Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



8.7.13

Vraag oor candida

Anika skryf: "Ek sukkel vreeslik met hierdie toestand en sukkel om op op die "Geen Suiker,Geen witmeel" Dieet te bly. Is daar een of ander medikasie wat daarvoor help? Ook ,is daar 'n hulp-webwerf waar ek meer inligting hieroor kan kry?"

Antwoord: Candida is 'n swamgis wat algemeen voorkom in die mond en die vagina. Dit word in bedwang gehou deur bakterieë. Dit kan voorkom sonder om ´n infeksie te veroorsaak, maar as dit baie vermeerder kan dit ontsteking veroorsaak wat gepaard gaan met ´n witterige afskeiding.
Vee altyd van voor na agter af. Drink ook bosbessiesap. Dit maak die urine suur, wat die groei van bakterieë teenwerk. Vir Candida kan jy ´n tampon in jogurt doop en dan in die vagina plaas. Eet ook so gereeld as moontlik bioaktiewe jogurt. Vermy die oormatige inname van alkohol en jy moet hard probeer om weg te bly van suiker suiker. Daar is verskillende swamteenmiddels beskikbaar om candida te behandel, vra jou apteker. Dit behoort na sowat twee weke te werk.
Indien jy ly aan stres kan dit ook die candida aanhelp, so ook sekere medikasie, diabetes en hormoonveranderinge.

5.7.13

Vrae oor estrogeen

Mev. F skryf: "Ek is 'n vrou, 35 jaar oud, en wil net graag weet wat die simptome is van te min estrogeen. Ek het al lankal 'n probleem (soos 'n menopousale vrou) van 'n droogheid by my vagina en met my eerste swangerskap in 2001, het die ginekoloog vir my 'n salf voorgeskryf omdat my estrogeenvlak te laag was. Ek kan nie meer die naam daarvan onthou nie. Tans moet ek KY jellie gebruik elke keer met gemeenskap. Dit is tog nie normaal nie, maar sonder die jellie, is dit baie pynlik. Ons woon ver van dokters en ginekoloë af en daarom sou ek graag net wou weet wat u dink my probleem kan veroorsaak. Ek vermoed nou maar die estrogeen, maar weet nie of dit dit is nie.
Baie dankie"
Antwoord: Die mees algemene simptome van estrogeenvlakke wat afneem is warm gloede en nagsweet. Hoofpyn, duiseligheid, slaaploosheid en kalsiumverlies is ook simptome. Minder aangename simptome is inkontinensie en 'n droër vagina. Laasgenoemde twee kom voor wanneer jy reeds lank 'n lae estrogeenvlak het. Hartsiektes is 'n ernstige simptoom.
Indien jy wil weet of jy dalk jou menopouse begin bereik moet jy die dokter vra vir 'n bloedtoets om jou follikelstimulerende hormoonvlak te toets. 'n Hoë vlak dui op menopouse.
Dit klink in jou geval soos 'n probleem met die estrogeenvlak. Die salf was waarskynlik 'n jel wat estrogeen bevat het. Vra jou dokter oor 'n urogenitale ring en of hy dink jy sal kan baat by so 'n inplanting. Intussen kan jy oplees oor plantmedisyne wat natuurlike estrogeen (fito-strogeen) bevat en kruie bekend as adaptogene en hoe dit jou van hulp kan wees. Miskien kan jy hierdie probleem op 'n natuurlike manier oplos.
Liza Nienaber skryf: "Ek wil weet hoe behandel hul 'n vrou as haar estrogeen hoog is en kan sy swanger raak, het dit 'n invloed"
Antwoord: Die spesifieke behandeling sal afhang van die oorsaak van jou hoë estrogeenvlak, m.a.w. is dit veroorsaak deur byvoorbeeld voorbehoedmiddels of is dit bloot jou natuurlike vlak wat te hoog is. Jy sal waarskynlik medikasie ontvang in tabletvorm.
Te veel estrogeen sal bevrugting makliker maak, maar kan inplanting van die bevrugte eiersel bemoeilik. 'n Hoë estrogeenvlak tydens swangerskap is normaal.


27.6.13

Kruie vir kwale: Ontsmettingsmiddel

Trek 'n 10 cm tiemietakkie en drie salie-blare vir vyf minute lank in kookwater. Gebruik die treksel as 'n ontsmetmiddel.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

24.6.13

Gesigmaskers

Vir ´n olierige vel (nie vir diegene met aknee):
Druk ´n ryp tamatie plat en stukkend. Wend aan en los vir 15 minute. Spoel af met warm water (nie vuurwarm!).

Vir ´n droë vel (nie vir diegene met aknee):
Smeer mayonaisse aan jou gesig en los vir 20 minute. Spoel af met koue water.

Vir ´n blink vel (nie vir diegene met aknee):
Smeer heuning aan jou gesig en nek. Los op tot dit droog is. Spoel af met baie warm water.

Vir olierige vel:
Meng 10 druppels suurlemoensap met een eierwit. Meng dit goed en wend aan (vermy die oogareas). Los op vir 20 minute en spoel af met lou water.

As jy nodig het om daai gesig vir ´n dag te laat styftrek en die porieë laat kleiner lyk, neem eierwit en plaas dit op jou gesig. Hou dit op tot die wit droog geword het.


17.6.13

Ag, ma, whatever! Selfone, neusringe en ander tienerkwessies

Moet dit altyd ’n nagmerrie wees om tieners groot te maak? Is daar ’n regte manier om dit te doen? Hoe kom ons deur hierdie moeilike tydperk sodat ons kan verseker dat ons kinders op die regte pad na volwassenheid kom?

Hierdie boek is ’n praktiese en insiggewende gids oor hoe ouers die uitdagings kan hanteer van hierdie komplekse fase in hulle en hul kinders se lewens.

Ouers moet leer hoe om goeie rolmodelle te wees vir hul tienerkinders. Vind uit hoe om 100 belangrike kwessies te hanteer. Onder andere:

• Kommunikasie probleme
• Drank en dwelm misbruik
• Seks en verhoudings
• Slegte maniere en ongeskikte gedrag
• Pornografie
• Slegte prestasie op skool
• Bederfde kinders
• Eetversteurings
• Internet en selfone

Gerusstellende raad van ’n mediese dokter en ma van vyf kinders.

Ook beskikbaar in Engels: Whatever, Mom! Body Piercings and Other Power Struggles

Ag, ma, whatever! Selfone, neusringe en ander tienerkwessies verskyn 20 Junie 2013.

Ag, ma, whatever! Selfone, neusringe en ander tienerkwessies / deur Linda Friedland -- Tafelberg, 20 Junie 2013 - 240pp;. -- sagteband. -- ISBN 9780624057222 : R195.00

Koop / Buy Ag, ma, whatever! Selfone, neusringe en ander tienerkwessies >> (sagteband)

13.6.13

Kruie vir kwale: Migraine

Om migraine te verlig neem 'n bietjie fyngemaakte droë gemmer en meng dit by kookwater en laat afkoel. Drink dit sodra dit afgekoel het.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

10.6.13

Rus jou hande

Vul ´n bak met warm water en gooi 1 teelepel Epsom-sout by. Gooi ´n paar albasters in die bak. Hou jou hande onder die water terwyl jy liggies met die albasters speel.