Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



22.7.21

Kruie vir kwale: Swelling

Verdun arnika-olie met water vir die verligting van pyn en swelsel as gevolg van kneusplekke en verstuitings. 30 druppels van die olie word gebruik vir elke eetlepel water. ’n Stukkie verband of material word in die oplossing geweek en op die beseerde plek geplaas. Herhaal gereeld. Jy kan ook 30 druppels byvoeg voor jy pappe of trekpleister opsit.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

19.7.21

Antimoonwyn

Antimoonwyn is tradisioneel gemaak deur wyn te laat staan in ’n houer gemaak van antimoon. Normaalweg word dit vir ten minste een dag gelos. As die suurinhoud van die wyn te hoog is en dit word te lank in die metaalhouer gelos kan dit giftig raak.

Hierdie preparaat kan gebruik word vir verkoue en koors en maak ook die slym los by hoesbuie. Volwassenes kan 10 tot 30 druppels in kanferwater drie of vier keer per dag neem met slaaptyd. Kinders kan ’n dosis van 5 tot 10 druppels gegee word.



12.7.21

Kanferwater

’n Klein bietjie kanfer word opgelos in water om kanferwater te maak. Normaalweg word kanferwater gebruik vir die verligting van winderigheid en maagpyn.

8.7.21

Kruie vir kwale: Fungus

Naels is soms bruin en stukkend as gevolg van 'n fungus. Jy kan dit probeer behandel met tea tree olie. Smeer dit met watte aan die naels en los dit vir 10 minute. Borsel dit daarna liggies met 'n ou tandeborsel of sagte borsel. Dit behoort te werk as die infeksie onlangs begin het.

♦♦♦

Voeg tiemie-olie by jou badwater om te help om toonnael-fungus te bekamp.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

5.7.21

Neonatale lugweginfeksie

Neonatale lugweginfeksies, veral longontsteking, kan lewensgevaarlik wees vir babas. Laer lugweginfeksies kan voor, tydens of na die geboorte opgedoen word. Infeksies in die boonste lugweë sluit in otitis, sinusitis, rinitis, laringitis, trageïtis en brongitis.

Die oorsaak kan een van verskeie virusse wees. Covid-19 kan dit ook veroorsaak.

Behandeling hang af van die oorsaak van die infeksie. Dit moet onder mediese toesig geskied.

1.7.21

Maagpyn

Boereraat:

Drink bietjie sodawater vir maagpyn.

♦♦♦

Te veel geëet
Drink bietjie koeksoda in kookwater.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

28.6.21

Ingeslukte voorwerpe

Dis veral klein kindertjies wat geneig is om vreemde voorwerpe in te sluk. Voorbeelde is spelde, muntstukke en knope. Onthou om klein voorwerpe buite hulle bereik te hou.

Gladde voorwerpe sal gewoonlik maklik deur die ingewande beweeg. Skerp voorwerpe kan egter verstikking veroorsaak of die ingewande beskadig.

In beide gevalle moet die persoon na die hospitaal geneem word.

MOET NIE DIE PERSOON IETS PER MOND GEE NIE.