Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Candida albicans. Show all posts
Showing posts with label Candida albicans. Show all posts

27.9.18

Kruie vir kwale: Sproei

Meng die geel van 1 eier, 1 teelepel borrie, 1 teelepel witsuiker, 1 teelepel soetolie en 1 teelepel heuning saam.
Gee dikwels op 'n dag 1 teelepel vol.

♦♦♦

Navorsing het al bewys dat laventel help teen sproei (candida) in die vroulike geslagsdele. Tap vir jou genoeg louwarm water in die bad om in te sit. Voeg 5 druppels laventelolie by en sit in die water vir 15 minute.

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

13.9.18

Candida albicans / Sproei


Candida albicans is 'n algemene swamgis wat in die mond en vagina voorkom. Gewoonlik word dit in bedwang gehou deur onskadelike bakterieë, maar wanneer die bakterieë om een of ander rede nie hul werk kan doen nie, groei die swamme onbeheers en ontwikkel sproei.

Boereraat:

Maak 2 aspirienpille fyn en smeer op die tandvleis – NIE VIR KINDERS ONDER 13 jaar NIE.

♦♦♦

Meng 1 dessertlepel gliserien en 2 mℓ boraks goed en smeer die kind se mond 3 maal per dag tot die sere gesond is. Moet nie gebruik word indien die persoon asemhalingsprobleme het nie.

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

8.7.13

Vraag oor candida

Anika skryf: "Ek sukkel vreeslik met hierdie toestand en sukkel om op op die "Geen Suiker,Geen witmeel" Dieet te bly. Is daar een of ander medikasie wat daarvoor help? Ook ,is daar 'n hulp-webwerf waar ek meer inligting hieroor kan kry?"

Antwoord: Candida is 'n swamgis wat algemeen voorkom in die mond en die vagina. Dit word in bedwang gehou deur bakterieë. Dit kan voorkom sonder om ´n infeksie te veroorsaak, maar as dit baie vermeerder kan dit ontsteking veroorsaak wat gepaard gaan met ´n witterige afskeiding.
Vee altyd van voor na agter af. Drink ook bosbessiesap. Dit maak die urine suur, wat die groei van bakterieë teenwerk. Vir Candida kan jy ´n tampon in jogurt doop en dan in die vagina plaas. Eet ook so gereeld as moontlik bioaktiewe jogurt. Vermy die oormatige inname van alkohol en jy moet hard probeer om weg te bly van suiker suiker. Daar is verskillende swamteenmiddels beskikbaar om candida te behandel, vra jou apteker. Dit behoort na sowat twee weke te werk.
Indien jy ly aan stres kan dit ook die candida aanhelp, so ook sekere medikasie, diabetes en hormoonveranderinge.