Catharanthus roseus het verskeie name. Die meeste mense ken dit in Afrikaans as die Kanniedood. Daar is verskeie plante wat hierdie naam dra in Afrikaans.
Interessant van die plant is dat sekere bestanddele daarvan gebruik word in chemoterapie vir die behandeling van sekere kankersoorte. Dit word ook lank reeds gebruik in tradisionele Indiese en Chinese medisyne.
In Suid-Afrika word die blare van die plant tradisioneel gebruik vir die behandeling van griep en verkoue. In ander dele van die wêreld word die blare ook gebruik vir die behandeling van diabetes, keelseer, hoes en ligte koors.
Die basiese metode is om ’n paar blare vir 5 minute te week in kookwater en dan die tee te drink.

No comments :
Post a Comment