele daarvan gebruik word in chemoterapie vir die behandeling van sekere kankersoorte. Dit word ook lank reeds gebruik in tradisionele Indiese en Chinese medisyne.

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

22.1.26

Kruie vir kwale: Bloublasies

As iemand deur ’n bloublasie gebrand word, soek in die duine vir suurvye. Gebruik die blare se sap of 'n fyngedrukte blaar om die wond te behandel. Aangesien dit 'n kusplant is, is dit gelukkig dikwels byderhand in tye van sulke noodgevalle.

♦♦♦




Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

21.1.26

Nog 'n kanniedood

Catharanthus roseus het verskeie name. Die meeste mense ken dit in Afrikaans as die Kanniedood. Daar is verskeie plante wat hierdie naam dra in Afrikaans.

Interessant van die plant is dat sekere bestanddele daarvan gebruik word in chemoterapie vir die behandeling van sekere kankersoorte. Dit word ook lank reeds gebruik in tradisionele Indiese en Chinese medisyne.

In Suid-Afrika word die blare van die plant tradisioneel gebruik vir die behandeling van griep en verkoue. In ander dele van die wêreld word die blare ook gebruik vir die behandeling van diabetes, keelseer, hoes en ligte koors.

Die basiese metode is om ’n paar blare vir 5 minute te week in kookwater en dan die tee te drink.

20.1.26

Kruie vir kwale: Kopluise

Teeboom-olie (tea tree oil) help vir kopluise. Wanneer jy jou hare was, gooi 1 druppel olie by elke 15 ml sjampoe in jou hand. Masseer stadig in jou kopvel in. Indien jou hare gekleur is of ’n chemiese behandeling ondergaan het, is dit beter om eers ’n klein area met hare te toets.

♦♦♦

Roosmaryn-olie help vir kopluise. Wanneer jy jou hare was, gooi 1 druppel olie by elke 15 ml sjampoe in jou hand. Masseer stadig in jou kopvel in. Indien jou hare gekleur is of ’n chemiese behandeling ondergaan het, is dit beter om eers ’n klein area met hare te toets.

♦♦♦

Kruisement-olie help vir kopluise. Wanneer jy jou hare was, gooi 1 druppel olie by elke 15 ml sjampoe in jou hand. Masseer stadig in jou kopvel in. Indien jou hare gekleur is of ’n chemiese behandeling ondergaan het, is dit beter om eers ’n klein area met hare te toets.

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

19.1.26

Kruie vir Kwale: Stink asem

’n Tee gemaak van salie help vir seertjies in die mond.

♦♦♦

Suurvye se blaarsap het antiseptiese eienskappe. Dit word met water gemeng en word as 'n gorrelmiddel gebruik om mondinfeksies te verlig.

♦♦♦

’n Sterk tee gemaak van basiliekruid is ’n goeie mondspoelmiddel vir seertjies in die mond of seer tandvleis. Spoel jou mond elke 30 minute daarmee uit.

♦♦♦

Gekookte suurvye kan gebruik word vir ’n seer mond.

♦♦♦

Kou vinkel vir slegte asem.

♦♦♦

Kou naeltjies vir slegte asem.

♦♦♦

Kou pietersielie as 'n teenvoeter vir slegte asem.

♦♦♦

Kou kruisement vir slegte asem.

♦♦♦

As jy knoffel geëet het, kou kardemomsaadjies in hulle omhulsels. Wanneer dit sag is, gooi die doppie weg en sluk die saadjies in, dit verbloem die reuk.

♦♦♦

Kou koffiepitte. Dit laat die asem weer vars ruik, selfs al het jy knoffel geëet.

♦♦♦

Nadat jy knoffel geëet het, neem 'n kwart glasie melk met 'n halwe teelepel vanielje essens.

♦♦♦

Trek pietersielie in kookwater en laat afkoel, gorrel dan hiermee.

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids