'n Nuwe studie dui (weereens) daarop dat die tipiese Westerse dieet nie nie goed is vir ons nie. By die Westerse dieet word ingesluit gebraai voedsel, versoete voedsel, geprosesseerde vleis, rooivleis, verfynde graan en suiwelprodukte met ’n hoë vetinhoud.
Die studie het spesifiek gekyk hoe so 'n dieet uiteindelik bepaal hoe oud jy word en die invloed daarvan in sekere chroniese siektes, soos byvoorbeeld hartprobleme en diabetes. Meer as 5 000 mans en vrouens is vanaf 1985 tot 2009 bestudeer hiervoor.
Afgesien van die gevare van 'n Westerse dieet, moet mens ook daarop let dat oefening deesdae as dié belangrikste deel van enige dieet beskou word.
(Die studie is gepubliseer in The American Journal of Medicine van Mei 2013.)
23.9.13
16.9.13
'n Nuwe behandeling vir alkoholisme
'n Moontlike nuwe behandeling vir alkoholisme is onlangs geïdentifiseer.
Tradisioneel word onthouding beskou as die primêre behandeling vir alkoholisme. Farmakologiese behandeling word normaalweg gebruik wanneer die persoon weer terugval in drankmisbruik, nadat hulle opgehou het.
Vir sommige verslaafdes is algehele onthouding egter baie moeilik. 'n Nuwe middel fokus op die groep.
Toetse is gedoen deur die middel nalmefene te gebruik om 'n afname in alkoholmisbruik te bewerkstellig. Dit wil voorkom asof die middel mense help om minder te drink. 'n Studie het bevind die middel kan beskou word as 'n effektiewe behandeling.
Die middel word geneem soos wat die verslaafde nodig vind. Dit hoef nie elke dag gebruik te word nie.
(Die studie is gepubliseer in volume 73(8) van Biological Psychiatry.)

9.9.13
Baie belangrike verskille tussen mans en vrouens
Onlangse navorsing het bevind dat daar belangrike verskille is tussen mans en vrouens met betrekking tot kardiovaskulêre probleme, kanker, lewersiektes, osteoporose en op die gebied van farmakologie.
Die waarde van hierdie navorsing lê daarin dat ons maar nog min weet oor die verskillende maniere wat mans en vrouens hierdie siektes ervaar. Die rede is dat die afgelope 40 jaar se navorsing aanvanklik net op mans gefokus het.
Die simptome van kardiovaskulêre probleme lyk aansienlik anders by vrouens. Drukking op die bors en pyn in die borskas wat na die linkerarm versprei is algemene simptome by mans vir 'n hartaanval. Die standaard simptome by vrouens is egter naarheid en maagpyn wat baie laag voorkom. Boonop is sulke aanvalle gewoonlik meer ernstig by 'n vrou.
Kolonkanker is die tweede algemeenste kanker by mans en vrouens. Dit kom egter later in die leeftyd van 'n vrou voor. Die kankergewasse kom ook normaalweg op 'n ander plek voor as die van mans en dit reageer beter op spesifieke chemoterapie. Die geslagte reageer oor die algemeen anders op chemoterapie vir kolonkanker, longkanker en velkanker.
Primêre biliêre sirrose is 'n lewersiekte wat veral voorkom by vrouens. Daar is bevind dat vir hierdie tipe sirrose, asook kroniese hepatitis C, die vrou se genetiese samestelling en haar veranderende hormoonvlakke, haar veral vatbaar maak. Dit geld ook vir osteoporose, maar veroorsaak dat ons osteoporose as 'n vroue-siekte sien. Osteoporose kom ook by mans voor. Dit word gereeld misgekyk met die gevolg dat die sterftesyfer vir mans met osteoporose hoër is as vir vroeuens.
Wat die farmakologie betref is die uitwerking van aspiriene en ander substansies getoets op mans en vrouens. Daar is bevind dat die newe-effekte bepaal word deur faktore soos liggaamsgrootte, die tyd wat dit die liggaam neem om dit te absorbeer of uit te skei en hormonale vlakke. Dit is dus nodig dat 'n voorskrif die pasiënt se geslag in ag neem.
Die navorsing is gepubliseer in die joernaal Clinical Chemistry and Laboratory Medicine en is gedoen onder aanvoering van Giovannella Baggio.

Etikette:
Hartsiektes
,
Kolonkanker
,
Lewer
,
Longkanker
,
Osteoporose
,
Vel
2.9.13
Heupvervanging help met hartversaking, depressie en diabetes
Behalwe dat dit pyn verlig en lewenskwaliteit verbeter, word heupvervanging nou ook geassosieer met 'n afname in die pasiënt se kanse vir hartversaking, depressie en diabetes. Dit is die bevindinge van 'n studie wat 'n paar maande gelede gepubliseer is.
26.8.13
Rook vertraag herstel van gebreekte bene
'n Nuwe studie het bevind dat rokers se liggaamlike bene wat breek meer as twee keer die kans staan om nie korrek te herstel na 'n breek nie. Daar is ook bevind dat hulle bene oor die algemeen langer vat om te herstel van skade en hul kanse op infeksie in sulke wonde hoër is.
Etikette:
Bene
19.8.13
Medikasie help vroue met gewig na hulle ophou rook
Navorsing het getoon dat naltrexone, medikasie wat mans help om op te hou rook, dalk ook vroue help om nie ekstra gewig aan te sit nadat hulle gestaak het nie.
Naltrexone is nie net geskik vir manlike rokers nie, maar ook vir verslawing aan alkohol en heroïen. Dit help nie regtig vir vroulike rokers nie, maar vrouens wat ophou rook kan dit dalk gebruik om hul eetlus in bedwang te hou. Tydens die navorsing het vroue wat naltrexone gebruik het minder as die helfte van die gewig aangesit in vergelyking met die wat dit nie gebruik het nie.
Vrouens wat ophou rook tel in die algemeen meer gewig op as mans wat ophou. Die medikasie kan vrouens help om deur daardie kritieke fase te help wanneer hulle ophou. Dit is dalk moontlik dat dit vroue se hunkering na voedsel met ’n hoë vetinhoud of iets soets blokkeer.
Die navorsing is gepubliseer in Biological Psychiatry.

12.8.13
Alzheimer-siekte
Rina Dunckley skryf: "Kan u asseblief vir my die tekens en simptome van Alheizmer beskryf"
Antwoord: Daar is nog heelwat onsekerheid oor wat Alzheimer-siekte veroorsaak. Daar is verskillende teorieë, waaronder een wat wys op 'n genetiese verband. Dat kan al in die 40 jare begin, maar gewoonlik is die aanvang vanaf 50. Tot 15% van mense ouer as 65 ly aan die siekte.
Wat ook al die oorsaak, dit ontstaan geleidelik. Ander mense word normaalweg eers na diagnose daarvan bewus.
Die persone se korttermyngeheue laat hulle in die steek. Hulle sal byvoorbeeld dieselfde gesprek oor en oor hê. Soos hulle ouer word word die geheueverlies al hoe erger. Aanvanklik is hulle ook afsydig en verward. Dit vererger met tyd in so 'n mate dat hulle heeltemal gedisoriënteerd raak. Hulle begin verdwaal, weet nie meer van tyd af nie en kan selfs nie sê wat die verskil tussen dag en nag is nie.
Later kan hulle nie meer sinvol kommunikeer nie. Daaglikse take soos eet en aantrek begin ook onmoontlik raak. Gedrags- en persoonlikheidsverandering tree ook na vore.
In 'n gevorderde stadium herken Alzheimer-lyers nie meer vriende en familie nie.
Iemand wat aan die siekte ly raak uiteindelik baie afhanklik van versorging. Emosioneel is hulle baie onstabiel en kan selfs geweldadig raak.
Anders as wat meeste mense glo is vergeetagtigheid nie 'n onvermydelike deel van ouer word nie. Dit beteken natuurlik nie dat 'n vergeetagtige persoon Alzheimer-siekte het nie. Dieselfde simptome kan ook ander oorsake hê. 'n Dokter sal die moontlikheid van ander siektes kan diagnoseer. Die diagnose vir Alzheimer-siekte moet liefs deur 'n spesialis gemaak word.
Terwyl daar (nog) nie doeltreffende behandeling vir Alzheimer-siekte is nie word daar gereeld nuwe navorsing gedoen. Daar is ook reeds medikasie om die gemoedstemming tydelik te beheer en agteruitgang te vertraag.
Die eerste ding wat mens kan doen is om van aliminiumkookware ontslae te raak. Een teorie is dat alimnium een van die oorsake van die siekte is.
Belangrike voedingstowwe is betakaroteen (vrugte en groente), kieselsuur (blaarslaai en kool), ko-ensiem Q10 (aartappel, soja en spinasie) en vitamien A en E (eier, kaas, koringkiem, neute, olierige vis, patats, saad en wortels).
Alkohol moet vermy word.

Subscribe to:
Posts
(
Atom
)