Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



21.10.15

Kopvelwonde

Beserings van die kopvel is gewoonlik as gevolg van ’n val. Veral bejaardes is geneig om maklik te val.

Hierdie tipe wonde kan erg bloei weens die ryk toevoer van bloed na die kopvel en omdat die vel om die skedel baie styf gespan is. As die vel beskadig word bars dit oop en laat ’n gapende wond. Die bloeding kan ernstiger lyk as wat dit werklik is, maar wees ook bedag op ’n moontlike skedelfraktuur.

Simptome en tekens:
o Pyn teerheid en bloeding op die kopvel.
o Swelsel om die wond.
o Moontlike simptome en tekens van skedelbreuk.
o Moontlike simptome en tekens van breinskade.
o Die persoon kan ook bewusteloos wees.

Beheer die bloeding sodra moontlik. Die pasiënt moet sodra moontlik by ’n hospitaal kom. ’n Kopbesering moet altyd deur ’n dokter ondersoek word.

14.10.15

Vaginale bloeding

Swaar of matige bloeding wat geleidelik plaasvind en gepaard gaan met maagkrampe is gewoonlik ’n aanduiding van ernstige menstruasiebloeding. Praat met jou dokter oor die moontlike komplikasies hiervan. Jy kan dalk baat vind by sekere aanvullings of medikasie.

Skielike bloeding tydens swangerskap kan ongelukkig dui op ’n miskraam. Kry sodra moontlik mediese hulp. ’n Aborsie kan ook skielike vloei tot gevolg hê.

7.10.15

Bloed in die uriene

Bloederige uriene dui normaalweg op probleme met die blaas of niere. Die bloed sal nie noodwendig altyd sigbaar wees nie, maar dit kan klonterig wees of lyk soos verdunde bloed. ’n Gebreekte bekken kan ook bloed in die uriene tot gevolg hê.

5.10.15

Glutamaat is belangrik vir jou brein en liggaam

Glutamaat is ’n aminosuur met verskeie funksies. Dit reguleer byvoorbeeld insulienproduksie in die pankreas en is ’n belangrike oordragstof in die brein. Navorsers aan die Universiteit van Genève het nou ook vasgestel dat die brein gebruik glutamaat vir energie, wat belangrike implikasies vir die res van die liggaam het.

Die brein kan nie sy energie van lipiede kry soos ons ander organe nie. Die bloedbreinskans, wat die brein beskerm teen patogene en ander gifstowwe wat in die bloed sirkuleer, laat nie lipiede deur nie. Die meeste organe het ook die vermoë om glukose te stoor deur meer gewig aan te sit. Die brein, vasgevang tussen kraniale bene, kan nie gewig aansit nie en dus nie glukose stoor nie. Die brein moet deurlopend suikers van die res van die liggaam kry, ’n proses wat beheer word deur die lewer.

Die navorsers het vasgestel dat indien daar nie ’n voldoende vlak van glutamaat in die brein teenwoordig is nie, die brein die lewer aanpor om meer glukose te stuur – ten koste van die res van die liggaam. Die brein sal altyd sorg dat dit eerste in die ry staan vir glukose. Indien die lewer nie genoeg glukose in voorraad het nie sal dit die proteïene in die spiere tap vir glukose, wat lei tot ’n verlies in spiermassa.

Die vlak van glutamaat in die brein is dus van uiterste belang vir ons algemene gesondheid.

28.9.15

Juliana Coetzer - Bloedvreemd

Bloedvreemd is die aangrypende verhaal van ’n ma se poging om haarself en haar gesin heel te hou en vrede te maak met ’n kind wat nou “in ’n ander vorm leef”.

Juliana Coetzer, ’n psigoterapeut, skroom nie om te wys wat in die binnekamers van haar huis gebeur nie en laat die leser beurtelings saam met haar huil én lag.

Luister hoe Coetzer vertel van die sewejarige Anneke wat by die dood omgedraai het, herstel het, maar breinskade opgedoen het. Met die sigbare verstandelike agteruitgang gaan die gesin op ’n soektog na ’n wonderkuur.

Genre: Boeke
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Ouerbegeleiding
Kaartjies: Gratis
Tydsduur: 45 minute
Plek: ATKV Boeke-oase, Potchefstroom
Datum: 8 Okt. – 15:30

Aardklop 2015

Juliana Coetzer - Bloedvreemd,
Roekeloos,
28 September 2015.

2

23.9.15

Bloed uit die rektum

Vars (helderrooi), bestendige bloeding uit die rektum is normaalweg ’n aanduiding van aambeie.

Indien die stoelgang ’n swart, teeragtige konsistensie het, kan dit wees dat daar bloeding is uit die boonste deel van die ingewande.

16.9.15

Bloed in die mond

Bloed wat uit die mond kom, kan ’n aanduiding wees van verskeie tipes beserings:

• ’n Klein hoeveelheid bloed wat jy uitspoeg kan ’n aanduiding wees van ’n fraktuur van die kakebeen.
• As jy donker, rooibruin bloed opbring is dit moontlik ’n besering van die spysverteringskanaal of moontlik ’n bloeiende maagseer.
• As jy vars bloed uithoes is dit moontlik ’n besering in die boonste lugweg.
• Helder skuimerige bloed wat uitgehoes word kan dui op ’n besering aan die longe.