Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



3.8.22

Kruie vir Kwale: Artritis

Gooi ’n koppie kookwater oor ’n paar blare van die medisynebossie en laat trek vir 5 minute.
Gooi deur ’n sif en drink vir hoes, verkoue en artritis.

♦♦♦

Was die aangetaste dele van jou lyf met bosboegoe-blare en die fyngedrukte bolle van wildeknoffel.

♦♦♦

Meng 1 houer Camphor-room met 10 Grandpa-poeiers en smeer gereeld waar dit pyn.

♦♦♦

Neem 'n 2 liter bottel water en meng met 6 eetlepels engelse sout en die sap van 10 suurlemoene – drink 3 per dag.

♦♦♦

Meng 'n 2 liter bottel water met 2 eetlepels heuning en 2 eetlepels kaneel, 1 eetlepel borrie en 1 eetlepel gemmer en drink 3 maal per dag (hou in yskas).

♦♦♦

Duiwelsklou-tee help vir artritis.

♦♦♦

Probeer 'n kombinasie van selderysaad en aloe vera (aalwyn)tablette.

♦♦♦

Smeer die pynlike areas in met arnikaolie.

♦♦♦

Gooi jenewer en laventelolie in warm water - twee druppels elk. Neem 'n waslap en trek oor die oppervlak sodat die olielagie op die waslap kom. Plaas oor hande met 'n handdoek oor en 'n warmwaterbottel bo- op vir 30 minute.

♦♦♦

Kamille en laventel kan verligting bied van artritis. Week jou hande in louwarm water met 2 druppels kamille-olie en 2 druppels laventelolie by.

♦♦♦

Meng 'n paar druppels jenewer- en sipresolie en vryf geswelde areas daarmee in vir verligting.

♦♦♦

Maak 'n smeermiddel van twee druppels elk jenewer, swartpeper en kamille olie, vyf druppels laventel en tien teelepels olyfolie.

♦♦♦

Die Tswana-mense hang die bolle van die blouberglelie op om uit te droog. Hulle moet 5 maande lank hang. Die bolle word dan verpoeier en gesmeer aan die rug en polse om dit te help herstel.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

18.7.22

Kruie vir kwale: Koorsblare

Vir koorsblare in die mond gebruik suurlemoen, sout en koeksoda. Maak dit aan tot ’n pasta en doop jou tandeborsel daarin. Borsel jou tande behoorlik. Jou mond voel sommer lekker skoon. Dit smaak sleg, maar as jy behoorlik spoel sal jy agterkom dit werk beter as tandepasta.

♦♦♦

Die jellieagtige inhoud van die medisynebossie kan op koorsblare gesmeer word.

♦♦♦

Vanielje essens word al jare gebruik om koorsblare mee weg te werk. Wend aan sodra jy voel daar kom een. Wend elke halfuur aan met ´n stukkie watte.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

6.7.22

Kruie vir kwale: Snye en skrape

Strooi suiker bo-op 'n sny – dit sal help dat die bloed vinniger stol.

♦♦♦

Die jellieagtige inhoud van die medisynebossie kan op snye en skrape gesmeer word.

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

4.7.22

Kruie vir kwale: Ingewandskoors

Voeg ’n kwart koppie kattekruid-blare by ’n koppie kookwater en laat trek vir 5 minute.
Gooi deur ’n sif en drink vir ingewandskoors.

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

29.6.22

Kruie vir kwale: Boererate vir Slapeloosheid / Slaaploosheid

Voeg ’n kwart koppie kattekruid-blare by ’n koppie kookwater en laat trek vir 5 minute.
Gooi deur ’n sif en drink vir slaaploosheid.

♦♦♦

Die gereelde gebruik van rooibostee kan verligting bied vir slaaploosheid.

♦♦♦

’n Tee gemaak van kattekruid help vir slaaploosheid.

♦♦♦

Drink kruisementtee voor jy gaan slaap, of gooi ’n paar druppels kruisementolie of vars kruisement in jou badwater.

♦♦♦

Drink ’n koppie kamille-tee (chamomile / chamomile) net voor jy gaan slaap.

♦♦♦

Drup ’n paar druppels laventelolie op jou kussing.

♦♦♦

Maak vir jou tee met vinkel vir slapeloosheid.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids