Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



5.10.15

Glutamaat is belangrik vir jou brein en liggaam

Glutamaat is ’n aminosuur met verskeie funksies. Dit reguleer byvoorbeeld insulienproduksie in die pankreas en is ’n belangrike oordragstof in die brein. Navorsers aan die Universiteit van Genève het nou ook vasgestel dat die brein gebruik glutamaat vir energie, wat belangrike implikasies vir die res van die liggaam het.

Die brein kan nie sy energie van lipiede kry soos ons ander organe nie. Die bloedbreinskans, wat die brein beskerm teen patogene en ander gifstowwe wat in die bloed sirkuleer, laat nie lipiede deur nie. Die meeste organe het ook die vermoë om glukose te stoor deur meer gewig aan te sit. Die brein, vasgevang tussen kraniale bene, kan nie gewig aansit nie en dus nie glukose stoor nie. Die brein moet deurlopend suikers van die res van die liggaam kry, ’n proses wat beheer word deur die lewer.

Die navorsers het vasgestel dat indien daar nie ’n voldoende vlak van glutamaat in die brein teenwoordig is nie, die brein die lewer aanpor om meer glukose te stuur – ten koste van die res van die liggaam. Die brein sal altyd sorg dat dit eerste in die ry staan vir glukose. Indien die lewer nie genoeg glukose in voorraad het nie sal dit die proteïene in die spiere tap vir glukose, wat lei tot ’n verlies in spiermassa.

Die vlak van glutamaat in die brein is dus van uiterste belang vir ons algemene gesondheid.

No comments :

Post a Comment