Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



2.4.18

Aanpassingsindroom

Aanpassingsindroom (adaptation syndrome) is die som van al die nie-spesifieke sistemiese reaksies wat volg op volgehoue blootstelling aan spanning.

Daar is drie stadia:
1. Alarmreaksie: kortstondige reaksie op akute stimuli waarby die liggaam nie kan aanpas nie. Dit word verdeel in skok- en teenskokbasis – dit duur minder as 24 minute.
2. Aanpassingsreaksie: liggaamreaksies op volgehoue stimuli waarby die liggaam hom aangepas het – dit kan weke of maande duur.
3. Uitputtingsreaksie: liggaamreaksies wat ontwikkel wanneer die aanpassing nie volgehou kan word nie en algemene sistemiese versaking intree – dit is van onbepaalde duur.

28.3.18

Inflammasie

Inflammasie is die reaksie van lewende weefsel op besmetting of beserings. Dit word gewoonlik gekenmerk daardeur dat die area warm voel, pyn, rooi lyk en of opswel. Dit vorm soms etter as dit ontsteek.

Wat medikasie sonder voorskrif betref kan jy iets koop wat ibuprofen bevat.

Boereraat:

'n Goeie natuurlike hulpmiddel is pynappelsap. Dit bevat die proteolitiese ensiem bromelien. Dit kom in heelwat tropiese vrugte voor en is 'n goeie teenvoeter vir inflammasie.

26.3.18

Verskuifde tussenwerwelskyf

Mense verwys oor die algemeen hierna as ’n “verskuifde werwel”. Dit kom voor wanneer ’n deel van die kraakbeen wat die bene in die ruggraat skei na agter in die senuwortel of rugmurg druk.

Dit kan baie seer wees. Die pyn kan skielik of geleidelik begin.

Simptome en tekens
• Hewige pyn in die rug wat na die bene versprei en deur beweging vererger word.
• Soms kan die persoon nie beweeg as gevolg van die pyn nie.

Behandeling
Laat die persoon op ’n stewige oppervlakte lê en ontbied mediese hulp.

21.3.18

Dagga voordelig vir 'n gesonde sekslewe

Navorsers aan die Universiteit van Stanford het bevestig dat die gereelde gebruik van dagga jou sekslewe verbeter.

Volgens die studie het paartjies wat dagga gebruik 20% meer seks as ander mense. Dit geld vir mense van alle ouderdomme. Daar is ook aanduidings dat dit die kwaliteit van seks verbeter.

Die studie se bevindings is gepubliseer in die Journal of Sexual Medicine.



(via Seks101 blog)

19.3.18

Maak oop jou deure en vensters vir beter slaap

’n Onlangse studie het bevind dat indien jy jou slaapkamer se vensters en deure oopmaak voor jy gaan slaap, jou slaapkwaliteit aansienlik verbeter.

Deure alles oop te maak word die koolstofdioksiedvlakke in die vertrek verlaag. Die verlaagde vlakke bring baie beter slaap mee.

Die studie is gepubliseer in Indoor Air: International Journal of Indoor Environment and Health.


(foto: Tim Collins)

13.3.18

Baarmoederkanker

Die baarmoeder is die inwendige geslagsdeel van ’n vrou waarin die embrio vasheg en die fetus ontwikkel tot ’n baba. Die baarmoeder is verbind aan die vagina.

Baarmoederkanker is die mees algemene vorm van kanker van die vroulike geslagsdele. Die vyf jaar kans op oorlewing is 80% en relatief gunstig in vergelyking met ander vorme van kanker.

Vroue wat vetsugtig is, is vier keer meer geneig om die tipe kanker te ontwikkel as vroue met normale gewig. Fisiese aktiwiteit, die gebruik van die voorbehoedpil en die gebruik van kinders verminder die risiko. Rook verminder ook die risiko van hierdie kanker.

Die kans om vir ’n tweede keer baarmoederkanker te kry, is tussen 3 en 17%.