Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

16.3.15

Kraakbeen speel rol in rumatoïede artritis

Australiese navorsers het bevind dat kraakbeen ’n aktiewe rol speel in die vernietiging en veranderinge in gewrigte wat plaasvind met rumatoïede artritis.

Rumatoïede artritis veroorsaak chroniese pyn en inflammasie in gewrigte, soos die aangetref in die hande, voete, knieë en heupe. Oortyd kan dit die kraakbeen in die gewrigte vernietig en die bene in dié areas vernietig.

Volgens die navorsing dra die kraakbeen by tot die inflammasie en dra dit dus aktief by tot rumatoïede artritis.

Op die stadium is daar nog geen effektiewe behandeling vir rumatoïede artritis nie, slegs behandeling wat die aanvang van die siekte vertraag.

11.3.15

Elektriese beserings

’n Elektriese stroom deur die liggaam kan ernstige en soms noodlottige beserings veroorsaak. Dit kan die hart laat stop of ernstige brandwonde veroorsaak.

Moet nooit probeer om ’n ongeval weens elektriese beserings met kaal hande aan te raak voor jy seker is dat daar geen verdere gevaar is nie.

Algemene simptome sluit in:
• Versmoring
• Brandwonde
• Skok

10.3.15

Breinskade as gevolg van vitamien B1

’n Tekort aan vitamien B1 kan ’n ernstige breinsiekte genaamd Wernicke enkefalopatie tot gevolg hê.

Die simptome sluit in verwarring, hallusinasies, koma, swak spierkoördinasie en sigprobleem. Sonder behandeling kan dit lei tot die dood van die pasiënt.

Dit word gesien as ’n metaboliese afwyking aangesien dit ook veroorsaak word deur probleme wat lei tot die versteuring van die metabolisme, voorbeelde hiervan is alkoholisme en anoreksie. In ernstige gevalle kan dit binne ure ’n aanvang neem.

Noodbehandeling sluit in ’n vitamien B-kompleks inspuiting.

4.3.15

Noodhulp: Ingeduikte borskas

Jy kan dalk op ’n ongelukstoneel afkom en iemand kry met ’’n ingeduikte borskas. Behandel soos volg:

1. Ondersteun die beseerde deel van die persoon se ribbekas met jou hand.
2. Help dan die persoon tot in ’n halfsittende posisie en laat die persoon oorleun na die beseerde kant, terwyl jy die kop en skouers ondersteun.
3. Immobiliseer die borskas deur ’n ondersteunende kussing van sagte materiaal te maak en oor die beseerde deel te plaas. Plaas die arm aan die beseerde kant oor die kussing en ondersteun dit met ’n opligverband. Plaas nou ’n hangverband oor die verband en om die liggaam en maak dit aan die gesonde kant van die borskas vas. As jy nie ’n verband het nie, gebruik ’n serp of iemand se gordel.
4. Maak enige stywe klere om die nek en middel los.
5. Indien die persoon bewusteloos raak, plaas hom / haar in die herstelposisie met die gesonde kant na bo.
6. So ’n persoon moet sodra moontlik by ’n hospitaal kom.

3.3.15

’n Klein toename in gewig kan jou bloeddruk verhoog

Baie mense verstaan die gevare van te veel liggaamsvet. Daar is egter onlangs bewys dat ’n klein toename in gewig, soos byvoorbeeld 2,5 kg, ook gevaar inhou en jou bloeddruk wesenlik kan verhoog.

2.3.15

Jou bloedgroep beïnvloed dalk jou geheue

Volgens ’n studie gepubliseer in die joernaal Neurology is persone met die AB-bloedgroep meer geneig tot geheueverlies as ander.

AB is nie ’n algemene bloedgroep nie en diegene met die bloedgroep is geneig tot geheueverlies wanneer hulle oud word. Daar is egter bydraende faktore wat in ag, geneem moet word. Hieronder tel hoe bloeddruk, hoe cholesterol en diabetes.

25.2.15

Ingeduikte borskas

Dit gebeur gereeld dat ’n persoon in ’n verkeersongeluk teen die stuurkolom geslinger word of dit teen die bestuurder se bors stamp. Dit en ander ongelukke kan veelvoudige frakture van die borskaswand tot gevolg hê. Dit kan ernstige gevolge vir longwerking inhou. Die simptome slui in:

• Algemene simptome vir versmoring.
• Die persoon vind dit moeilik om asem te haal; of asemhaling is pynlik.
• Ongewone beweging van die borskas.
• Skuimerige, bloederige spoeg.